Huisgenoot

DRIE MANIERE OM JOU GEWOONTES TE VERANDER

-

OEFENING

Jy wil graag voor werk gaan draf of ’n gimsessie inpas, maar jy voel altyd te gejaag en haastig om vir jou dag voor te berei. Kort voor lank voel dit eenvoudig na net te veel moeite of selfs ’n straf, en jy gooi tou op.

Skep eerder ’n snellerbel­oningstels­el wat jou laat goed voel. Begin met ’n visuele sneller soos om jou drafklere die vorige aand uit te sit. Maak dan seker jy kies ’n beloning wat jou werklik bevredig, soos ’n stukkie sjokolade ná elke oefensessi­e of ’n massering of pedikuur as jy binne ’n sekere tydperk jou oefendoelw­itte behaal.

Mettertyd sal ’n begeerte na die beloning geskep word en dit sal tot ander nuwe roetines lei, byvoorbeel­d beter slaap- en eetgewoont­es en leefstylke­uses. “Eers wanneer jou brein die beloning begin verwag, sal dit outomaties word om jou gimskoene soggens aan te trek. Die sneller moet ook ’n begeerte aan die gang sit vir ’n beloning wat op pad is.”

EET

Om 21:00 elke aand, net voor jy jou voor die kassie tuismaak om jou gunsteling­program te kyk, loop jy outomaties kombuis toe vir ’n peuselhapp­ie. Ná ’n kwartier van die eerste episode het jy ’n halwe blok sjokolade opgeëet en voel jy lus om die ander helfte te gaan haal wat jy vir later in die week weggesit het. Wat ooreet betref, help dit nie jy keer jouself om op te staan en daardie happie te gaan haal nie – jy moet weet hoekom jy dit in die eerste plek doen. Vra jouself af hoe jy voel wanneer jy vir nog ’n lekkerny lus kry. Skryf dan neer hoekom jy jou ooreet – is jy verveeld, angstig, ongelukkig of alleen? Wanneer jy vasgestel het wat die sneller is, dink aan ’n reaksie wat dit kan vervang en ’n nuwe snellerbel­oning-gewoonte-siklus kan skep. Dit kan enigiets wees wat die gevoel laat weggaan – gee jouself ’n voetmasser­ing, bel ’n vriend, gaan stap of mediteer. “As jy vooruit beplan, het jy ’n groter kans om daarby te hou,” sê Charles Duhigg, skrywer van The Power of Habit.

ROOK

Jy het dalk jare gelede ophou rook, maar dit beteken nie jy is immuun teen dieselfde ou drange nie. Omdat gewoontes in die brein se strukture vasgelê is, loop ons altyd die gevaar van versoeking. Met rook is dit uiters belangrik dat jy die sneller-beloningsi­klus verstaan wat die nikotiendr­ang skep. “As jy wil ophou, kry ’n ander roetine wat die drang sal bevredig wat deur sigarette gevul word. Sluit dan aan by ’n ondersteun­ingsgroep van oudrokers wat jou sal help glo jy kan van nikotien wegbly en gebruik die groep wanneer jy voel jy sal dalk struikel.”

 ??  ?? WENK Jy ooreet dalk omdat jy verveeld of angstig is. Sodra jy weet wat die oorsaak van ’n drang is, kan jy die slegte gewoonte verander.
WENK Jy ooreet dalk omdat jy verveeld of angstig is. Sodra jy weet wat die oorsaak van ’n drang is, kan jy die slegte gewoonte verander.
 ??  ?? WENK Jy kan jou brein leer om na oefening te smag deur jouself elke keer as jy oefen met iets kleins – soos ’n sjokolade – te beloon.
WENK Jy kan jou brein leer om na oefening te smag deur jouself elke keer as jy oefen met iets kleins – soos ’n sjokolade – te beloon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa