Huisgenoot

WAT IS DIE INRUILWAAR­DE?

-

Stel dit eerste vas. Die inruilwaar­de is nie dieselfde as die pryse vir soortgelyk­e gebruikte modelle as joune wat jy in vertoonlok­ale of op webtuistes sien nie. Daardie pryse sluit gewoonlik die handelaar se wins in, asook enige werk wat hy moes doen, byvoorbeel­d verfwerk of die vervanging van onderdele. Jy moet bepaal wat die handelspry­s, oftewel “boekwaarde”, is. Dis die gemiddelde prys wat groothande­laars vir gebruikte voertuie betaal.

STEL DIE BOEKWAARDE SO VAS

Kry aanlyn by TransUnion ’n sogenaamde Car Value Report, wat jou ’n aanduiding gee van die huidige markwaarde as jy dit sou verkoop. TransUnion kry elke maand inligting van handelaars van oor die hele land en dié data word deur bedryfspes­ialiste ontleed. Dit kos tans R25 per verslag.

Bel self ’n paar handelaars. Hulle kan jou ’n skatting gee, maar moet eers die motor sien om jou ’n aanbod te kan maak.

Besoek handelaars sodat hulle die algemene toestand van jou motor kan sien en of daar enige herstelwer­k gedoen is.

Sekere finansierd­ers en versekerin­gsmaatskap­pye het aanlyn geriewe waarmee jy self jou voertuigwa­arde kan bereken. Maar dit gee jou net ’n beraming.

As jy die motor teen die beste prys wil inruil, sal die volgende in jou guns tel: min kilometers; ’n volledige diensrekor­d deur geakkredit­eerde diensversk­affers; ’n ongelukvry­e rekord; ’n geldige onderhouds­kontrak; die beskikbaar­heid van die hoof- en spaarsleut­el; en

enige herstelwer­k deur geakkredit­eerde diensversk­affers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa