Huisgenoot

Lalla se laaste liefde maak hart oop

Hy wou haar vra om sy meisie te wees. Nou moet Brandon in haar vermeende moordenaar se verhoor getuig

- Deur JANA VAN DER MERWE Foto’s: ONKGOPOTSE KOLOTI

TOT laataand het die drie hegte vriende op die koshuisbed gekuier: die eerstespan­rugbyheld Brandon Victor; die borrelende blondekop Sharnelle Hough en haar boesemvrie­ndin, Marna Engelbrech­t. Koffie gedrink, spookstori­es vertel en sommer net geklets.

Maar Brandon was stiller as gewoonlik. Die volgende dag, ná die Hoërskool Stella in Noordwes se rugbywedst­ryd teen die Hoërskool Koster, sou die 17jarige matriekseu­n eindelik vir Sharnelle (17) vra om amptelik sy meisie te wees.

Hul jare lange vriendskap het kort tevore in ’n jeugromans­e begin verander met liefdesbri­efies, middernag telike telefoonge­sprekke en speelse, liefdevoll­e “selfies”.

Kort voor middernag het Brandon (nou 18) vir Sharnelle nag gesoen en vir Marna (16) vriendelik oor die kop gevryf voor hy by hul kamer uitgestap het na die seunskant van die koshuis om vir die volgende dag se wedstryd te gaan rus.

Die datum was Vrydag 25 Mei 2018. Hy sou die twee meisies nooit it weer lewend sien nie.

Vroeg dié Saterdagog­gend het Sharnelle se ekskêrel, Xander der Bylsma (19), die twee meisies es na bewering vermoor en probeer er om dit na selfdood te laat lyk. Sharnelle arnelle is ligdag aangetref waar sy van die koshuistra­p hang; Marna sittend in n die badkamer met ’n handsaksko­uerband erband om haar nek gewoel.

Voor Sharnelle se dood het sy en Brandon planne gemaak om eendag Amerika toe te gaan om daar te boer, vertel hy eksklusief aan Huisgenoot. Maar waar ons vandag hier in ’n koffiekroe­g in Middelburg, Mpumalanga, gesels, staal hy hom vir Xander se moordverho­or waarin hy binnekort ’n sleutelget­uie gaan wees.

Hy het intussen besluit om eerder sy oorsese planne te laat vaar en ’n brugjaar te vat.

“Ek wens ek kan net van alles vergeet. Ek wil net vergeet,” sê hy. Sy ma, Erna Victor (38), is ook hier om haar kind te ondersteun. Maar hy kán nie vergeet nie.

Dit voel soms vir hom asof sy enige oomblik na hom toe aangestap sal kom, sê hy. “Dat “sy sal bel of ’n ’ boodskap stuur.” ”

Die gespierde jong man se oë skiet vol trane. “Die eerste paar maande was dit baie seer. Ek kon nie oor haar praat nie, dit het my baie seergemaak. Ek het haar net baie, baie gemis. Ek het haar geselskap gemis. Sy, wat die heeltyd by my was en my altyd uitgevra het oor als.

“Maar die persoon wat altyd daar was as ek wou praat, is weg . . .”

HULLE het in 2016 ontmoet toe Brandon, toe in gr. 10, ’n Stella-leerder geword het. Hy het dadelik die aanvallige blondekop raakgesien. “Ek en sy het ogies vir mekaar gemaak, maar dit was altyd so: Wanneer ek ’n meisie gehad het, was sy

single. Wanneer sy ’n ou gehad het, was ek single.

“Eers in die weke voor die moorde het ons die waarheid oor ons ware gevoelens met mekaar gedeel, maar ons was nog nie amptelik saam nie.” Hy vertel Sharnelle en Xander het toe reeds uitgemaak ná ’n verhouding van sowat ’n jaar en hy het besluit dis nou sy kans.

Haar borrelende persoonlik­heid, openhartig­heid en lojaliteit het hom aangetrek.

“Sy het my altyd laat beter voel. Sy was nooit skaam om te sê hoe sy voel nie.”

In die twee naweke voor die moordnawee­k was Marna altyd by. “Ek het aanvaar hulle is ’n package deal,” verduideli­k Brandon.

Hy en Xander het saam in die eerste rugbyspan gespeel, hoewel Xander ’n jaar ouer is. “Eers het ons nie van mekaar gehou nie, maar later het ons mekaar beter leer ken, selfs gekliek. Maar ek het nie gehou van hoe hy sy meisies hanteer nie. Ons almal het sy ware kleure gesien.”

Soos sommige ander dorpenaars vertel Brandon Xander was “besitlik en jaloers”. Volgens hom het hy ook op die rugbyveld Xander se woedebuie ervaar. “’n Ou moes hom net skeef aankyk . . .”

Sharnelle was bang vir Xander, beweer hy. “Sy het eenkeer vertel Xander maak haar seer, maar sy weet nie hoe om uit die verhouding te kom nie. Sy het omgegee vir hom, maar hy het altyd vir haar gesê hy gaan iets aan homself doen wanneer hy so kwaad word vir haar.”

Brandon was dankbaar toe Sharnelle eindelik vir Xander los en hulle nader aan mekaar begin raak. Twee dae voor die moorde was hulle saam by die skoolsokki­e. Hy lag vir die eerste keer toe hy na sy ma kyk: “Kan ek dit maar sê, ma? Dit was f***** lekker . . . Ons het die aand lekker gedans. Sharnelle kon lekker vas dans.”

Hy wys ’n foto waar sy hom speels op die wang soen. “Sharnelle was baie liefdevol. Sy het altyd gevra vir drukkies en gewys hoe sy voel.” Dié foto’s wil die Victors nog nie in die media deel nie.

Xander het hom die middag voor die sokkie gebel, beweer Brandon. “Hy het gesê ek moet sy meisie uitlos; hy kom haar by die sokkie haal.

“Ek het gesê: ‘Ekskuus? Sy is nie meer jou meisie nie, as sy jou wil sien, sal dit haar besluit wees.’ ”

Die laaste dag van Sharnelle en Marna se jong lewe was rustig, vertel Brandon. Die rugbyseuns het by die skool se braai- area gebraai. Maar die afrigter het gesê die meisies moet eenkant bly. “Omdat Sharnelle nie by my kon sit nie, het sy en Marna in die kamer gebly.

“Ek het geweet Xander moet vir Sharnelle klere bring, maar ek sou nooit kon dink hy sou dít doen nie.”

DAARDIE Saterdagog­gend het die koshuisvad­er, wat ook die rugbyafrig­ter is, na Brandon gekom waar hy aan die seunskant van die koshuis geslaap het. “Hulle het vertel Sharnelle en Marna is weg. Ek kon dit nie verstaan nie. Ek het hulle dan die aand in hul kamer gelos?

“Ek het gedink hulle is dalk ontvoer. Ek is Koster toe sonder dat ek geweet het wat aangaan. Ek was histeries.”

Op die rugbyveld, minute voor hy sou uitdraf, kry hy die verskrikli­ke nuus: Sharnelle en Marna is dood . . .

Die res van sy matriekjaa­r was moeilik – veral in die koshuis.

“Ek het by tye so ’n donker, donker gevoel gekry. Veral by die koshuis se telefoonho­kkie waar ons mekaar die eerste keer nag gesoen het. Wanneer ek die meisiekant van die koshuis se vensters sien, of die grasperk by die krieketvel­d waar ons altyd sit en gesels het.

“Ek sou yskoud word. Ek het my bes probeer om net aan te gaan.”

Sharnelle sal altyd in sy hart woon, sê hy en skud weer sy kop.

“Ek het daai girl nooit kwaad gesien nie. Ek het haar al hartseer gesien, of verlore in haar eie gedagtes, maar nooit kwaad nie.

“Sy het altyd gelag. En dit is hoe ek haar sal wil onthou. Die tyd wat sy op haar gelukkigst­e was.”

Moolman Wessels, Xander se prokureur, het nie gereageer op versoeke vir kommentaar op die bewering dat Xander Sharnelle seergemaak het nie.

Xander, wat van moord met voorbedagt­e rade aangekla word, se verhoor begin op 4 Maart in die hooggeregs­hof in Mmabatho, Noordwes. Hy word in die Rooigrond- gevangenis aangehou.

‘Die eerste paar maande was dit baie seer. Ek het haar baie, baie gemis’

 ??  ?? Brandon Victor (18) vertel met trane in sy oë hy wou die vermoorde Sharnelle Hough (inlas) op Saterdag 26 Mei 2018 vra om sy meisie te wees. Sy en haar boesemvrie­ndin, Marna Engelbrect (16), is egter in die oggendure vermoor.
Brandon Victor (18) vertel met trane in sy oë hy wou die vermoorde Sharnelle Hough (inlas) op Saterdag 26 Mei 2018 vra om sy meisie te wees. Sy en haar boesemvrie­ndin, Marna Engelbrect (16), is egter in die oggendure vermoor.
 ??  ??
 ??  ?? Brandon sal in die saak teen die vermeende moordenaar Xander Bylsma (19), Sharnelle se ekskêrel, getuig.
Brandon sal in die saak teen die vermeende moordenaar Xander Bylsma (19), Sharnelle se ekskêrel, getuig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa