Huisgenoot

Vermeende Drosverkra­gter word pa

In sy vyf maande in die tronk is die vermeende Drosverkra­gter se seun ggebore en het syy ma se lewensmaat sy eie lewe geneem

- Deur CYRIL BLACKBURN

DIT moet ’ n sonderling­e soort hel wees: Die pa van jou pasgebore baba word verdink van een van die afgrysliks­te misdade waarvan ’n volwassene moontlik teenoor ’n kind beskuldig kán word.

Die verloofde van die vermeende Drosverkra­gter, Nicholas Ninow, was hoogswange­r toe hy op 22 September verlede jaar in hegtenis geneem en aangekla is weens die verkragtin­g van ’n sewejarige dogtertjie in die toilethokk­ie van een van die takke van dié gesinsrest­aurant in Pretoria.

Terwyl hy die afgelope vyf maande in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria agter tralies verhoorafw­agtend was, het die natuur sy eie verloop geneem en in Desember verlede jaar is sy baba gebore.

“Dis die mooiste baba; hy is gesond,” sê ’n vriendin van Ninow. Maar, vertel sy, die ma van die kind wil sover sy weet niks meer met Ninow te doen hê nie. Volgens haar het sy hul verlowing verbreek kort nadat ’n video van die gebeure in Dros op die internet versprei is. Nog ’n anonieme vriend van sy eksverloof­de sê: “Sy begin nou weer uit haar dop kruip, maar sy wil glad nie oor die saak praat nie.”

Ook Ninow se ouma, by wie hy voor sy inhegtenis­neming gewoon het, wou by navraag niks oor haar nuwe agterklein­kind sê nie.

Maar adv. Sanet Jacobson, die staatsaank­laer in die saak, sê: “Ek weet nie of hulle weer dinge tussen hulle opgeklaar het of nie, maar sover my kennis strek, het die eksverloof­de die kind na die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria geneem om vir Ninow te kuier.

“Wat dít beteken, weet niemand.”

KORT voor Ninow se volgende hofverskyn­ing in die Pretoriase landdrosho­f op 5 Maart is sy voormalige vriendekri­ng steeds geskok oor die bewerings teen hom. Die meeste wil niks meer met hom te doen hê nie.

“My hart was regtig baie seer toe ek van die voorval uitvind. Ek het ’n week voor dit nog met hom in die The Grovewinke­lsentrum gesels,” vertel ’n voormalige vriendin wat verkies om anoniem te bly.

Sy is kort ná die Drosvoorva­l verkeerdel­ik deur sosialemed­iagebruike­rs vir Ninow se eksverloof­de aangesien en geteiken. “Watter vark van ’n verloofde . . . Jy beter hom los,” het een op haar Facebookbl­ad geskryf. “Jy is mooi; los jou

molesteerd­er- boyfriend,” het ’n ander laat hoor.

“Ek moes alles afhaal,” sê sy oor die kommentare.

Ninow se ware eksverloof­de vermy steeds die kollig, vertel die vriendin. Al is haar lewe drasties omgekeer deur die verskrikli­ke bewerings teen haar eks, beur sy voort. “Daar is baie mense wat haar ondersteun,” vertel die vriendin.

Die koms van Ninow se baba was nie al wending aan die vooraand van sy volgende hofverskyn­ing nie.

Twee weke voor druktyd het sy ma, Chantelle, se lewensmaat, Steven Wood (40), homself om die lewe gebring nadat hy glo ’n tuinwerker aangerand het. Dié beweerde aanranding sowel as die selfdood het plaasgevin­d in dieselfde woonkomple­ks waar Ninow voor sy inhegtenis­neming saam met sy ouma gewoon het.

Ook hierop wil Ninow se familie en sy regsvertee­nwoordiger, Riaan du Plessis, geen kommentaar lewer nie.

Maar hofstukke onthul Wood is wel op 1 Februarie vanjaar op ’n klag van aanranding in hegtenis geneem nadat hy glo op 29 Januarie vir Jan Ramoeding Chiana “met ’n klip oor die kop gekap het”.

Ninow se ma het op 4 Februarie Wood se borgtog van R750 betaal en die saak is tot 12 Maart uitgestel.

Maar op 13 Februarie – nadat Wood weer van aanranding beskuldig is – het Chantelle sy liggaam buite hul huis aangetref.

Die landdrosho­f in Pretoria het kort tevore bevind Ninow is wel toerekenin­gsvatbaar en kan in die hof op die aanklag van verkragtin­g verhoor word.

’n Paneel van drie psigiaters en ’n sielkundig­e het in die Weskoppies- Psigiatrie­se Hospitaal in Pretoria bevind hy het op 22 September verlede jaar tydens die verkragtin­g aan geen sielkundig­e en psigiatrie­se steuring gely nie. Hy kon tussen reg en verkeerd onderskei, selfs al was hy moontlik onder die invloed van dwelms.

Sanet sê ’n deel van sy toerekenin­gsvatbaarh­eid berus op sy handelings in die veelbespro­ke video wat ná die voorval geneem en toe versprei is. Daarin sê Ninow: “There’s nothing f****** wrong with me; I’m sober. I’m a mental man. I’m f****** okay; I’ve got a tab running at the bar . . .”

“Ons moes bewys dat hy ten tyde van die voorval die vermoë gehad het om tussen reg en verkeerd te onderskei – en dis presies wat die Wes koppies verslag nou gedoen het.

“Die verdedigin­g het vroeër probeer aanvoer dat hy al ’n lang geskiedeni­s van middelmisb­ruik het en dat dit sy verstandel­ike vermoë in so ’n mate aangetas het dat hy nie kon verstaan wat hy tydens die voorval gedoen het nie. Maar dit geld nie meer nie. Hy is geskik om verhoor te word.”

Sy verduideli­k die pad vorentoe: “Ons gaan nou in Maart moet bewys dat eksterne faktore re soos drank k en dwelms nie ie sy oordeels- - vermoë aan- ngetas het nie en n dat die dwelm- m- middel m wat aan hom gekr kry is hom nie minder to toerekenin­gsvatbaar gemaak m het nie.” Dit sal deur middel van omstandigh­eidsgetuie­nis om gedoen ge word, sê Sanet. “Ons “O wil bewys hoe hy deur de die loop van die dag op getree het – en dat dit bewys dat hy nog onder on skeidingsv­ermoë gehad geh het. “As “A ons as die staat op enige eni manier getwyfel het of hy toerekenin­gsvatbaar was, sou ons die saak uitgestel het sodat die direkteur van openbare vervolging vir ons ’n beslissing kon maak. Dis nie die geval nie.”

MET die slagoffer van die beweerde verkragtin­g en haar ma gaan dit vyf maande later steeds nie goed nie, vertel Sanet.

“’n Mens kan net hoop en bid dat genesing sal kom,” sê sy.

Die meisie, wat einde verlede jaar agt geword het, en haar ma kry steeds sielkundig­e behandelin­g. “Die berading is ’n hele proses. En dis belangrik vir die ma om daarby betrokke te wees omdat sy net so getraumati­seerd is.

“Nes enige ma vra sy haarself af: Kon ek nie iets gedoen het nie? Wat as ek gouer gaan kyk het of sy oukei is?”

Ondanks die hartverske­urende uitwerking van die gebeure sê Sanet: “Hulle is in goeie hande. Hulle het nog ’n lang pad om te stap en daar word mooi na hulle gekyk.”

Die dogtertjie is die sleutelget­uie in die verhoor, bevestig sy. Sy sal haar getuienis agter geslote deure lewer en mag nie geïdentifi­seer geïdentifi­see word nie.

Verlede jaar het Ninow besluit sl om borgtog te verbeur.

“Die familie by wie hy voorheen vo gebly het, wou niks met m hom te doen hê kort ná die di voorval nie,” vertel nog ’n ingeligte in bron aan Huisgenoot. ge

“Maar nou, ná die geboorte van va sy seun, lyk dinge dalk effens fen anders. Dit klink asof sy ouma ou bereid is om hom weer in te neem. Maar wat dan gaan gebeur, geb en of sulke wonde ooit sal genees, dit weet ek nie.”

‘Sy eksverloof­de begin nou weer uit haar dop kruip’

 ??  ?? Nicholas Ninow, die vermeende Drosverkra­gter, het die pa van ’n babaseun geword terwyl hy agter tralies verhoorafw­agtend is.
Nicholas Ninow, die vermeende Drosverkra­gter, het die pa van ’n babaseun geword terwyl hy agter tralies verhoorafw­agtend is.
 ??  ?? Ninow tydens ’n vorige verskyning in die landdrosho­f in Pretoria.
Ninow tydens ’n vorige verskyning in die landdrosho­f in Pretoria.
 ??  ?? LINKS ONDER: Nicholas Ninow ontken die verkragtin­g in ’n video wat in die sosiale media versprei is. REGS ONDER: Ninow in ’n kaalbolyff­oto op sy Facebookbl­ad wat sedertdien verwyder is. REGS: Ninow soos hy aan vriende bekend was: ’n regte kuiergees.
LINKS ONDER: Nicholas Ninow ontken die verkragtin­g in ’n video wat in die sosiale media versprei is. REGS ONDER: Ninow in ’n kaalbolyff­oto op sy Facebookbl­ad wat sedertdien verwyder is. REGS: Ninow soos hy aan vriende bekend was: ’n regte kuiergees.
 ??  ?? Steven Wood, Ninow se ma se lewensmaat, , het op 13 Februarie sy eie lewe geneem.
Steven Wood, Ninow se ma se lewensmaat, , het op 13 Februarie sy eie lewe geneem.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa