Huisgenoot

3D-drukker skep man se nuwe gesig

Sy gesig was erg vermink, maar ná ’n nuwe soort gesigoorpl­anting lyk hy amper nes voorheen

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

AS JY hom twee ee jaar gelede de gesien het, et, sou jy moes es bieg daar is nie veel hoop nie.

Waar sy neus en wang moes wees, het ’ n dik knoets – byna soos ’n kankergewa­s – uitgebol. Sy mond was so flenters, hy kon nie eens vaste kos eet nie; daar was net een tand. Sy gesig is met metaalstaw­e byeengehou om te keer dat dit uitmekaarv­al. Hy het meestal agter ’n masker weggekruip.

Dis wreed om te sê, maar Cameron Underwood se voorkoms het ’n mens aan die legendarie­se Olifantman her- inner. Die D jong man m se gesig g is in 2016 aan flarde geruk toe hy h homself met ’n geweer onder die ken wou doodskiet. Die selfdoodpo­ging het misluk, maar sy beendere was flenters, sy vel geskeur en sy gelaat onherkenba­ar.

Cameron erken ruiterlik: Toe hy later in die hospitaal wakker word, was hy aanvanklik spyt hy het oorleef. Hoe kon hy vir die wêreld kans sien met so ’ n gesig?

Maar dis twee en ’n half jaar later, en wanneer jy vandag verby Cameron op straat loop, sal jy skaars iets ongewoons aan hom oplet. As jy hom wel ’n tweede kyk gee, sal dit waarskynli­k wees omdat hy met sy lang hare en breë glimlag aantreklik lyk.

Cameron is natuurlik nie die eerste persoon wat al ’n gesigoorpl­anting gekry het nie. Sedert 2004 het minstens 40 mense al ’n nuwe gesig gekry nadat hul vorige gesig deur enigiets van vuur tot kanker verwoes is.

Maar danksy ’n vindingryk­e nuwe vorm van 3D-tegnologie is Cameron se gesigoorpl­anting waarskynli­k die merkwaardi­gste een nog. Rekenaars is gebruik om hiperreali­stiese nuwe liggaamsde­le uit ’n skenker se weefsel op te bou en vir Cameron ’n gesig te gee wat so goed soos nuut lyk.

Stukkies van ’n skenker se vel, skedel

en selfs sy tande is stuk vir stuk op Cameron se gesig oorgeplant. En met dié nuwe gesig voel Cameron, wat eens so depressief was dat hy sy eie lewe probeer neem het, nou hoopvoller as ooit. Hy is boonop op soek na ’n meisie en wil weldra met ’n gesin begin.

SEDERT sy tienerjare is Cameron wreed deur depressie geteister. Die jong man van Kalifornië se interne wroeging en selftwyfel het sy gees so erg gefolter dat hy een aand in Junie 2016, toe hy 24 jaar oud was, swaar aan die drink gegaan het.

In sy benewelde dronkenska­p het Cameron ’n vuurwapen in die hande gekry, die loop onder sy ken gedruk en die sneller getrek. Meteens was als swart. ’n Paar ure later het Cameron sy oë in ’n lewende nagmerrie oopgemaak. Hy was in ’n hospitaal. Hy het oorleef, maar sy gesig is deur die koeël verpulp.

Boonop was Cameron geskok toe hy besef hy het sy eie lewe probeer eer neem. Hoewel hy depressief was, as, twyfel hy nou of hy homself sou pro- robeer skiet het as hy nie so besope pe was nie.

“Ek het dit nie geglo nie,” onthou ou die voormalige sweiser en masjinis. nis. “Ek was geskok.

“Ja, daar was tye dat ek gedink nk het dit sou beter wees om dood te wees, maar ek het nooit gedink ek sou dit so ver voer nie.”

Nou was sy lewe meteens so moeilik dat hy wel nie meer daar- rvoor kans gesien het nie. Hy kon on nie meer vaste kos eet nie. Hy het et vir ander mense weggekruip. Hy was in konstante pyn.

“Ek kon nie praat nie; ek kon nie e sien nie. Ek kon skaars helder dink k omdat hulle my so vol medisyne e gepomp het.”

Cameron se familie moes lank k en mooi praat om hom te oortuig g om die lewe nog ’n kans te gee.

En toe gebeur iets wat sy y mistroosti­ge storie in ’n verhaal l van hoop omskep het.

Cameron se ma, Beverly Bailey- - Potter, het te hore gekom van die e Langone-gesondheid­sentrum aan die Universite­it van New York wat gesigoorpl­antings doen.

Sy het na die baasbrein agter dié program, dr. Eduardo D. Rodriguez, uitgereik.

Die eerste stap was om seker te maak Cameron is emosioneel en fisiek reg vir die ingrypende prosedure. Eduardo het hom besoek en beslis hulle kan voortgaan.

Cameron sou die eerste pasiënt vir hul baanbreker­sprosedure word.

SES maande later is ’n 23-jarige student genaamd Will Fisher op slag dood in New York. Dis nie bekend presies hoe Will gesterf het nie, maar luidens berigte was hy ’n talentvoll­e jong man – ’n skaakkampi­oen, rolprent- maker, aspirantsk­rywer en orgaansken­ker. Toe hulle hoor daar is ’n skenker, het Cameron en sy gesin dadelik hul tasse vir New York gepak en op 5 Januarie verlede jaar het hulle by die hospitaal aangemeld. Onder die mense wat hulle ingewag het, was Sally, die oorlede Will se ma, wat wou sien op wie haar seun se gesig oorgeplant sou word. Dit was ’n emosionele ontmoeting. Op ’n video van die geleenthei­d sien ’n mens hoe Sally vir Cameron en sy ma omhels. “Dankie dat julle my seun laat voortleef,” prewel sy. Die operasie het 25 uur geduur en meer as 100 mediese personeell­ede het gespook om met behulp van nuwerwetse 3D-snygidse en -afbeelding­s Cameron se kaak, tandvleis, mond, onderste ooglede, wange, neus en neusgate sorgvuldig uit Will se vlees op te bou. Hulle moes selfs vir Cameron ’n nuwe tong maak. Toe die verbande weke later eindelik van sy ge gesig afgehaal word, het selfs sy geliefdes g na hul asem gesnak. Die nuwe gesig is nie net ’n masker m van vlees nie. Dit doen als a wat ’n gesig moet kan doen – ’ n biotegnolo­giese wonder kompleet k met sweetklier­e, haarfollik­els, fo bloedvate en al. Alles is gemaak om presies soos so Cameron se geboortege­sig te werk, vertel Eduardo. “Ek voel presies soos myself,” voeg vo Cameron by. Elke keer wanneer ne ek in die spieël kyk, sien ek myself. m Ek sien my oë en gesig.” Saam met die gesig het Cameron ro eindelik weer ’n passie vir die lewe lew ontdek. “Ek “kon baie van die aktiwiteit­e hervat he waarvoor ek lief is, soos buite bu wees, sport beoefen en tyd saam saa met my vriende en familie deurbring. deu “Ek “hoop om binnekort weer te begin beg werk en eendag met ’n gesin te begin.” b Hy H het ou stokperdji­es hervat, soos soo gholf en om motors te restoureer. ree Hy het selfs gaan valskermsp­ring spr – iets wat sy dokter nogal beïndruk beïn het. Eduardo Ed lag: “Nou weet ons ’n gesigoorpl­anting sigo kan in toestande van tot 15 000 voet in die lug oorleef.” oorl

‘Ek voel presies soos myself. Elke keer wanneer ek in die spieël kyk, sien ek myself. Ek sien my oë en gesiggesig’

 ??  ??
 ??  ?? BO, BO van links: Cameron voor sy selfdoodpo­ging; hy het die ge geweerskoo­t oorleef, g maar sy gesig was vermink; Cameron ná die gesigoorpl­anting. LINKS: Will Fisher, wie se gesig ná sy dood geskenk is om Cameron s’n te rekonstrue­er.
BO, BO van links: Cameron voor sy selfdoodpo­ging; hy het die ge geweerskoo­t oorleef, g maar sy gesig was vermink; Cameron ná die gesigoorpl­anting. LINKS: Will Fisher, wie se gesig ná sy dood geskenk is om Cameron s’n te rekonstrue­er.
 ??  ?? VOOR EN NÁ SKIETVOORV­AL
VOOR EN NÁ SKIETVOORV­AL
 ??  ??
 ??  ?? Van links is Cameron, Will se ma, Sally, en dr. Eduardo D. Rodriguez, wat die operasie uitgevoer het.
Van links is Cameron, Will se ma, Sally, en dr. Eduardo D. Rodriguez, wat die operasie uitgevoer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa