Huisgenoot

’n Hawe vir sy 260 hondekinde­rs

In ons reeks Hierdie Lewe, waarin gewone mense ’n stukkie van hul lewe deel, vertel ’n diereliefh­ebber hoe hy honde versorg wat al harde bene moes kou

- Soos vertel aan JOANIE BERGH

ANDRÈ VERBIEST (69), BESKERMHEE­R VAN DIERE ORAL

DIT het als begin met daardie hond by die treinspoor. ’n Seun het my geroep en gevra of ek ’ n mes het: Daar is ’n hond aan die treinspoor vasgemaak, het hy gesê, daar onder by die Wellington­brug. Daar gekom, sien ek al vier haar pote is aan die treinspoor vasgemaak met hierdie strappings waarmee hulle verpakking­s doen. Sy was ’n klein foksterrië­rtjie.

Ek het dadelik gesien sy was dragtig, en een van haar voorste bene was reeds vergruis. Later het ons uitgevind sy het reeds vyf uur lank daar gelê. Ek het gesukkel om haar los te sny; die

strappings was styf teen haar lyfie vasgemaak en ’n trein was op pad. My mes was skerp, maar daai ding het gesukkel.

Eindelik het ek haar losgekry en skaars in my bakkie gesit toe die trein verbyjaag.

Ek sal daardie kyk in haar oë nooit, ooit kan vergeet nie . . . Net daar het my hart sag geword.

Ons het later uitgevind wie haar aan die treinspoor vasgemaak het. Sy het my gewys waar hulle bly; dit was twee manne. Toe sy hulle sien, hardloop sy na hulle; sy was bly. Kan jy dit glo? Maar dis hoe honde is . . .

Ek het met ’n polisieman soontoe gegaan. Toe ek hulle vra vir wat hulle dit gedoen het, sê die een hulle was te lui om haar na die SPCA te vat. Toe klap ek hom onderstebo daar voor die polisieman.

Ek het haar vir my gevat. Die foksterrië­rtjie. Ek noem haar Lucky Lucy. Sy bly nou al nege jaar lank by my.

Sy het ongelukkig die babatjies verloor. Die veearts moes haar been afsit, maar sy loop nou lekker, ek sê vir jou. En sy spring elke aand op my bed met haar drie pote.

Ek het ná die treinspoor­storie in 2010 die Lucky Lucy Foundation begin; ons gaan na skole om die kinders te leer om na hul diere te kyk. Daai kind sal dan na die ma en pa gaan en vir hulle sê om die hond te sterilisee­r of om die ketting los te maak en ’n goedkoop heining te span.

In daardie tyd was ek nog verloof; sy het my nogals met dié projek gehelp. Ons was ses jaar lank saam; dit het nie lank gehou nie. Die ouderdomsv­erskil was ’n groot ding; sy was ’n bietjie baie jonger as ek. Ons het 34 jaar verskil.

Ek was voorheen sewe jaar lank getroud en het twee dogters en ’n seun. Maar ek het toe in die boubedryf gewerk, en dit was maar my voorliefde. My werk het my getroude lewe baie beïnvloed. Ek het in die Kongo grootgewor­d. Je

parlebienf­rançais. Ek praat Frans goed. My pa was ’n kolonel in die militêre polisie en my ma het gemeenskap­swerk gedoen. Ons het in ’n militêre kamp gebly. My ouers en ons vyf kinders.

Die mense het gereeld klein diertjies wie se ma’s doodgeskie­t is na my ma gebring. Dan het sy hulle grootgemaa­k; bottel gegee tot hulle op die been is. Sodra hulle reg was, het sy hulle in die bosse vrygelaat. Sy het ons geleer om nie te geheg te raak aan die diere nie.

Dit is seker waar my liefde vir diere begin het. Sy het my simpatie geleer. Die saadjie is daar geplant.

In 1959 trek ons toe Suid-Afrika toe. My pa het ’n werk op ’n koolmyn by Klippoortj­ie gekry as ’n stoorman of iets.

Ek het skoolgegaa­n op Ogies. Ek kon nie ’n woord Afrikaans of Engels praat nie, en die kinders het vir my gesê ek is ’n “uitlander”. Toe word ek ’n paar keer gebliksem en geboelie. Die boertjies se seuns het my maniere geleer.

Ná skool is ek landboukol­lege toe; toe na die weermag. Daarna het ek 35 jaar lank in die boubedryf gewerk voor ek in 2005 afgetree het.

Ek het ’n goeie inkomste gekry en my pensioen was goed. Ek het ’n kleinhoewe gehad en werk aan historiese geboue begin doen. ’n Diereorgan­isasie vra toe of hulle honde op my kleinhoewe kan hou terwyl hulle huise vir hulle soek. Toe kom bly so 40 honde by my.

Dis toe waar ek regtig gesien het hoe wreed mense met diere kan wees. ’n Man het sy hond met ’n graaf stukkend geslaan omdat sy kos by hom gesteel het. Ek het haar weggevat; sy bly nou nog by my.

By my bly 260 diere – honde en katte. Ek het ’n naam vir elke hond en kat, maar soms vergeet ek ’n paar se name.

Dit is ’n hele mengelmoes: kreupel honde, blinde honde, honde wat met pangas aangeval en met messe gesteek is. Ek het al grusame goed gesien.

In 2015 het ek HAWK-Koinonia begin. Hawk, want nes ’n valk wat afkyk en ingaan as hy iets sien, net so sal ek gaan help as ek sien ’n dier is in die moeilikhei­d. Koinonia beteken “deur, in en met die gemeenskap”. Ek is afhanklik van die gemeenskap om my te help. Die kinders kom sê gewoonlik vir my wat waar aangaan. As ek die diere nie self kan gesond maak nie, vat ek hulle veearts toe. Wanneer hulle weer op die been is, probeer ek vir hulle goeie huise kry.

Ek gaan haal ook diere uit gegoede huise. Mense met groot huise en erwe, dan is die hond in ’n hok in ’n hoek vasgemaak. Of daai vrou wat met pedigree honde geteel het – sy het aanhou teel tot hulle nie meer productive was nie, toe gee sy al haar honde weg. Of die ou wat met sy miljoenran­dkar by die SPCA stop en sy husky daar aflaai; hy gaan met vakansie; hulle moet die hond uitsit.

Ek huil gereeld. Soos gisteraand. Die klein meisietjie kom na my met haar hondjie, want hy is siek. Hy het bosluise gehad, en toe ek sien hoe wit sy tandvel is, weet ek dis bosluiskoo­rs. Daai ogies sal ek nie gou vergeet nie. Hulle kyk na jou en vra om te lewe. Hulle het nie gevra om hier te wees nie, maar hulle wil lewe.

Ek het elke twee uur opgestaan om te kyk of sy oukei is. Teen vieruur vanoggend, toe ek weer gaan kyk, sien ek sy is weg. Dit bly elke keer moeilik vir my. Ons veras elke hond en kat. Ek het nog altyd diere gehad, anders is ek maar alleen. As hulle nie meer daar is nie, kan ek nie meer verder lewe nie.

My grootste kommer is oor wanneer ek doodgaan. Ek is amper 70 en daar is niemand om HAWK oor te neem nie.

My diere is my alles. Hulle is meer lojaal as enige mens, vergewe jou onmiddelli­k en is nie judgementa­l nie. Wanneer ek siek is, kyk hulle na my. Nou die dag het ek ’n bietjie gesukkel om asem te e haal, toe spring Whiskey op die bed en n lek my om my wakker te hou.

Hulle wéét net.

 ??  ?? HOOFFOTO: Op sy kleinhoewe buite Malmesbury wy Andrè Verbiest sy lewe daaraan toe om ’n veilige hawe aan verwaarloo­sde diere te gee. Dit het alles begin met Lucy, die klein foksterrië­rtjie wat in 2010 op ’n treinspoor vasgemaak was.
HOOFFOTO: Op sy kleinhoewe buite Malmesbury wy Andrè Verbiest sy lewe daaraan toe om ’n veilige hawe aan verwaarloo­sde diere te gee. Dit het alles begin met Lucy, die klein foksterrië­rtjie wat in 2010 op ’n treinspoor vasgemaak was.
 ??  ?? Andrè saam met die driepotige Lucky Lucy wat hy in 2010 gered het. Die hond het sy hart saggemaak.
Andrè saam met die driepotige Lucky Lucy wat hy in 2010 gered het. Die hond het sy hart saggemaak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa