Huisgenoot

Benoni-vrou: Oprah is my tweede ma

Vir ’n jong vrou wat aan Oprah Winfrey se skool in Suid-Afrika gematrikul­eer het, is sy soos ’n tweede ma

- Deur NICI DE WET

VIR miljoene mense is Oprah Winfrey ’n geliefde TV- aanbieder, mediaster en een van die rykste en beroemdste mense op aarde. Maar vir ’n jong vrou van Benoni is sy bloot “Mam’ O”, die ma-figuur wat haar uit onbekendhe­id en swaarkry gepluk en die kans gegee het op ’n lewe waarvan sy andersins dalk nooit sou kon droom nie.

Vandag kuier Thando Dlomo gereeld by haar “ma” se huis in Chicago, waar hulle knus op die rusbank sit en reekse op die stroomdien­s Netflix kyk.

“Haar huis is vir my soos my huis,” sê Thando. “The Crown is beslis tans ons gunsteling­program.”

Thando was een van die eerste matri- k kulante aan die Oprah Winfr frey Leadership Academy for G Girls (OWLAG) in Henley-onK Klip in Gauteng. Haar opgang van armoede na voorspoed is sowel hartroeren­d as inspireren­d en die 65-jarige Oprah bars van trots op dié uitsonderl­ike jong vrou.

Die ster was verlede jaar daar toe Thando (25) ’n meestersgr­aad in joernalist­iek van die Universite­it van SuidKalifo­rnië ontvang en het ’n toespraak op haar gradeplegt­igheid gelewer.

“Sy het my sowaar haar dogter genoem toe sy op my gradeplegt­igheid praat,” sê Thando terwyl sy uit Los Angeles met Huisgenoot praat.

“Dit was snaaks; sy het vir my gesê: ‘ Ek kan nie wag om jou bekend te maak nie,’ want gewoonlik verkies ek om ons verhouding geheim te hou. Toe dit gebeur, het al my klasmaats gevra: ‘Hoe het ons nie van julle twee geweet nie? Hoekom het jy ons nie vertel nie?’ Maar ek hou daarvan om dit stil te hou.”

Thando is een van die sterre in ’n stroomprog­ram met die titel Oprah’s Daughters op People TV, ’n kanaal wat deur dié gewilde Amerikaans­e tydskrif uitgesaai word.

In die dokumentêr verskyn sy saam met Oprah en haar OWLAG-klasmaat Mpumi Nobiva en praat oor die uitwerking wat Mam’ O op haar lewe gehad het. Op haar beurt prys Oprah al die OWLAG-meisies.

In ’n openhartig­e oomblik noem Oprah hulle ook “die dogters wat ek nie gehad het nie.

“Ek het nooit gedink die moedersins­tink is vir my nie,” sê sy. “Dié meisies is my grootste, diepste vreugde.”

Oprah, wat in Mississipp­i in armoede deur haar ouma grootgemaa­k is, sê sy wou vir meisies soos sy ’n skool bou. “Die skool is my grootste nalatenska­p.”

Thando maak nou self naam in die vermaakbed­ryf: Sy werk by Entertainm­ent

Tonight as ’n vervaardig­er van die Amerikaans­e televisien­etwerk se stroomkana­al ET Live.

“Dis baie opwindend,” sê sy. “Dit kan intimidere­nd wees om as buitestand­er in ’n plek in te stap saam met mense wat dalk anders as jy is. En dikwels is ek ook die jongste, maar, haai, ons is dapper en vol durf, gemaklik in ons eie vel en lief daarvoor.

“Ons doen dit vir onsself, ons familie en mense wat ons verteenwoo­rdig.”

Thando besef niks hiervan sou sonder haar Mam’ O moontlik gewees het nie. “Ek is haar soveel verskuldig,” sê sy.

AS KIND het Thando elke dag saam met haar ouma Janet Tshabalala The Oprah Winfrey Show gekyk. Sy onthou sy was behoorlik deur dié “pragtige en talentvoll­e mens” betower.

Min het sy toe geweet sy sou haar heldin eendag ontmoet.

Thando was 12 jaar oud toe die oproep kom wat haar lewe verander het: Oprah het haar ’n plek aangebied in die skool wat sy begin het om akademies begaafde kinders uit agtergeble­we agtergrond­e te help.

Nadat die televisiem­agnaat iets spesiaals in haar raakgesien het, was die blinkoog-Thando in 2007 onder die eerste groep leerders in die skool.

“Oprah het my gebel en gesê: ‘Jy het die paal gehaal!’ ” vertel sy.

Thando is grotendeel­s deur haar ouma, ’n huiswerker, in ’n beskeie huis in Northmead, Benoni, grootgemaa­k.

Oprah het in 2006 na die huis gekom terwyl sy die dokumentêr Building a Dream voor die opening van haar skool verfilm het.

“Ek onthou hoe sy in my kamer, wat letterlik die grootte van my enkelbed was, ingestap en gesê het: ‘Dit is ’n boot, so klein is dit.’ ”

Sy onthou haar eerste weke aan Oprah se splinternu­we akademie met sy glansende, moderne geriewe en weelderige verblyfple­k.

“Dit was soos om by jou ryk tante te gaan kuier,” sê sy. “Maar wat my die meeste getref het, was al die liefde wat Oprah daarin gesit het.

“Sy het aan die fynste besonderhe­de aandag gegee en vir ons alles van die beste gegee, van linne tot eetgerei. Sy het gesê sy wou vir ons gee wat sy vir haarself sou gee. Sy het vir ons gesê: ‘Skoonheid is inspireren­d.’ ”

Die twee het ál meer geheg geraak aan mekaar, veral nadat Thando haar ma, Elizabeth, in 2010 weens vigs verloor het.

“My ma was soos my beste vriendin. Sy het dikwels vir my kom kuier. Sy en my pa was baie jonk toe ek gebore is; daarom het my ouma toe aangebied om my groot te maak.

“My pa (wat in 2017 aan meningitis dood is) het in ’n ander provinsie gewoon en ek het nie ’n hegte verhouding met hom gehad nie.”

Ten spyte van die hartseer het Thando op skool volhard en ’n jaar later haar matriekser­tifikaat van Mam’ O ontvang.

THANDO is steeds na aan haar ouma en sy doen haar bes om haar so gereeld te sien as wat haar bedrywige lewe dit toelaat.

Sy het in Desember huis toe gevlieg om haar ouma se verjaardag te kom vier. In ’n treffende huldeblyk op Instagram beskryf sy haar ouma as “die slagaar van my bestaan” en “die uiterste vorm van liefde wat God nog vir my gewys het.

“Ek is nog ’n jaar dankbaar om dieselfde pad as hierdie juweel te loop; sy is my beste vriendin en vennoot in armoede,” skryf sy.

“Ons het dit saam deurgemaak. Sy het my geleer om sag met ander te wees, om gelukkig te wees sonder om daaroor skuldig te voel, om ander beter te laat as wat ek hulle gekry het. Ek bid sy leef lank genoeg om nog baie kere saam met my in die paadjie van sukses af te stap.”

Die grootste les wat sy by haar tweede ma, Oprah, geleer het, is om die geleenthei­d aan te gryp om ’n suksesvoll­e swart vrou te wees en daardie boodskap van bemagtigin­g te deel.

Thando is vurig trots op haar SuidAfrika­anse wortels en vol geesdrif om die wêreld bewus te maak van haar geboortela­nd en sy mense.

By die Black Entertainm­ent Awards verlede jaar het sy aan ’n paneelbesp­reking oor Nelson Mandela se nalatenska­p deelgeneem. En in September het sy in New York by die Verenigde Nasies gepraat oor die kwessie van die besit en prioritise­ring van Afrikakuns.

“Op die oomblik probeer ek om daad by die woord te voeg. Ja, ek vind nog my voete, maar ek leef doelgerig en ek hoop dit inspireer jong meisies om groot te droom.

“Oor ’n paar jaar is ek terug by die huis en ek wil sentrums open vir vroue wat soos ek lyk en die goeie boodskap deel dat hoop nie verlore is nie en dat ons pyn soms ons grootste krag is. Dit maak ons beter mense.”

In die People TV-dokumentêr sê Oprah sy het net een agenda vir meisies soos Thando: om sukses te behaal in wat hulle ook al vir hulself kies.

“Opgevoede jong vroue soos dié is die toekomstig­e leiers van Afrika.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Oprah Winfrey was verlede jaar op Thando Dlomo se gradeplegt­igheid van die Universite­it van Suid-Kalifornië. LINKS ONDER: Thando en Oprah knip die rooi lint in 2007 tydens die opening van Oprah se skool in Gauteng.
HOOFFOTO: Oprah Winfrey was verlede jaar op Thando Dlomo se gradeplegt­igheid van die Universite­it van Suid-Kalifornië. LINKS ONDER: Thando en Oprah knip die rooi lint in 2007 tydens die opening van Oprah se skool in Gauteng.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Thando saam met haar geliefde ouma Janet Tshabalala. REGS BO: Sy het reeds op ’n jong ouderdom presteer.
LINKS BO: Thando saam met haar geliefde ouma Janet Tshabalala. REGS BO: Sy het reeds op ’n jong ouderdom presteer.
 ??  ?? ‘Sy het my sowaar haar dogter genoem toe sy op my gradeplegt­igheid praat’
‘Sy het my sowaar haar dogter genoem toe sy op my gradeplegt­igheid praat’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa