Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

-

IS JY nog ongelukkig oor hoe Brad Pitt en Jennifer Aniston 14 jaar gelede uitmekaar is? Dan is dit nou hoog tyd dat jy daarmee vrede maak, want dié twee is lankal weer vriende. Talle aanhangers was verbaas toe Brad (55) vroeër vandeesmaa­nd op sy eksvrou se 50ste verjaardag­partytjie in Hollywood se Sunset Tower-hotel opdaag. Maar bronne beweer hulle is nou al drie jaar goeie vriende.

“Brad wou Jen steun deur haar verjaardag­partytjie by te woon,” sê ’n bron. “Hy hou nie daarvan om oor die verlede te tob nie. En natuurlik wens hy hy het die einde van hul huwelik beter hanteer. Hy het Jen lank gelede gevra om hom te vergewe, en sy het.”

Blykbaar het die dood in 2016 van Jen se vervreemde ma, die aktrise Nancy Dow, die voormalige egpaar weer nader aan mekaar gebring – en so ook die verbrokkel­ing van hul onderskeie “nuwe” verhouding­s ná hul egskeiding.

Brad en Angelina (43) se paaie het in 2016 geskei, terwyl Jennifer en haar man, Justin Theroux (47), in 2017 uitmekaar is.

“Brad het Jen gekontak nadat haar ma dood is en sy was ontroer dat hy besef het hoe moeilik dit vir haar is,” vertel ’n bron. Jen het blykbaar maande daarna ook na hom uitgereik nadat Angelina hom in September 2016 om ’n egskeiding gevra en ’n bitter toesigstry­d begin het. “Jen wou hê Brad moes weet sy sou ’n karakterge­tuie wees in die lig van die ernstige bewerings wat teen hom gemaak is,” vertel die bron. “Hy het amper dadelik gereageer en sedertdien bly hulle in kontak.” Mense in hul binnekring voeg by Angie was nie gelukkig daaroor dat Brad en Jen weer vriendelik is met mekaar nie, maar sy kon niks daaraan doen nie. “Sy was ontsettend baasspeler­ig daaroor. Sy het Brad van ou vriende weggehou en hulle het ’n afgesonder­de lewe gelei.” Noudat Brad enkellopen­d is, geniet hy dit om weer om met Jen, met wie hy van 2000 tot 2005 getroud was, kontak te hê. Die twee sien mekaar nie gereeld nie en hulle kommunikee­r meestal deur teksboodsk­appe. Moenie asem ophou dat hulle weer ’n glanspaart­jie sal word nie. “Hulle is bloot twee mense wat ’n lewe saam gedeel het en wedersydse respek vir mekaar het,” sê nog ’n bron.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa