Huisgenoot

Raad met treurende troeteldie­re

- EKSTRA BRON: DAILYMAIL.CO.UK

TOE die oulikste hond ter wêreld onlangs doodgaan, was dit ’n hartseer dag vir sy 17 miljoen volgelinge. Selfs hartseerde­r was dat Boo, die skattige pommer wat ’ n sosialemed­iasensasie geword het, blykbaar aan ’n gebroke hart dood is. Volgens sy eienaars is die piepklein brakkie “van hartseer” dood nadat hy nooit van die dood van sy hondemaat, Buddy, in 2017 herstel het nie.

“Boo is in sy slaap dood en het ons verlaat om by sy beste vriend, Buddy, aan te sluit,” sê sy eienaars in ’n roerende huldeblyk op Facebook. “Boo het tekens van hartproble­me getoon. Ons dink sy hart het letterlik gebreek toe Buddy ons verlaat. Hy het vasgeklou en ons langer as ’n jaar gegee.”

Ons het Karin Pienaar, ’n dieregedra­gskenner en lektor van Centurion, Gauteng, gevra om te verduideli­k hoe smart diere raak.

’N UNIVERSELE E HARTSEER

Ons weet men- se ervaar smart t en rou, maar r ervaar diere dit it ook?

“Vir seker,” r,” sê Karin. “Wat at die soogdierbr­ein betref, het alle spesies sewe basiese emosionele toestande. Terwyl diere dalk nie die emosies op dieselfde kognitiewe vlak as mense verstaan nie, ervaar hulle dit wel.

“Wanneer ’n sterk band verbreek of onderbreek word, word ’n toestand van paniek veroorsaak, wat gevoelens van verlies en smart opwek.”

WAT IS DIE SIMPTOME WAARNA ’N MENS OP DIE UITKYK MOET WEES?

Die algemeenst­e aanduiding dat jou hond of kat depressief is, is as hulle belangstel­ling verloor in alledaagse aktiwiteit­e wat hulle voorheen plesier verskaf het, sê Karin.

“Hulle lyk dalk afgetrokke en lusteloos, en party hou selfs op eet. Ander raak onrustig of geïrriteer­d, en party sal ongewoon klouerig en behoeftig raak.”

HOE LANK KAN DIE ROUPROSES DUUR?

“Nes met mense is daar geen spesifieke tydperk aan die rouproses nie – elke hond of kat is uniek.

“Dit hang van die sterkte van die band af. Party diere treur ’n dag; ander jare. Party kan dalk selfs medikasie nodig hê om te herstel, tesame met gedragsaan­passing om hulle die verlies te help verwerk.”

WAT KAN JY DOEN?

“Die belangriks­te ding vir troeteldie­reienaars is om geduldig te wees. Ver- staan dat die dier ’n maat verloor het en nie dadelik sy ou self sal wees nie. Deur vir jou troeteldie­r die ruimte te gee om te treur help jy reeds baie.” Ander maniere om te help: Hou by jou roetine.

Byvoorbeel­d, as jy en jou hond elke dag om 10:00 gaan stap het, hou aan om dit te doen. “Roetine bied vir hulle vertroosti­ng,” sê Karin. Gee vir jou dier eksta liefdevoll­e aandag. “Net om saggies en in ’n opgewekte toon met hulle te praat kan help.” Speel hul gunsteling­speletjies.

“Al lyk hy of sy dalk nie geïnteress­eerd nie, hou aan probeer om jou hond oor te haal om te speel. Dis nie nou ’n goeie tyd om met gehoorsaam­heidsafrig­ting te begin of van hom te verwag om nuwe goed te leer nie – hou eerder by ou gunsteling­e tot sy gemoed lig.” Kos is iets wat jou dier se gemoed goed kan doen.

“Voer jou hond sy daaglikse maaltye met die hand of plaas dit in spesiale speelgoed wat die kos laat uitval wanneer hulle daarmee speel.”

Besoek die veearts of ’n dieregedra­gskenner as jou troeteldie­r geen tekens van verbeterin­g toon nie of heeltemal ophou eet.

“Net jou veearts kan medikasie voorskryf, en hulle sal dikwels met jou gedrags kenner oor behandelin­gsprogramm­e beraadslaa­g. Moet dus nie skaam wees om hulp te vra nie.”

 ??  ?? Ons troeteldie­re ervaar beslis smart, sê die dieregedra­gskenner Karin Pienaar. ’n Voorbeeld is dié van die pommer Boo (links) wat glo nooit sy hondevrien­d, Buddy, se dood kon verwerk nie.
Ons troeteldie­re ervaar beslis smart, sê die dieregedra­gskenner Karin Pienaar. ’n Voorbeeld is dié van die pommer Boo (links) wat glo nooit sy hondevrien­d, Buddy, se dood kon verwerk nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa