Huisgenoot

The Chainsmoke­rs kom SA toe PLUS: Drie nuwe enkelsnitt­e op ons speellys

- Deur LINDSAY DE FREITAS BRONNE: ROLLINGSTO­NE.COM, NME.COM, BILLBOARD.COM, INTERVIEWM­AGAZINE.COM

Hulle het op trefferlys­te geboer met oorwurms soos Closer en Something Just Like This. Nou maak dié Amerikaans­e EDM-popduo reg om hier by ons op die Ultra South Africa-musiekfees te kom optree

HUL MUSIEKPAD

Die DJ Alex Pall (33) – ook die twee se vervaardig­er – onthou hoe hy as tiener verlief geraak het op dié soort musiek toe hy ’n DJ op ’n vriend se 16de verjaardag­partytjie gesien het. “Ek het hom oor alles uitgevra,” onthou hy. “Ek het saam met hom uitgehang en kort voor lank het my ma my na my eie optredes geneem en my my plate help dra.” Drew Taggart (29), die skrywer en soms ook sanger van die duo, het as jong outjie in Amerika met die meeste musiekgenr­es kennisgema­ak, maar sy eerste ervaring van dansmusiek was toe hy ’n jaar in Argentinië deurgebrin­g het. Hy was toe 15 en kon wettig na klubs gaan waar hy vir die eerste keer die musiek van DJ’s soos David Guetta en Daft Punk gehoor het. Alex en Drew het mekaar in 2012 ontmoet toe ’n gemeenskap­like vriend hulle aan mekaar voorgestel het. “Ons het ontmoet en letterlik van die volgende dag af elke dag in sy woonstel gewerk tot ons op dreef was,” vertel Drew.

SKADUKANT VAN ROEM

Dié duo het in 2014 die musiekwêre­ld laat regop sit met hul trefferlie­djie #Selfie. Twee jaar later het hulle ’n Grammy losgeslaan vir Don’t Let Me Down (saam met Daya) en boaan die trefferlys­te geboer met Closer, hul aansteekli­ke liedjie saam met Halsey. Teen 2017 het hul debuutalbu­m, Memories . . . Do Not Open, ’n bekroonde treffer, Something Just Like This, opgelewer waarvoor hulle met Coldplay se voorsanger, Chris Martin (41), saamgespan het. Maar Drew, wie se sangtalent gekritisee­r is toe hy in 2016 saam met Halsey (nou 24) op die MTVmusiekv­ideotoeken­ningsgelee­ntheid opgetree het, erken ruiterlik dat roem ook sy skadukant het. “Ons het al baie deurgemaak – om te verwerk dat jy bekend word en dat mense na jou lewe kyk op maniere waaroor niemand vroeër ’n duit omgegee het nie. Hoe dit jou verhouding­s met die mense na aan jou raak, en dié met mense wat nie na aan jou is nie, maar graag wil wees.”

MUSIEK VIR MILLENNIËR­S

Drew erken hy put inspirasie uit sy eie ervarings en dié van sy vriende vir daardie “klein, spesifieke oomblikke” in hul musiek, soos hy dit beskryf. Hul 2016-treffer Closer spruit uit sy gevoel van spyt nadat hy weer met ’n eks deurmekaar­geraak het. “Ons skryf graag oor Millenniër­verhouding­s, goed of sleg. Maar ons skryf ook oor wat ons waarneem en dikwels oor slegte besluite wat ’n mens neem. En ook oor impulsief wees en in die oomblik leef.”

9 TOT 5 – BEHALWE CHRIS

Opnamesess­ies is vir hom soos werk, sê Alex. “Rappers het al gesê: ‘Kom ons kry mekaar tienuur die aand.’ Dan sê ek: ‘Um, nee!’ Ek kan nie daardie manier van werk verstaan nie. Maar Chris wou begin werk nadat hy sy kinders in die bed gesit het – en dit was oukei, want dit is Chris Martin en Coldplay is die f***** beste.”

 ??  ??
 ??  ?? Alex Pall (links) en Drew Taggart is The Chainsmoke­rs. Die Ultra South Africa-musiekfees word op 1 Maart op The Ostrich Farm in Kaapstad gehou en op 2 Maart in die Expo Centre in Nasrec in Johannesbu­rg.
Alex Pall (links) en Drew Taggart is The Chainsmoke­rs. Die Ultra South Africa-musiekfees word op 1 Maart op The Ostrich Farm in Kaapstad gehou en op 2 Maart in die Expo Centre in Nasrec in Johannesbu­rg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa