Huisgenoot

Toets jou TV-kennis

Is jy ’n sofapatat wat die een TV-reeks ná die ander kyk? Weet jy alles en nog wat oor almal in die plaaslike en internasio­nale vermaakbed­ryf ? Vind uit met ons vasvra

- Deur LARA ATSON

1 Die Grey’s Anatomyste­r Katherine Heigl is terug op die kassie as ’n prokureur in watter regsdramar­eeks op M- Net? ( Leidraad: Prins Harry se vrou, Meghan, het ook daarin gespeel.)

2 Armand Aucamp, wat in Die Boekklub en Knapsekêre­ls gespeel het, het ’ n splinternu­we kookreeks op VIA wat op sy kookboek geskoei is. Wat is dié kookreeks se naam?

3 Watter aktrise wat nog onlangs in die kykNETdram­areeks Spoorloos te sien was, is deesdae ook een van die groep aanbieders van die joernaalpr­ogram Pasella op SABC2?

4 Die voormalige Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Minki van der Westhuizen het deesdae haar eie geselsprog­ram, Minki, op VIA. Watter boesemvrie­ndin van haar, wat haar eie mooimaakre­eks op kykNET het en al saam met Minki op Huisgenoot se voorblad was, het onlangs ’n draai in dié program gemaak sodat ’n “hondefluis­teraar” haar woef se gedagtes kon lees?

5 Die plaaslike sangkompet­isiereeks The Voice SA se derde seisoen word nou op M-Net uitgesaai. Watter een van die vier beoordelaa­rs is al van die eerste seisoen in 2016 deel van dié beoordelaa­rspaneel?

6 Deirdre Wolhuter se 7de Laan-karakter, die ma van drie Mariaan Welman, het onlangs die tonge laat klap toe sy ’n verhouding met ’n 17-jarige katelknaap aanknoop wat voorheen vir haar gewerk het. Wie was dié knaap?

7 Die veteraanTV-aanbieder Johan Stemmet, wat graag kleurryke hemde en onder baadjies dra, het onlangs die tuig neergelê as die aanbieder van die musiekprog­ram Noot vir Noot. Hoeveel seisoene lank het hy dié reeks aangebied?

8 Die akteur Beer Adriaanse is in ’n verhouding met een van sy medesterre in die komedieree­ks Hotel op kykNET. Wie is dié aktrise?

9 Watter TV-aanbieder en stemkunste­naar help Suid-Afrika se eerste Bachelor, die internasio­nale model en entreprene­ur Lee Thompson van Kaapstad, liefde soek in die maatsoekpr­ogram The Bachelor South Africa wat op Valentynsd­ag op M-Net begin het?

10 Die Kaapse aktrise Tarryn Wyngaard van Vinkel en Koljander-faam speel ’n dowe kelnerin op rolskaatse in die kykNETdram­areeks Dwaalster. In watter ander plaaslike sepie is sy ook te sien as ’n sukkelende jong tienerma?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa