Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer). WAT ’N GOEIE MA SOU SÊ

Mona Lisa se ma: “Ná al die geld wat ek en jou pa aan jou tande bestee het, kan jy gerus ’n bietjie breër glimlag.”

Vasco da Gama se ma: “Ek gee nie om wat jy alles op jou seereis ontdek het nie. Jy kon darem vir my geskryf het.’’

Michelange­lo se ma: “Hoekom kan jy nie soos ander kinders op die mure verf nie? Weet jy hoe moeilik dit is om verf van die plafon af te kry?” Napoleon se ma: “As dit jou rapport is wat jy daar in jou baadjie wegsteek, haal dit uit dat ek kan sien.” Einstein se ma: “En dis jou skoolfoto! Kan jy nie iets aan jou hare doen nie?” Moses se ma: “Oulike storie, maar waar was jy regtig die afgelope 40 jaar?” Edison se ma: “Natuurlik is ek trots daarop dat jy die gloeilamp uitgevind het. Maar skakel die ding nou af en gaan slaap.” LOUISE NOETH

OU BENE

Ons het nie vanjaar kersies op ouma se verjaardag­koek gesit nie. Ons wil nie aardverwar­ming vererger nie. LITA SCHOON

SOETE WRAAK

’n Vrou word vir ’n verkeersoo­rtreding aangekeer. In die hof vra die landdros haar beroep. “Ek is ’n onderwyser­es,” antwoord sy. “Juffrou, ek wag al jare lank vir ’n onderwyser,” sê die landdros en grinnik tevrede. “Nou gaan sit by daardie tafel en skryf 500 keer uit: ‘Ek sal nie weer oor ’n rooi verkeersli­g ry nie.’ ” AREND KIRKMAN, ALBERTON

PLASTIEKGE­LD

V: Wat is die definisie van ’n kredietkaa­rt? A: Iets wat jy gebruik wanneer jy uitvind geld kan nie alles koop nie. HESTER, NAMIBIË

UNIEKE TALENT

Neels aan ’n vriend: “Is daar enigiets wat jy kan doen wat niemand anders kan doen nie?”

Vriend: “Wel, ja, ek kan my eie handskrif lees.” SAN MARCHAND

GOEIE REDE

’n Vrou vra ’n bedelaar wat bakhand voor haar kom staan: “Sê my nou eerlik, drink jy omdat jy arm is of is jy arm omdat jy drink?”

Toe antwoord hy: “Ek drink omdat ek dors is.” DENISE, PRETORIA

SKOON STOM

Sy: “Vandag het ek iets van jou gehoor wat my stomgeslaa­n het.”

Hy: “Hoe jammer tog! Nou sal ek nooit weet wat dit was nie . . .” HELENA, KEMPTON PARK

KLAAR GESPOG

Twee deftige dames sit en tee drink.

“Toe my eerste kind gebore is, het my man vir my hierdie pragtige huis gebou,” vertel die eerste een. “Dis mooi,” antwoord die ander. “En toe my tweede kind gebore is, het my man vir my ’n luukse motor gekoop.” “Dis mooi.” “Met die geboorte van my derde kind het my man vir my hierdie pragtige diamantarm­band gegee.” “Dis mooi,” sê haar gas weer. “En wat het jou man vir jou gekoop toe jou eerste kind gebore is?” vra die gasvrou. “Hy het my na ’n sjarmeskoo­l gestuur.” “Sjarmeskoo­l! Nou waarom?” vra sy verbaas. “Sodat ek kon leer om te sê: ‘Dis mooi’ pleks van ‘Wie gee om?’ ” LOUISE NOETH

ARME KOOS

Van der Merwe sien ’n advertensi­e vir ’n saag waarmee jy 100 bome binne ’n uur kan afsaag. Hy ry dadelik winkel toe en koop een.

Die volgende dag is hy terug. Hy lyk vreeslik en kan skaars loop, so seer is sy lyf.

Baie ontevrede kla hy hy kon net twee bome binne in ’n uur afgesaag kry.

Die verkoopsma­n vat die saag, kry die masjien aan die loop, toets die saag op ’n stomp en kry niks fout daarmee nie.

Van der Merwe kyk die spulletjie verbaas aan. Toe vra hy: “Maar hoekom maak die ding dan nou so ’n geraas?” LEON KRUGER

AMASONE

Een voordeel van die hoë lewenskost­e in Suid-Afrika is dat dit vroue ál sterker laat word.

Vyftien jaar gelede het dit ’n sterk man gekos om R100 se kruidenier­sware huis toe te dra. Nou dra ’n vrou dit lag-lag met haar een hand. LITA SCHOON

GOUE JARE

Die meningspei­linguitsla­g by ’n aftreeoord:

Wat is die belangriks­te reg wat die Grondwet ons waarborg? Afslag vir senior burgers.

Wat is die beste uitvindsel van die vorige eeu? Die plastiek in my knieë, heupe en hartklep.

Wat is die duidelikst­e teken van verval in die gemeenskap? Bure wat ná agtuur saans raas.

Wat is die goedkoopst­e verhitting­smetode in die winter? Warm gloede.

Wat is die lastigste mediese probleme? Dié wat nie deur die mediese fonds gedek word nie. LOUISE NOETH

NOMMER EEN

Suid-Afrika is pas as die romantiess­te land in die wêreld aangewys, want ons eet elke aand by kerslig! L. SAAYMAN, SABIE

WINSKOOP

Suinige Sarel en sy Santie is al ’n ruk getroud toe sy begin skimp dat sy graag voetjies in die gang wil hoor trippel.

“Nou goed, kom ons kry ’n hond,’’ stel hy voor. “Dis goedkoper as om ’n kind groot te maak en jy kry meer voetjies vir minder geld!” F.H. HORNE, HARTENBOS

ROERENDE KUNSWERK

“Het jy die kunstenaar se nuwe skildery gesien? Dis so realisties dat ek trane in my oë gekry het,” sê ’n kunsliefhe­bber . “Wat het hy geskilder?” vra sy vriend. “’n Ui.” HELENA, KEMPTON PARK

WELDAAD

’n Bedelaar klop by ’n huis aan en vra ’n bord kos.

“Wat sal jy vir my doen as ek jou dit gee?” vra die vrou.

“Mevrou, u sal die geleenthei­d kry om ’n man ’n hele ete te sien eet sonder om ’n enkele fout met die kos te vind.”

Hy het sy bord kos gekry. LEON KRUGER

OPGRADEER

’n Man sal met vier dinge in die lewe nie lank tevrede wees nie: sy motor, selfoon, TV en vrou. Want daar is altyd iewers ’n beter model. WOLLIE, PRETORIA

SLIMMER JAN

Koffie bevat breinselle. As jy my nie glo nie, probeer ’n gesprek met my voer voor ek my eerste koppie koffie van die dag gedrink het. L. SAAYMAN, SABIE

FAMILIEKWA­AL

Klaas gaan dokter toe vir ’n ondersoek en hoor hy het hoë bloeddruk. “Dis ’n familiekwa­al,” sê hy. “Aan jou pa of ma se kant?” vra die dokter. “Nie een van die twee nie,” antwoord Klaas. “Dis aan my vrou se kant.”

Verward vra die dokter: “Nou kan jou vrou se familie jou hoë bloeddruk laat kry?”

“Dokter, probeer jy ’n naweek saam met hulle deurbring,’’ antwoord Klaas. “Dan sal jy sien.” SAN MARCHAND

IDEALE MAAT

Sannie: “Ek wil ’n man hê wat lojaal, getrou, geduldig, beleefd, vergewensg­esind, onselfsugt­ig en ’n goeie luisteraar is en nooit buierig raak nie.”

“Jy soek ’n hond.” DENISE, PRETORIA

Betsie: DOL DEFINISIE

V: Wat is ’n psigiater? A: Dis ’n hooggeleer­de dokter wat baie geld vra om vir ’n man al die vrae te vra wat sy vrou hom gratis vra. F.H. HORNE, HARTENBOS

BEROEMDE GAT

Hoe het die Groot Gat by Kimberley ontstaan?

Suinige Stefaans was daar met vakansie toe hy per ongeluk ’n halfkroon laat val. LITA SCHOON

SKADEBEHEE­R

Gert gaan na die blommewink­el en vra ’n malvapotpl­ant.

“Ek is jammer,” sê die klerk, “maar ons het dit nie in voorraad nie. Wat van viooltjies?”

“Sal nie werk nie,” antwoord Gert. “Dis ’n malva wat ek moes natgooi terwyl my vrou weg is.” LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa