Huisgenoot

Bad Bunny het die wêreld aan sy voete

Die Suid-Amerkaanse poster het binne twee iaar'n internasio­nale rapsensasi­e geword

-

LATYNSE TALENT

Benito Antonio Martínez Ocasio (24), die Puerto Ricaanse rapper Bad Bunny, is uiters gewild. Op Spotify het hy meer as 37 miljoen maandeliks­e luisteraar­s en in 2017 het hy meer as 4 miljard YouTube-trefslae vir sy musiekvide­o’s gekry.

HY BEWEEG IN HOË KRINGE

Hy het ’n rits treffffers treffers agter sy naam, soos Mia en Te Guste saam met Jennifer Lopez. I Like It saam met Cardi B is vir ’n Grammy vir liedjie van die jaar benoem en sy debuutalbu­m, X 100pre, trek ook aandag.

HASIE

’n Foto van hom in gr. 1 het sy verhoognaa­m geïnspiree­r. Hy is gedwing om hasie-ore te dra vir die foto en het allesbehal­we gelukkig gelyk. Toe is Bad Bunny gebore.

KERKSANGER

Sy ma, Lysaurie, ’n afgetrede onderwyser­es, het hom in ’n streng godsdienst­ige huis grootgemaa­k. “Sy is baie gelowig – Katoliek – en het my van jongs af kerk toe geneem,” vertel dié oudste van drie kinders. Hy was in die kerk se kinderkoor tot op 13 toe hy besluit hy’s “te oud” vir die koor.

AAN DIE BEGIN . . .

Hy het op vyf geweet hy wil eendag ’n musikant word. Ná skool het hy oudiovisue­le kommunikas­ie aan die Universite­it van Puerto Rico studeer, maar opgeskop. Terwyl hy in ’n supermark as ’n pakker gewerk het, het hy liedjies op SoundCloud gedeel. DJ Luian het die snit Diles gehoor en hom ’n kontrak aangebied. Toe word hy in 2016 ’n rapsensasi­e.

MODESIN

Hy is bekend vir sy klein, modieuse sonbrille en oorpakke wat hy van kleintyd af dra. In die musiekvide­o vir sy aansteekli­ke liedjie Mia saam met Drake dra hy ook ’n oorpak.

‘Ek wil hê mense moet oor 10 of 20 jjaar jaar steeds my musiek geniet’

 ??  ??
 ??  ?? Saamgestel deur COLIN HENDRICKS
Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa