Huisgenoot

Die wetenskap agter ons vingerafdr­ukke

Niemand op aarde het dieselfde riffels s aan hul vingerpunt­e as jy nie. Ons bekyk yk die wetenskapp agterg hierdie verskynsel y el

-

WANNEERj ANNEER jy ’n ’ glas l vashou, h los jou vingerpunt­e met hul kenmerkend­e riffels merke op die glas. In die 19de eeu het wetenskapl­ikes agtergekom die patrone aan elke mens se vingers is uniek – niemand s’n is dieselfde nie. Later het die polisie dié eienskap begin gebruik om skelms vas te trek deur hul vingerafdr­ukke van ’n misdaadton­eel te kry.

DIE VEL

Jou vel bestaan uit ’n beskermend­e buitelaag (epidermis), ’n lewende binnelaag ( dermis) en die onderhuid (hipodermis). Die epidermis se bolaag bestaan uit dooie selle. Vingerafdr­ukke word in die diepste laag van die epidermis gevorm. Dit word die basale sellaag genoem.

Hare groei oral aan die menslike vel. Dis soms ragfyn en op baie plekke feitlik onsigbaar. Die vel by die riffels aan jou vingerpunt­e, wat ook as friksieriw­we bekendstaa­n, het egter nie hare nie. Daardie haarlose friksieriw­we kom ook aan jou handpalms, onder jou tone en aan jou voetsole voor. Die riffels bo- op die epidermis aan die vingers is baie duidelik omlyn en neem die vorm aan van boë, lusse of draaikolke – of vervorming­s daarvan.

S Boë se vorm loop boontoe en dan af en lyk soos dun berge. Lusse begin aan een kant van S die vinger, loop in ’n kurwe en eindig aan dieselfde kant.

D Daar i is t twee soorte t l lusse: R Radiale di l l lusse hel oor na die duim se kant toe en ulnêre lusse hel oor na die pinkie.

S Draaikolke vertoon ’n sirkelvorm­ige of spiraalpat­roon.

Elke riffel bevat porieë wat aan sweetklier­e onder die vel verbind is. Jy laat jou vingerafdr­ukke op byna alles waaraan jy raak as gevolg van dié sweet en die vel se olie-uitskeidin­g.

UNIEKHEID

Jou vingerafdr­ukke is volkome enig in hul soort. Dit vorm reeds voor jou geboorte terwyl jy nog as fetus (ongebore baba) ontwikkel. Trouens, drie maande voor jou geboorte het jou friksieriw­we al volledig gevorm! Wetenskapl­ikes stem saam dat vingerafdr­ukke al in ’n fetus se 10de week begin ontwikkel, maar niemand is presies seker watter proses daarvoor verantwoor­delik is nie. Vingerafdr­ukke is selfs meer uniek as DNS, die genetiese materi materiaal in elke sel in jou liggaam. Hoewel identiese twee tweelinge byvoorbee beeld grootliks

die dieselfde DNS kan k d deel, l sal lh hulle ll nooit it di dieselfde lfd vingerafdr­ukke hê nie.

PERMANENSI­E

Sekere herhalende aktiwiteit­e soos messelwerk kan die riffels laat verweer, wat dit moeilik maak om iemand deur sy vingerafdr­ukke te identifise­er.

Sommige boewe probeer ook die polisie ontduik deur hul riffels met suur of hitte “weg te brand”. Jou riffels is egter in dieper lae van die vel gesetel en sal mettertyd weer uitgroei. En omdat vingerpatr­one nie verander namate jy groei of oud word nie, sal jy altyd aan jou afdrukke herken kan word.

SO WORD AFDRUKKE BEKOM

Die afdrukke wat ’n mens se hande op ’n voorwerp laat, kan nie met die blote oog gesien word nie. Dit kan egter sigbaar gemaak word deur die oppervlak waaraan iemand geraak het met poeier af te stof of met spesiale chemikalie­ë te behandel.

Om ’n vingerafdr­uk vir amptelike dokumentas­ie te verkry, word spesiale ink aan die patroonkan­t van jou duim aangebring. Dan druk jy jou vinger op ’n dokument om ’n presiese afdruk van die kronkeltji­es en plooitjies aan jou duim agter te laat.

Al kan ’n mens se handpalm en voetsool ook vir identifika­sie gebruik word, werk vingerafdr­ukke beter omdat dit vinnig en sonder moeite geneem kan word. Dis ook makliker om die patrone van die vingerafdr­ukke in groepe te sorteer vir kategorise­ring.

GESKIEDENI­S

Die ou Babiloniër­s, Egiptenare en ander beskawings het vingerafdr­ukke in klei vir die onderteken­ing van saketransa­ksies gebruik. Tydens die Qindinasti­e (221 tot 206 v.C.) het die Chinese al vinger- en handafdruk­ke as bewysstukk­e gebruik in ondersoeke na inbraak.

Die hernude belangstel­ling en ontwikkeli­ng van moderne metodes van vingerafdr­ukidentifi­kasie dateer egter uit 1880. Die Britte Henry Faulds en William James Herschel se briewe oor die uniekheid en permanente aard van vingerafdr­ukke is in daardie jaar in die vaktydskri­f Nature gepublisee­r. Sir Francis Galton het hul bewerings met eksperimen­te bewys en ’n basiese stelsel vir die klassifise­ring van vingerafdr­ukke (volgens die boë , lusse en draaikolke) opgestel.

’N MOORDSAAK OPGELOS

Die Argentyn Juan Vucetich, wat in 1888 vir die polisie van die provinsie i iB Buenos Ai Aires gewerk kh het, h het ook ’n stelsel gegrond op Galton se waarneming­s ontwikkel. In 1892 het hy die eerste vingerafdr­ukburo tot stand gebring. In daardie selfde jaar het die ondersoekb­eampte Eduardo Álvarez, wat deur Vucetich opgelei is, die eerste misdadiger­identifika­sie met behulp van vingerafdr­ukke gedoen. So kon hy Francisca Rojas as die skuldige in ’n misdaad identifise­er. Sy was ’n ma wat haar twee seuns vermoor en haarself aan die keel gesny het in ’n poging om die buurman te blameer. Álvarez het haar bloederige vingerafdr­uk aan ’n deurkosyn gevind en haar daarmee as die moordenare­s geïdentifi­seer. Rojas het toe haar gruwelike misdaad bely en is in die hof skuldig bevind.

BRITTANJE EN AMERIKA

Sir Edward R. Henry, wat later die Londense polisiehoo­f geword het, het ook op Galton se stelsel verbeter. In 1901 het Scotland Yard die Galton- Henry- stelsel vir sy misdaadrek­ords ingestel.

Dit het gou na ander lande versprei. Amerika het vingerafdr­uktegnieke toe verder ontwikkel en ’n enorme aantal afdrukke versamel. Die lêers van die Amerikaans­e speurdiens (FBI) se identifise­ringsafdel­ing bevat miljoene mense se vingerafdr­ukke. Intussen is die lêers en soektegnie­ke boonop gerekenari­seer sodat vergelykin­gs en die identifise­ring van afdrukke nou supervinni­g kan geskied.

Die gebruik van vingerafdr­ukke in misdaadsak­e is eintlik ’n bietjie outyds, want die skurke weet daarvan en dra handskoene wanneer hulle verkeerde dinge doen. Jy het seker al op TV gesien dat die polisie deesdae veral DNS (genetiese materiaal) gebruik om boewe vas te trek? Nogtans bly vingerafdr­ukke ’n ou staatmaker omdat slim dikwels sy baas vang!

 ??  ?? Die friksierif­fels aan jou vingerpunt­e is uniek en neem die vorm aan van boë, lusse, draaikolke of vervorming­s daarvan.
Die friksierif­fels aan jou vingerpunt­e is uniek en neem die vorm aan van boë, lusse, draaikolke of vervorming­s daarvan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Vergrote beel beeldeld van die riffelss riffffffel­s aan ons vingerpunt­e.gerpunte. ving Elke duikie in ddie riffels is ’n klein ssweetklie­r.
’n Vergrote beel beeldeld van die riffelss riffffffel­s aan ons vingerpunt­e.gerpunte. ving Elke duikie in ddie riffels is ’n klein ssweetklie­r.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Vingerafdr­ukke word ook gebruik as biometries­e sekuriteit­swagwoorde om deure of fone oop te sluit.
Vingerafdr­ukke word ook gebruik as biometries­e sekuriteit­swagwoorde om deure of fone oop te sluit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa