Huisgenoot

Ons gesels met Arendsvlei se Menicia Sass en Kay Smith oor boelies en groepsdruk

DiekykNET-sepieArend­svlei plaasskool boelie sen groepsdruk k in die kollig. Ons vra die aktrises Menicia Sass( boelie C ha n tel) en Kay Smith (hoofmeisie Debra) hoe tieners dit kan hanteer

- Deur COLIN HENDRICKS

In Arendsvlei vertolk sy die rol van Chantel, die skool se grootste boelie. Menicia is ’n boorling van Atlantis wat nou in Brackenfel­l, Kaapstad, woon. Sy is ’n oudmatriku­lant van die Hoërskool Bloubergra­nt. Haar karakter loop tuis deur onder die giftong van haar ma, Valdonia Lee Mathews (Gerwen Simon). Menicia is geensins soos haar karakter nie en is sterk teen ’n skoolboeli­ekultuur gekant. VERTEL ONS MEER OOR JOU KARAKTER, CHANTEL.

Sy is arrogant, spontaan, bekkig, soek aandag en toon min respek vir ander. Chantel is onaantasba­ar en selfs onderwyser­s voel soms geïntimide­er deur haar. Maar by die huis is ’n tekort aan liefde en betrokkenh­eid.

HOE VOEL DIT OM ’N BOELIE TE SPEEL?

Emosioneel put dit my uit. Dit maak diep seer in ’n mens se binneste om so ’n karakter te wees. Hoe meer ek die rol vertolk, hoe meer gaan my hart uit na die slagoffers van boelies. Dit is uiters belangrik om die stilswye oor sulke mishandeli­ng te verbreek en daaroor te praat.

IS JY OP SKOOL GEBOELIE?

Ek is nie op skool geboelie nie. Ek weet hoe om ander te respekteer en dissipline te handhaaf. Maar as leerders met my skoorgesoe­k het, het ek nie my mond gehou nie.

ENIGE RAAD AAN KINDERS WAT OP SKOOL ONDER BOELIES DEURLOOP?

Meld dit onmiddelli­k aan. Dit kraak jou selfbeeld af en jou skoolwerk ly daaronder. Praat met iemand. Jy is op skool om van jou lewe ’n sukses te maak. Sommige mense raak met boelies bevriend; dalk kan jy ’n verskil in hul lewe maak. Hulle soek miskien net aandag.

WATTER RAAD SAL JY AAN JOU KARAKTER IN ARENDSVLEI WIL GEE?

Om oop te maak en te praat oor die emosionele mishandeli­ng wat sy by die huis deurmaak. Ek sal haar wil laat besef dat sy en

haar slagoffers eintlik baie dinge gemeen het.

IS JY SOOS JOU KARAKTER?

Ek is nie. Ek is meer grapperig en ’n sosiale mens wat hou van geselskap en om mense te inspireer. Maar ons albei is ewe bekkig!

GROOTSTE LEWENSLES WAT SKOOL JOU GELEER HET?

Glo in jouself. Bly ’n kind so lank as wat jy kan. Dissipline is van groot belang. Werk hard en jy sal die resultate sien.

WAT BEPLAN JY VIR DIE RES VAN 2019?

Ek hou my oë en ore oop vir enige oudisies vir TV- en teaterstuk­ke of advertensi­es. Ek wil graag jong mense inspireer en motiveer deur hulle toe te spreek by skole, of enige instansies waar jong mense bereikbaar is.

 ??  ?? Menicia Sass (21) Menicia en haar medester Craig Adriaanse, wat die rol van Wesley in Arendsvlei vertolk.
Menicia Sass (21) Menicia en haar medester Craig Adriaanse, wat die rol van Wesley in Arendsvlei vertolk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa