Huisgenoot

TRISTANENK­HLOÉ –VIRGOEDVER­BY!

-

Minder as ’n jaar nadat haar basketbals­pelerkêrel se opspraakwe­kkende verneukery Khloé Kardashian van stryk gebring het, moet sy dit weer verduur. Maar dié keer sweer die werklikhei­dster sy raak vir goed van die ontroue Tristan Thompson ontslae.

Die onlangsste verraad het gekom toe Khloé (34) uitvind haar baba se pa het haar met Kylie Jenner se beste vriendin, Jordyn Woods, verkul. Volgens bronne het Tristan (28) na Los Angeles gevlieg om Valentynsd­ag saam met Khloé en hul dogter, True (10 maande), deur te bring. Maar nadat hy sy gesinsverp­ligtings nagekom het, het hy ’n huispartyt­jie gehou waar hy alte danig met Jordyn (21), ’n plusgroott­emodel, geraak het. As jy mense in die binnekring kan glo, was die hele Jordynsage die laaste strooi vir Khloé.

Sy het reeds ’n paar maande gelede permanent met hul dogter van Cleveland, Ohio, waar Tristan woon, na Los Angeles, Kalifornië, teruggetre­k.

Die twee het mekaar in dié tyd net sporadies gesien. “Khloé en True is gelukkig in Los Angeles,” het ’n bron in Januarie aan die tydskrif People gesê. “Sy tree baie soos ’n enkelma op.”

Volgens ’n ander bron is Khloé hartseer, maar weet sy sy moet om haar dogter se onthalwe haar lewe voortsit. “True is haar hele lewe,” sê die bron. “Jy kan sien sy hou baie daarvan om ’n ma te wees.” BRONNE: TMZ.COM, PEOPLE.COM, USMAGAZINE.COM

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa