Huisgenoot

Kook so met wyn

Wyn is meer as net ’ n pasmaat saam met kos; dit geur, rond af en kan selfs as marinade ingespan word

- Deur CARMEN PETERSEN

WYN kan die smaak en aroma van kos versterk, verbeter en beklemtoon. Pleks van die geur verbloem van dit wat jy kook, bou dit eerder daarop voort. Hier gebruik ons vyf verskillen­de wyne om heerlike geregte mee op te tower.

SAUVIGNON BLANC GNOCCHI MET SAMPIOENE EN FETAKAAS

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 15-20 MIN.

500 g aartap-pelgnocchi

30 ml (2 e) botter

120 g sj i i take sampioene, grofgekap

250 g wit knopiesamp­ioene, grofgekap

2 knoffelhui­sies, fyngemaal

160 ml (²⁄₃ k) witwyn soos sauvignon blanc

VIR VOORSIT

1-2 wiele fetakaas, gekrummel

’n handvol plat blaar-pietersiel­ie, gekap

1 Bring water tot kookpunt in’ n middelslag kastrol. Voeg die gnocchi by en kook volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en hou eenkant. Behou sowat 250 ml (1 k) van die gnocchiwat­er.

2 Smelt die botter in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die sampioene by die botter en roerbraai 5 min. tot bruin. Voeg die knoffel by en braai nog 1 min.

3 Giet die wyn by en laat prut 3-4 min. tot die wyn amper verdamp, maar daar nog vloeistof oor is. Voeg die gnocchi by, roer liggies en laat prut nog 5-7 min. tot die gnocchi effens verkleur. Voeg van die gnocchiwat­er bietjies-bietjies in die pan. Hou aan met roer tot die gnocchi romerig lyk.

4 Vir voorsit Verwyder die pan van die hitte, strooi die feta en pietersiel­ie oor en sit voor.

CABERNET SAUVIGNON FRIKKADELL­E MET PASTA

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 35-40 MIN.

SOUS

45 ml (3 e) olyfolie

1 groot ui, gekap

1 rooi brandrissi­e, fyngekap

2 knoffelhui­sies, fyngekap

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

125 ml (½ k) beesvleisa­ftreksel

250 ml (1 k) rooiwyn soos cabernet sauvignon

2 x 410 g-blikke gekapte tamaties

15 ml (1 e) tamatiepas­ta

30 ml (2 e) suiker

1 lourierbla­ar

’n hand vol vars basiliebla­re, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

FRIKKADELL­E

500 g beesmaalvl­eis

1 eier, geklits

45 ml (3 e) broodkrumm­els

10 ml (2 t) komyn

sout en vars gemaalde swartpeper

PASTA

250 g tagliatell­e

1 Sous Verhit die olie in ’n groot swaarboomk­astrol en roerbraai die ui 5 min. oor matige hitte tot effens bruin. Voeg die brandrissi­e, knoffel en soetrissie by en roerbraai nog 2 min. Verhoog die hitte en giet die aftreksel en wyn by. Laat kook 5 min. voor jy die tamaties en tamatiepas­ta byvoeg. Verlaag die hitte en voeg die suiker en lourierbla­ar by. Bedek en laat prut 2-3 min. Voeg die basilie by en geur met die sout en peper. Skakel die hitte af.

2 Frikkadell­e Meng die bestanddel­e en rol in okkerneut grootte balle. Braai die frikkadell­e 10 min. of tot bruin, en draai dit halfpad deur om. Plaas die frikkadell­e saam met die tamatiesou­s in die kastrol en laat prut 20 min.

3 Pasta Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Giet die sous oor die pasta en sit voor saam met ekstra vars basiliebla­re.

CHARDONNAY KRUIE-EN-WYNVARK MET GEBRAAIDE AARTAPPELW­IGGIES

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

45 ml (3 e) olyfolie

4-5 knoffelhui­sies, in dun skywe gesny

2 takkies vars roosmaryn, gekap

10 g vars salie, grofgekap

500-600 g varktjops of varkribo-ogsteaks

310 ml (1¼ k) droë witwyn soos ’n effens gehoute chardonnay sout en vars gemaalde swartpeper

125 ml (½ k) hoenderaft­reksel

125 ml (½ k) dubbelr-oomjogurt

VIR VOORSIT

gebraaide aartappelw­iggies

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die knoffel, roosmaryn en salie 1 min. oor matige hitte.

2 Plaas die varkvleis in die kastrol deur dit versigtig op die kruie te plaas en braai sowat 5 min. aan weerskante. Haal die vleis uit en hou eenkant.

3 Giet 250 ml (1 k) wyn in die kastrol, skraap die bodem van die pan, verlaag die hitte en laat prut 1-2 min.

4 Plaas die vleis terug in die kastrol en geur met die sout en peper. Maak gedeelteli­k met ’n deksel toe en laat kook sowat 15-20 min. Draai die vleis een keer om en maak seker daar is genoeg vloeistof in die pan. Voeg 250375 ml (1-1½ k) kook- water bietjies-bietjies by, indien nodig. Wanneer die varkvleis sag en sappig is, haal dit uit die kastrol en hou eenkant in aluminiumf­oelie om warm te hou.

5 Verhoog die hitte . Giet die oorskietwy­n en aftreksel in die kastrol, skraap weer die bodem en laat prut tot die vloeistof met die helfte afgekook het. Voeg die jogurt by. Los die kastrol op die stoof, maar skakel die hitte af. Geur met nog sout en peper, indien nodig.

6 Vir voorsit Sny die vleis in skywe, giet die sous oor en sit voor saam met die gebraaide aartappelw­iggies.

CHENIN BLANC HOENDER-EN-PEERSLAAI MET WITWYNSOUS

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 20 MIN.

HOENDER

2 hoenderbor­sfilette sout en peper olyfolie SLAAISOUS

125 ml (½ k) witwyn soos chenin blanc, ’n vrugtige witwyn

2 sprietuie, gekap

1 knoffelhui­sie, fyngemaal

’n paar vars ment- en pietersiel­ie blare, gekap

60 ml (¼ k) peersap

80 ml ( k) olyfolie sout en vars gemaalde swartpeper AFRONDING

100-200 g baba spinasiebl­are

60 g droë bosbessies

3 pere, in skywe gesny

100 g bokkaas, in skywe gesny

50 g pampoenpit­te, gerooster

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Hoender Plaas die hoender op ’n bakplaat, geur met die sout en peper en bedruip met die olyfolie. Bak 20 min. tot gaar en bruin. Haal uit en hou eenkant.

2 Slaaisous Giet die wyn in ’n klein kastrol en laat kook sowat 2-3 min. oor hoë hitte sodat die alkohol weggekook is. Giet in ’n beker of fles en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddel­e by en klits tot goed gemeng. Geur met die sout en peper.

3 Afronding Strooi die spinasiebl­are op ’n plat opdienbord gevolg deur die bosbessies. Pluis die hoender en pak op die bord uit. Pak die pere tussenin gevolg deur die kaas en pampoenpit­te. Giet die slaaisous oor net voor jy dit voorsit.

MERLOT ETON MESS

LEWER GENOEG VIR 6 GLASE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 1 UUR

WYNSTROOP

250 ml (1 k) rooiwyn soos merlot

125 ml (½ k) suiker

10 ml (2 t) suurlemoen­sap

2 tiemietakk­ies MERINGUES

3 eierwitte ’n knippie sout

125 ml (½ k) strooisuik­er

80 ml ( k) versiersui­ker, gesif

10 ml (2 t) mielieblom ROOM

250 ml (1 k) room, geklits

250 g roomkaas

125 ml (½ k) versiersui­ker, gesif

5 ml (1 t) vanieljege­ursel

300-500 g rooi- en swartdruiw­e, gehalveer

Voorverhit die oond tot 120 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bestrooi met mielieblom.

1 Wynstroop Giet die wyn in ’n middels-lagkastrol en plaas oor matige hitte. Voeg die suiker en suurlemoen­sap by en roer. Bring die mengsel tot ’n vinnige prut en laat kook 10-12 min. Hou aan met roer tot die stroop effens verdik het en die agterkant van ’n houtlepel be- dek. Verwyder van die hitte, voeg die tiemietakk­ies by en laat trek 10 min. eenkant. Die mengsel sal taamlik loperig wees, maar dit sal effens verdik namate dit afkoel. Verwyder die tiemietakk­ies.

2 Meringues Klits die eierwitte en sout saam tot stywe punte vorm. Voeg die strooisuik­er geleidelik by en klits saam tot dik en glansend. Sif die versiersui­ker en mielieblom oor. Vou om te meng en skep hopies van die mengsel op die bakplate. Bak die meringues 1 uur of tot dit maklik van die bakpapier af lig en bros is, maar nie bruin nie. Skakel die oond af en los die meringues binne tot dit heeltemal afgekoel is.

3 Room Klits die room, roomkaas, versiersui­ker en vanielje saam in ’n groot bak tot sagte punte vorm. Verdeel ’n kwart van die druiwe tussen 6 glase. Skep van die roommengse­l oor en krummel van die meringues grof bo-oor. Herhaal met die res van die bestanddel­e.

4 Strooi die oorblywend­e druiwe oor en bedruip met die wynstroop.

 ?? Foto’s: JACQUES STANDER ??
Foto’s: JACQUES STANDER
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa