Huisgenoot

Brittanje wil jong IS-bruid nie terughê

Op 15 het sy weggeloop en by die IS aangesluit; nou wil Brittanje haar nie terugvat nie

- Saamgestel­g deur JANE VORSTER

SY HET in die afgelope vier jaar die allervrees­likste dinge gesien: mense wat gemartel word, bebloede onthoofde koppe in vullisblik­ke, bomme wat ontplof, kinders wat sterf. G’n wonder Shamima Begum is desperaat om uit die konflik-geteisterd­e Sirië te vlug en na haar gemaklike lewe in Brittanje terug te keer nie.

Maar dis makliker gesê as gedaan, want haar geboortela­nd wil niks met haar te doen hê nie, en die meeste van haar landgenote wil haar allermins terugverwe­lkom.

Vier jaar gelede het die tiener die wêreld geskok toe sy as 15-jarige van haar middelklas­huis in Londen weggeloop het om in Sirië by die terroriste­groep die IS (Islamities­e Staat) aan te sluit.

Toe sy onlangs by ’n vlugteling­kamp k opdaag – waar sy aan haar derde d kind die lewe geskenk het – het sy h haar oudlandgen­ote wéér geskok. Die Britte het verwag sy sou erken sy het destyds ’n fout gemaak om by die IS aan te sluit en dat sy haar besluit om na Sirië weg te loop berou. Sy is immers daar gedwing om met ’n wildvreemd­eling te trou en moes daagliks geweld en swaarkry aanskou. Maar ondanks als wat sy deurgemaak het, was daar by Shamima geen sweempie van berou nie.

Pleks daarvan sê sy die lewe onder die IS het “normaal” gevoel, dat sy daarvan gehou het om ’n djihadi-bruid te wees en dat die IS-wreedhede wat sy moes aanskou haar “glad nie van stryk gebring het nie”.

Maar nou wil sy haar rug op dié lewe keer en huis toe gaan – om haar pasgebore seun se onthalwe. As dit nie vir hom was nie, sou sy tevrede gewees het om tot die bitter einde by die IS te bly. Maar sy wil nie hê haar derde baba moet dieselfde oorkom as haar ander twee kinders nie. Albei is aan siekte en wanvoeding dood. “Ek wil net probeer om vir hom ’n beter lewe te gee,” sê sy oor haar baba. “Ek wil graag na Brittanje teruggaan, want ek weet hy sal versorg word, ten minste wat gesondheid betref.”

Maar dit lyk of haar kans skraal is om weer haar voete in Brittanje te sit. Haar opmerkings het haar landsburge­rs so kwaad gemaak dat die regering die buitengewo­ne stap gedoen het om Shamima van haar Britse burgerskap te stroop. Dit beteken sy is nou staatloos.

JARE lank was dit ’n raaisel wat van Shamima en haar vriendinne Kadiza Sultana (17) en Amira Abase (19) geword het. Hulle is die laaste keer gesien toe hulle op kringtelev­isie beeldmater­iaal vasgelê is terwyl hulle in Februarie 2015 by die Gatwicklug­hawe deur sekuriteit gaan om ’n vlug na Turkye te haal.

Hul landgenote was verstom toe die

polisieond­ersoek onthul die drie skrander leerlinge van die Bethnal Green Academy het sonder hul ouers se medewete radikale idees begin aanhang. Hulle het besluit om weg te loop en wou die grens oorsteek om by die IS aan te sluit.

Ná vier jaar se stilte onthul Shamima nou wat destyds als gebeur het. Met die drie vriendinne se aankoms in die ISvesting Rakka is hulle met ’n ander vriendin, Sharmeena Begum (nie familie van Shamima nie) herenig wat ’n jaar tevore uit Brittanje weggeloop het. Hulle het hul intrek geneem in ’n sogenaamde “huis vir vroue” waar vroue soos sy as toekomstig­e djihadi-bruide vir IS-vegters geoormerk is.

Shamima was die eerste van die meisies wat ’n man gekry het. Binne 10 dae is sy geplaas by Yago Riedijk (toe 23), ’n Nederlande­r wat hom tot Islam bekeer en vyf maande vroeër by die IS aangesluit het. Al het sy nie veel van hom geweet nie, was sy verlig dat haar nuwe maat ’n jong man was wat Engels kon praat. Maar hul lewe saam het wankelrig begin toe die IS vir Yago in hegtenis neem en van spioenasie aankla.

“Hulle het hom ses en ’n half maande lank aangehou en gemartel,” vertel sy nou. Hy is vrygelaat, maar ’n tweede slag het Shamima getref toe haar vriendin Kadiza in ’n lugaanval sterf.

Kort daarna is Shamima se eerste kind, Sarayah, gebore en die egpaar het besluit om na die dorpie Susah te trek. Hul tweede kind, ’n seun met die naam Hajin, is daar gebore. Op agt maande is hy dood aan ’n onbekende siekte wat deur wanvoeding vererger is. Namate die gevegte voortgewoe­d het, het die gesin getrek na Baghuz, die laaste stad wat deur die IS beheer is. Die lewe daar was ’n stryd teen daaglikse bom- en lugaanvall­e deur die Siriese magte.

Albei Shamima se oorlewende skoolvrien­dinne was teen dié tyd weduwees. Sy en haar man het in Januarie vanjaar nog ’n tragedie beleef toe hul dogter siek word en kort voor haar tweede verjaardag sterf. Haar r vriendinne was vasbeslote om in Ba- ghuz te bly, maar die hoogswange­r r Shamima wou om haar ongebore derrde baba se ontwil daar weggaan.

“Ek respekteer hul besluit,” sê sy. y. “Hulle sou hulle vir my geskaam het as hulle die bomaanvall­e en gevegte oorr- leef het en gehoor het ek is weg.”

’n Paar weke gelede het sy en Yago teen dagbreek die woestyn in gevlug. Toe hul- le ’n groep Siriese vegters teëkom, het hulle hulle oorgegee. Dit was die laaste keer dat Shamima vir Yago gesien het. Daar word intussen vermoed hy was betrokke by ’n terroriste­groep in Nederland.

Shamima is deur die Siriërs geneem na al-Hawl, ’n oorvol vlugteling­kamp waar 39 000 mense wat deur die gevegte ontheem is skuiling soek. Dit was daar dat sy onlangs aan haar derde kind die lewe geskenk het. Sy het haar seun Jerah genoem, blykbaar ter ere van ’n sewendeeeu­se Islamities­e krygsheer.

Dis ook in die vlugteling­kamp waar sy deur Britse joernalist­e opgespoor is. “Ek wil net huis toe kom,” sê sy in die onderhoude wat daar met haar gevoer word. “Dis al wat ek nou wil hê. Ek sal enigiets doen om weer te kan huis toe kom en stil saam met my kind te leef.”

SHAMIMA se versoek om na haar tuisland terug te keer het ’n heftige debat in Brittanje ontlok. Terwyl sommige kommentato­rs meen sy moet teruggebri­ng word sodat die Britse owerhede ’n oog oor haar radikale sentimente kan hou, voel ander dis onvergeefl­ik dat sy haar nie van die IS en sy grudade distansiee­r nie en dat sy daarom nie weer op eie bodem toegelaat moet word nie.

Die Britse departemen­t van binnelands­e sake se besluit om Shamima van haar burgerskap te stroop is ’n ongewone stap, want kragtens internasio­nale wetgewing kan ’n mens nie staatloos gelaat word nie. En dit is wat Shamima nou is, want Bangladesj, waar albei haar ouers gebore is, wil ook niks met haar te doen hê nie. Anthony Loyd, die joernalis wat haar eerste opgespoor het, het egter tot Shamima se verdedigin­g gekom en meen dit sou onregverdi­g van die regering wees om haar die rug toe te keer. Hy sê uit gesprekke met haar is dit duidelik sy is net ’n naïewe tiener wat deur die IS gebreinspo­el is. “Ondanks haar arrogansie en didaktiese gedrag kom sy hoofsaakli­k as ’n verwarde en kwesbare jong Londense vrou voor,” sê hy. Maar die Britse amptenare sê haar opm merkings wys Shamima kan nie g gerehabili­teer word nie en dit sou te veel tyd en geld kos om haar te monitor. Shamima wil die besluit betwis. Sy sê sy verstaan nie hoekom be beamptes haar so onsimpatie­k beha handel nie. “Toe ek na Sirië gegaan het, was ek die hele vier jaar lank net ’n hu huisvrou. Ek het nooit iets gevaarlik liks gedoen nie. Ek voel baie mense mo moet vir my simpatie hê vir alles wa wat ek deurgemaak het,” sê sy. “Ons het nou met ’n onskuldige baba te doe doen wat ons graag uit die kamp en terug in Brittanje wil kry.”

 ??  ?? NAASLINKS: Die tiener kort voor sy weggeloop het uit haar ouerhuis in Londen om by die terroriste­groep die IS in Sirië aan te sluit. LINKS: Shamima (heel regs) in 2015 by die Gatwicklug­hawe in Londen saam met haar vriendinne Amira Abase en Kadiza Sultana toe hulle op pad Sirië toe was. Sy wil nou om haar seun se onthalwe terugkeer na Brittanje, maar is van haar Britse burgerskap gestroop.
NAASLINKS: Die tiener kort voor sy weggeloop het uit haar ouerhuis in Londen om by die terroriste­groep die IS in Sirië aan te sluit. LINKS: Shamima (heel regs) in 2015 by die Gatwicklug­hawe in Londen saam met haar vriendinne Amira Abase en Kadiza Sultana toe hulle op pad Sirië toe was. Sy wil nou om haar seun se onthalwe terugkeer na Brittanje, maar is van haar Britse burgerskap gestroop.
 ??  ?? BO: Shamima en haar baba. Sy het met Yago Riedijk getrou en hy is onlangs deur die Siriese magte in hegtenis geneem. Daar word vermoed hy het ’n gefnuikte terroriste­aanval in Nederland help beplan.
BO: Shamima en haar baba. Sy het met Yago Riedijk getrou en hy is onlangs deur die Siriese magte in hegtenis geneem. Daar word vermoed hy het ’n gefnuikte terroriste­aanval in Nederland help beplan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa