Huisgenoot

MARITA VAN DER VYVER oor die dood van haar eersteling

-

My eersgebore­ne, Ian Bishop, is amper drie dekades gelede kort voor sy eerste verjaardag dood. Op dié dag, 26 April 1990, wat veronderst­el was om ’n vreugdevol­le dag met koek en geskenke te wees, het ek na Bloubergst­rand gery met ’n kartondosi­e wat nogal soos ’n geskenk lyk saam met my in die kar.

Binne-in die boksie was my kind se oorskot, ’n hand vol as wat ek saam met drie naastes oor die see wou strooi. Ek het nie geweet wat ek doen nie.

Op die winderige herfsdag het ek wat oorbly van my seuntjie op my palm gevoel, ’n hopie growwe as styf in my vuis toegeknyp. Ek moes my vuis soos ’n blom laat oopvou sodat die wind die as oor die see kon waai. Dis ’n allerversk­riklike ding vir ’n ouer om te doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa