Huisgenoot

‘EK WOU WEET VOOR EK DOODGAAN’

Leon Adolf Brits van Piketberg het vrede gekry nadat hy 71 jaar lank probeer vasstel hetwiesyma­was.Sysoektogh­etbyLettie­vanVuurens­egrafinKle­rksdorpgeë­indig

- MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

Trots om te sê sy was die moeder wat ek so

liefgehad het. Nooit geweet van die hartseer wat sy versteek het nie en dankbaar vir die ouboet wat ons kon verwelkom.

ELNA

Dit was ’n voorreg om my ouma Lettie te geken het. Sy was ’n wonderlike mens. En ook om jou te kon leer ken, oom Leon. So bly dat Oom se verhaal eindelik die lig kon sien. LETRICIA

Oom Leon, ek is bly

jy kon Ouma kry. Ek was ook Aletta Sophia Steyn, genoem na ouma Lettie. Dit was ’n voorreg om groot te word met haar in die huis. LIZETTE

Jy is gelukkig: Ek weet steeds nie wie my regte ouers was

nie. My aanneemoue­rs was wonderlik, maar ek wou nog altyd net weet wat my land van herkoms is. ELAINE

Gemengde reaksie toe “vermiste” pres. Cyril Ramaphosa weer op televisie praat

Hy sê toe niks wat almal nie reeds

weet nie. Hy het net kom gesig wys omdat hy soveel druk van ander partye op hom gehad het. Dit was ’n grap. Hy kon netsowel niks gesê het nie!

LEONI

Die arme man kan skynbaar ook nooit

iets reg doen nie. Hy het ’n toespraak gelewer nie omdat hy wou nie; die land se mense het daarop aangedring. As daar nuus was om te deel, sou hy dit gedoen het. ISABELLA

Die aktrise Lee-Ann van Rooi van Sara se geheim oor haar moeilike jaar

Ek het gisteraand na die laaste aflewering van die derde

seisoen gekyk. Ek het die program so baie geniet. Ek hoop regtig daar sal ’n vierde seisoen gemaak word. Ek love Sara se geheim.

PORTIA

Dit sal awesome wees as daar nog ’n vierde seisoen ook

kom. Die slotaflewe­ring van seisoen drie laat jou dink dit was nie die plan nie, maar doen dit, asseblief. Ek wil graag Lizzy en Father se baba sien. LIZAAN

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa