Huisgenoot

BABELAS VAN TE VEEL HANDE WAS

-

Ek was so dankbaar om te hoor dat ons na vlak 4 van die inperking afskaal en ook vir die geleenthei­d om warm winterkler­e te gaan koop vir die lang dae tuis wat nog wag.

Gewapen met my gesigmaske­r, is ek toe na ons plaaslike winkelsent­rum.

Daar word ek natuurlik deur die winkelpers­oneel vir ’n vale bespuit met die bottel 70%-alkoholinh­oudhandont­smetmiddel voor ek kan instap.

Ek vryf dit deeglik tussen my vingers in, en toe ek by die winkeldeur uitstap, hou ek weer geesdrifti­g

my hande uit vir nog ’n dosis. En weer toe ek in die volgende winkel instap, en so aan . . .

In die motor ontsmet ek my hande weer eens met my eie handseep, wat altyd saamreis. En sommer ook alles wat pas saam met my in die winkels was.

Die oomblik toe ek in my eie huis instap, ontsmet ek die verpakking van als wat ek gekoop het, en natuurlik my hande weer deeglik.

Ek gaan slaap uit gewoonte selde voor middernag, maar daardie aand kan ek vroeg-vroeg nie my oë oophou nie. Nie eens ’n koffie wil my wakker hou nie, en ek kry nie my slaaptyd-leesuurtji­e in nie.

Toe ek die volgende oggend wakker word, voel dit kompleet asof ek die vorige aand partytjie gehou het. Maar nou moet julle weet, ons is geheelonth­ouers . . .

Ek wend my tot Google en tik: “Word die alkohol in handontsme­tmiddels deur die vel opgeneem?” Die antwoord is bevestigen­d.

Nou wonder ek of ek nie dalk my persoonlik­e kapasiteit oorskry het deur te veel hande te was tydens my inkopietog nie? EMIL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa