Huisgenoot

‘EK KEN OOK SO IEMAND!’

Sekere persoonlik­heidstipes sien jy oral tydens die inperking – hoekom tree hulle so op?

-

DIT voel eintlik asof dit al jare lank so aangaan, hierdie vreemde inperkings­tyd waar die huis ons kantoor, oefenplek, skool én kuierplek is. Toe pres. Cyril Ramaphosa in Maart aangekondi­g het Suid-Afrikaners moet tuisbly om die verspreidi­ng van die coronaviru­s te probeer vertraag, moes ons almal ’n nuwe manier van leef aanleer – en dit sonder dat ons wyn mag koop om die senuwees ’n bietjie te lawe!

Elkeen hanteer dié uitdagende tyd anders, maar tog kom sekere lockdownpe­rsoonlikhe­de oor en oor na vore: Jy hoef net na die res van jou familie en vriendekri­ng te kyk of in die sosiale media of op jul buurt se WhatsApp-groep te loer om dit raak te sien.

Dis nie dat jy ’n nuwe persoonlik­heid ontwikkel nie, verduideli­k dr. Henk Swanepoel, ’n kliniese sielkundig­e van Centurion.

“Jou persoonlik­heid is staties en reeds gevestig – en dít bepaal hoe jy die inperking hanteer.”

Kom, tel ’n bietjie: Met hoeveel van dié inperkings­karakters het jý al in hierdie vreemde tyd te doen gekry?

DIE KLAKOUS

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? JACO HOUGH COETZEE
JACO HOUGH COETZEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa