Huisgenoot

MINISTER VAN KWAAD STOOK

-

SY LAAT ’n mens dink aan daardie vingerswaa­iende hoofmeisie wat alewig agter die skoolpavil­joen kom snuffel het op soek na rokers. Maar ons is nie meer skoolkinde­rs nie . . . Daar is min dinge wat jou so woedend of rebels kan maak soos iemand in ’n gesagsposi­sie wat oënskynlik onregverdi­ge reëls aan jou opdwing. En in die afgelope twee maande, terwyl baie Suid-Afrikaners mor oor sommige reëls van die inperking, het min mense die land so die harnas in gejaag soos dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.

Want die een oomblik brand rokers se vreugdesvu­re hoog terwyl pres. Cyril Ramaphosa ons op televisie vertel die verbod op handel in rookproduk­te word opgehef – maar ’n week later sê Nkosazana nee, vergeet dit.

En boonop gee Nkosazana (71) ons toe daardie vreemde demonstras­ie van hoe mense die virus kan versprei deur ’n zol te rol, lek en deel . . .

Oornag het die stugge minister van samewerken­de regering en tradisione­le sake die gesig van baie Suid-Afrikaners se frustrasie geword.

Sy het darem ook vir lockdown-verligting gesorg. DJ Max Hurrell het haar preek getoonset vir sy aanlyn treffer, “When People Zol”. David Scott, van The Kiffness, se lighartige video is tienduisen­de kere gekyk.

Maar daar is ook bespiegel dat oudpres. Jabob Zuma se eksvrou – in 2017

Cyril se teenstande­r in die ANC-leierstryd – sy gesag uitdaag omdat sy steeds presidensi­ële ambisie het.

Cyril het verduideli­k dat die volgehoue verbod ’n meerderhei­dsbesluit van sy nasionale coronaviru­sbevelsraa­d is. Hy en Nkosazana is die medevoorsi­tters.

Teen druktyd is daar bespiegel dat die verbod op die verkoop van sigarette moontlik opgehef sou word noudat fase 3 van die inperking wink of fase 4 se maatreëls moontlik verslap sal word, maar die gemor oor Nkosazana, of NDZ soos baie mense haar noem, wou – nes die walms van onwettige smokkelsig­arette – net nie oorwaai nie.

Intussen lyk Nkosazana, veteraan van die struggle en kabinet, so onverstoor­d – en onbuigsaam – soos altyd.

Hier’s die ABC van NDZ, die vrou wat ons so laat gons.

Van ’n prefek tot dokter

Nkosazana is die oudste van agt kinders. Haar onderwyser-pa, Willibrod Gweva Dlamini, het bitter hard gewerk om sy kinders ’n opvoeding te gee. Sy moes haar streng ma, Rose, help om haar jonger sibbes te versorg en dissipline­er. Was die jongeres stout, is Nkosazana ook gestraf.

Haar arm ouers het haar egter ook mededeelsa­amheid geleer, het sy al vertel. Hulle het dikwels onbekende besoekers aan hul dorpie, Enkumba in KwaZulu-Natal, iets te ete gegee.

Op skool by Adams-kollege in Amanzimtot­i was sy inderdaad ’n prefek. In 1971 het sy ’n B.Sc.-graad aan die Universite­it

van Zoeloeland verwerf en later haar mediese graad aan die Universite­it van Bristol in Engeland.

As politieke uitgeweken­e het sy in Brittanje en Eswatini vir die ANC-bevrydings­beweging as dokter opgetree. In daardie tyd het sy Jacob Zuma ontmoet en hulle is in 1982 getroud.

Nkosazana was die derde van Jacob se ses vroue. Hulle het vier kinders: Msholozi (nou 38), Gugulethu (35), Nokuthula (33) en Thuthukile (31). Hulle is in 1998 weens “onversoenb­are verskille” geskei.

Minister van vele portefeulj­es – en kampvegter teen rook

Oudpres. Nelson Mandela het haar in sy eerste kabinet in 1994 as gesondheid­sminister aangestel. Sy het sedertdien onder elke Suid-Afrikaanse president gedien en was ook al minister van buitelands­e en van binnelands­e sake.

Haar oorleefkun­s is dat sy weet hoe om strategies te beweeg tussen die faksies van haar party, vertel prof. Theo Neethling, hoof van politieke studies aan die Universite­it van die Vrystaat. “Sy is populêr binne die ANC, maar is g’n populis nie.”

En sy het nog altyd ’n ding gehad teen rook. Sy het as gesondheid­sminister al erg te velde getrek teen sigarette,

’n Drukkie vir Jacob Zuma.

sê dr. Ntsikelelo Breakfast, politieke kenner van die Nelson Mandela-universite­it. Sy was die een agter die verbod teen tabakborgs­kappe en rook in openbare plekke wat sedert 1997 geld.

G’n vreemdelin­g vir omstredenh­eid

■ As gesondheid­sminister het sy skande gemaak deur die R15 miljoen-kontrak vir Sarafina II – ’n musiekspel om bewustheid oor MIV/vigs te skep – aan haar vriend Mbongeni Ngema te gee. Sy het ook glo vir die parlement daaroor gejok.

En sy is kwaai gekritisee­r vir haar steun aan Virodene, ’n sogenaamde vigs-wonderkuur, wat deur die internasio­nale wetenskapl­ike gemeenskap verwerp is.

■ As minister van buitelands­e sake het Nkosazana haar steun toegesê aan ons destydse ambassadeu­r in Indonesië, Norman Mashabane, al is hy in 2003 skuldig bevind op 23 aanklagte van seksuele teistering.

■ Sy het haar nooit uitgespree­k teen staatskapi­ng, haar eksman se beweerde korrupsie en die Guptas nie. Vrae is

HAAR PAD SAAM MET CYRIL

BO: NDZ saam met Adriano Mazzotti, ’n omstrede figuur in die tabakwêrel­d.

geopper omdat sy in 2015 R250 000 prysgeld aanvaar het as “Suid-Afrikaner van die jaar.” Dis deur die Gupta-mediakanaa­l, ANN7, toegeken en deur haar eksman oorhandig. Nkosazana het toe wel die prysgeld vir ’n jeugontwik­kelingspro­gram geskenk.

■ Daar was opspraak ’n jaar tevore oor die aanstellin­g van haar en Jacob se jongste, Thuthukile (toe 25), as hoogs betaalde personeelh­oof van die departemen­t van telekommun­ikasie en posdienste.

Haar suksesse in ministersp­oste

Al jaag sy baie van haar landgenote se bloeddruk op, het sy ’n reputasie vir harde werk. Onder haar toesig het die departemen­t van binnelands­e sake sy eerste ongekwalif­iseerde oudit in 16 jaar gekry.

Sy was ook die eerste vrou wat voorsitter van die Kommissie van die Afrikaunie (2012-’17) geword het. Maar sy was ongewild in dié organisasi­e omdat sy glo afsydig was en haar eie politieke prestige wou bevorder.

Die vrou agter die kwaai gesig

Sy lyk altyd ernstig, en min mense weet hoe haar glimlag lyk. Van JZ se danspassie­s en Cyril se sjarme is daar g’n teken nie.

Haar voormalige woordvoerd­er Fébé Potgieter-Gqubule het al gesê: “Ek dink sy is ’n introvert en skaam, maar sy hou ook daarvan om dinge gedoen te kry.”

Gebeur dinge nié, “praat sy reguit, waarvan mense nie hou nie. Sy’s egter baie toeganklik as jy haar eers leer ken.”

Wat van die vermeende sigaretsmo­kkelaar?

Onlangs het omstrede foto’s, wat aanvanklik in 2017 deur die Sunday Times geplaas is, weer die lig gesien. Die foto’s bevestig dat sy en die beweerde sigaretsmo­kkelaar, Adriano Mazzotti, mekaar ontmoet het.

Die joernalis Jacques Pauw het in sy boek oor staatskapi­ng, The President’s Keepers, beweer dat tienduisen­de rande uit die onwettige tabakhande­l aan Jacob Zuma en van sy familieled­e betaal is. Jacques het ook beweer Mazzotti het ruim bygedra tot Nkosazana se veldtog om haar eksman as president op te volg.

Nkosazana het egter teenoor die Sunday Times ontken sy het enige regstreeks­e of substantie­we verhouding met Mazzotti gehad of dat hy haar veldtog gesteun het. ■

 ??  ?? Die minister van samewerken­de regering en tradisione­le sake het ’n sentrale figuur geword in SuidAfrika se COVID-19-inperking. As medevoorsi­tter van die corona-bevelsraad maak sy reëls wat ons lewe oorheers.
RICHARD VAN RENSBURG
Die minister van samewerken­de regering en tradisione­le sake het ’n sentrale figuur geword in SuidAfrika se COVID-19-inperking. As medevoorsi­tter van die corona-bevelsraad maak sy reëls wat ons lewe oorheers. RICHARD VAN RENSBURG
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? In 2007, toe Thabo Mbeki deur Jacob Zuma by die ANC-leierskonf­erensie in Polokwane verslaan is, was Nkosazana ook in die wedloop – as Thabo se adjunk.
Maar in 2017 was sy die Zuma-kamp se kandidaat vir die presidents­kap van die ANC (en gevolglik die land). Hulle het geglo sy sou haar eksman en sy begunstigd­es beskerm teen vervolging weens beweerde korrupsie en staatskapi­ng. Sy het naelskraap
In 2007, toe Thabo Mbeki deur Jacob Zuma by die ANC-leierskonf­erensie in Polokwane verslaan is, was Nkosazana ook in die wedloop – as Thabo se adjunk. Maar in 2017 was sy die Zuma-kamp se kandidaat vir die presidents­kap van die ANC (en gevolglik die land). Hulle het geglo sy sou haar eksman en sy begunstigd­es beskerm teen vervolging weens beweerde korrupsie en staatskapi­ng. Sy het naelskraap
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa