Huisgenoot

SAMPIOEN-TIKKA MASALA

-

Vegetaries­e geregte wat met Indiese speserye gegeur word, is so lekker en daar is so ’n groot verskeiden­heid dat ek maklik ’n vegetariër kan word. Vir hierdie gereg gebruik ek dieselfde bestanddel­e as vir hoender-tikka masala. Jy kan trouens die sampioene met enige ander groente, hoender of lamsvleis vervang. Dis vinnig om te berei en die geure is intens.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 15 MIN. 1

500 g wit knopie- of portabelli­ni-sampioene, skoongemaa­k en in skywe gesny sout

30 ml (2 e) olyfolie

5 ml (1 t) fyngedrukt­e knoffel

1 ui, in skywe gesny

5 ml (1 t) matige kerriepoei­er

500 g middelslag-romatamati­es, in skywe gesny 1 groot groen soetrissie, in skywe gesny vars koljander

Plaas die sampioene in ’n groot braaipan saam 3

met ’n knippie sout en braai tot al die vloeistof van die sampioene verdamp het.

Voeg die olyfolie, knoffel en ui by en braai tot die ui sag is.

Voeg die kerriepoei­er by gevolg deur die tamaties, soetrissie en ½ t sout. Laat kook 10 min. oor matige hitte tot die tamaties en soetrissie sag is en die sous verminder het.

Rond af met die vars koljander en sit die sampioenti­kka masala voor saam met roti’s. (Blaai om)

PAP

500 g mieliemeel

2 L (8 k) water

1 vars suurlemoen, gehalveer eetblare blomme en vars koljander vir garnering

Verhit die olyfolie in ’n groot braaipan en voeg die ui, mosterdsaa­d, komynsaad, kerrieblar­e en knoffel by. Versap die tamaties in ’n verwerker en hou eenkant.

Meng die brandrissi­epoeier, koljander en komyn deur wanneer die ui versag het. Voeg die versapte tamaties en 5 ml (1 t) van die sout by en kook 20 min.

4 Vou die tamarynpul­p in terwyl die tamatiesou­s kook. Die sous sal donkerder word en die geur sal verander.

Voeg die vismedaljo­ns by en kook 5 min. of tot dit gaar is.

Meng die mieliemeel en water in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die oorblywend­e sout by. Roer wanneer dit begin borrel om te keer dat klonte vorm. 6 8

Die pap is gaar wanneer dit van die kante van die kastrol begin wegtrek. Dit moet sag wees, maar nie styf nie. Vorm die pap in ’n groot koepelvorm en plaas dit in die middel van ’n opdienbord. Maak ’n holte in die middel, soos dié van ’n vulkaan, en vul dit met die viskerrie. Wanneer jy begin eet en die mure van die vulkaan breek, sal die vis en sous “uitbars” en teen die kante afvloei. Bedruip die kerrie met vars suurlemoen­sap en garneer met die eetbare blomme en vars koljander voor jy dit voorsit.

 ??  ?? k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s)
AFRONDING 2 4 Afronding
k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s) AFRONDING 2 4 Afronding
 ??  ?? 1 2 5
Pap 7
1 2 5 Pap 7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa