Huisgenoot

VISKERRIE MET PAP

-

Ek is van Suid-Indiese afkoms, en ons is bekend vir ’n unieke styl viskerrie. Die gereg is sterk en suur en word met tamaryn en suurlemoen­sap gemaak. Mieliemeel, of pap soos ons dit ken, is gewild in die Indiese kultuur. Ons noem dit sangati of kali. Stel jou voor ’n vulkaan wat met ryk tamatiesou­s uitbars . . . Is jy nuuskierig? Dit is ’n ou Reddy-familieres­ep en ’n gereg wat jy met jou hande moet eet.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN.

GAARMAAK: 35-40 MIN.

KERRIE

125 ml (½ k) olyfolie 1 middelslag-ui, in skywe gesny

5 ml (1 t) swart mosterdsaa­d

5 ml (1 t) komynsaad 1 takkie vars kerrieblar­e 15 ml (1 e) fyngedrukt­e knoffel

1 kg romatamati­es

40 g brandrissi­epoeier 10 g fyn koljander

10 g fyn komyn

7,5 ml (1½ t) sout

30 ml (2 e) tamarynpul­p 1 kg visfilette, in medaljons gesny 3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa