Huisgenoot

SAAG PANEER

-

Paneer is ’n tuisgemaak­te Indiese kaas, maklik om te eet, sag en heerlik. Maak ekstra en vries dit vir later. Saag is spinasie wat saam met speserye fyngemaak is. Saam vorm dit die klassieke Indiese gereg saag paneer. Groen het nog nooit so goed gesmaak nie.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 30 MIN. STAAN: 2 UUR GAARMAAK: 30 MIN.

6 L volroommel­k

125 ml (½ k) witasyn 10 sondroë tamaties, gekap sout

2 bossies spinasiebl­are 30 ml (2 e) olyfolie

5 ml (1 t) fyngedrukt­e knoffel

1,25 ml (¼ t) garam masala 1,25 ml (¼ t) fyn komyn 1,25 ml (¼ t) fyn koljander 2,5 ml (½ t) brandrissi­epoeier AFRONDING vars room (opsioneel) vars koljander vir garnering

Bring die melk tot kookpunt in ’n diep kastrol terwyl jy aanhoudend roer. Verwyder die kastrol van die hitte sodra die melk begin kook.

Voeg die asyn, sondroë tamaties en ’n knippie sout by. Ná ’n paar minute sal die melk wrongel en van die wei begin skei. Giet dan die mengsel deur ’n moeselienl­ap en laat die wei dreineer. Knoop die moeselienl­ap toe. Laat dit heeltemal afkoel, plaas dit op ’n bord in die yskas en laat rus ’n swaar pan bo-op. Los die paneer 2 uur in die yskas om ferm genoeg te raak.

4 Plaas die spinasie in die bak van ’n voedselver­werker en verwerk tot fyngekap. Hou eenkant. Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die knoffel liggies. Voeg die fyngemaakt­e spinasie, garam masala, komyn, koljander, brandrissi­epoeier en ’n knippie sout by en braai 15 min. tot die spinasie in ’n ryk sous verdik.

Sny die paneer in happiegroo­tte-stukke en voeg dit by die saag.

7 AFRONDING Roer ’n bietjie vars room deur as jy wil. Garneer met vars koljander.

(Blaai om) 6

 ??  ?? 1 2 3 5
1 2 3 5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa