Huisgenoot

TANDOORI-HOENDER

-

Ek noem myself ’n foodie, wat beteken ek verstaan geur en hou van lekker kos. Waarheen ek ook al gaan, soek ek voortrefli­ke kookkuns. Tot dusver het ek nie ’n hoendertan­doori opgespoor wat dié een oortref nie. Jy kan dit in die oond of oor die kole maak. Dis belangrik om die hoender taamlik diep te keep sodat die marinade volkome geabsorbee­r word. Die jogurt en suurlemoen­sap in die marinade versag die vleis. Dus is dit ’n goeie idee om dit ’n paar uur te laat marineer voor jy dit gaarmaak.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 30 MIN. MARINEER: 4 UUR GAARMAAK: 20-30 MIN.

4 vellose hoenderstu­kke (boudjies en dye, of borsies) 250 g dubbelroom­jogurt 1,25 ml (¼ t) garam masala 1,25 ml (¼ t) fyn koljander 1,25 ml (¼ t) fyn komyn

60 ml (¼ k) suurlemoen­sap 5 ml (1 t) sout

30 ml (2 e) eiergeelkl­eurige voedselkle­ursel

VIR VOORSIT vars koljander komkommer- en sprietui-linte raita naan

1 2

Gebruik ’n skerp mes en maak kepe in die hoenderstu­kke tot by die been. Vir die dye en boudjies sal ’n paar kepe voldoende wees, maar omdat die vleis van die bors veel dikker is, sal die kepe kruis en dwars moet wees sodat die marinade egalig kan versprei.

Meng die res van die bestanddel­e in ’n bak om ’n marinade te maak. Voeg die hoenderstu­kke by en vryf met die marinade in tot dit goed bedek is. Bedek die bak met kleefplast­iek en laat die hoender ’n paar uur in die yskas marineer.

4 Jy kan die hoender in die oond of oor die kole braai. Hoe ook al, dit sal heerlik wees.

Rond af met die vars koljander en sit voor saam met die komkommere­n sprietuili­nte, raita en naan. 3 5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa