Huisgenoot

DURBANSE LAMSVLEIS-BUNNY CHOW

-

Durban het die bunny chow beroemd gemaak. Dis ’n gereg wat my na my kinderjare terugvoer. Met dié dat ek uit ’n gesin kom wat die kookkuns vier, is die skep van die beroemde bunny chow meer ’n wetenskap as ’n kuns. Die kuns lê waarskynli­k in die eet: Gebruik jou vingers!

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 40 MIN.

125 ml (½ k) olyfolie 1 middelslag-ui, in skywe gesny

3 kaneelstok­ke

5 ml (1 t) komynsaad 1 takkie vars kerrieblar­e 7 ml (1 opgehoopte t) gemmer-en-knoffelpas­ta 1 kg lamskenkel­s

2,5 ml (½ t) sout 1

50 g matige kerriepoei­er 4 middelslag-aartappels, gehalveer

1 ongesnyde brood gekapte vars koljander

Verhit die olyfolie in ’n groot, diep kastrol en braai die ui, kaneelstok­ke, komynsaad en 3 kerrieblar­e tot die ui deurskynen­d en sag is. Voeg die gemmer-enknoffelp­asta by gevolg deur die lamsvleis en sout. Meng goed. Voeg die kerriepoei­er by wanneer die lamsvleis begin braai en verbruin. Maak seker die lamsvleis is egalig met die pragtige speserye bedek. 5

Plaas ’n deksel op die kastrol en laat stoom om vloeistof te skep wat deel van die sous sal vorm. Roer elke paar minute. As daar nie genoeg vloeistof is nie, voeg ’n halwe koppie kookwater by. Voeg ná 20 min. die aartappels by en nog kookwater 6 indien nodig. Die kerrie is reg wanneer die aartappels deurgaar en sag is.

Sny die een punt van die brood af en verwyder die sagte binnekant van die brood met ’n mes.

Skep die kerrie in die brood-“bak” tot dit oorloop. Druk die sagte binnekante van die brood in enige oorblywend­e sous in die kastrol. Afronding Rond af met die gekapte koljander en sit met trots voor. ■

 ??  ?? AFRONDING 2 4 7 8
AFRONDING 2 4 7 8

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa