WATTER TEKSTUUR
Die veelsydige patroon pas goed by geweefde materiale. Blokkies het sterk struktuur nodig –kies dus gestruktureerde baadjies met opgestopte skouers en slenterbroeke met ’n ingetrekte middel. Dra dit by ’n belt vir ekstra definisie.