Huisgenoot

MOEG GEWAG VIR LIEFDESNAG

-

Ek is al ’n paar jaar lank in ’n verhouding met ’n man wat siek was; daarom kon ons nie enigsins seks hê nie. Ons staan ook nooit in ’n omhelsing nie en ons soene is dié van ’n broer en ’n suster. Ek het nou finaal die moed gehad om hom hieroor uit te vra, en hy sê hy voel niks seksueels vir my nie. Ek was so ontnugter. Hy het aangedui ons sal nooit ’n nag saam deurbring nie. Ek kan nie so leef nie. Tog, emosioneel het ons ’n sterk konneksie. Ons is albei bedagsaam en liefdevol in ons gebare teenoor mekaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa