Huisgenoot

LARA ATSON

-

Waaroor gaan dit?

Dié drama is gegrond op ’n ware skandaal wat in 2004 by die draaiboeks­krywer Mike Makowsky se hoërskool in

New York afgespeel het. Een van die kinders wat in die skoolkoera­nt se redaksie was, het die grootste geldverdui­steringske­ma by ’n openbare skool in Amerika se geskiedeni­s oopgevlek. Dit het miljoene dollars beloop. In die fliek word Frank Tassone (Hugh Jackman), ’n superinten­dent van Roslyn in die Long Island-skooldistr­ik, en sy assistent, Pam Gluckin (die Oscarwenne­r Allison Janney), aanvanklik geloof omdat hulle vir die skooldistr­ik aansien bring. Dit verander eensklaps toe ’n skoolkind hul geldverdui­steringska­ndaal ontbloot. Frank moet dan inspring en alles doen wat hy kan om dit toe te smeer.

Is dit goed?

Die fliek het wyd lof ingeoes. Die resensiewe­btuiste Rotten Tomatoes gee dit 94%. “Jackman bied ’n uitstekend­e vertolking van ’n man

HOOFFOTO: Hugh Jackman en Allison Janney in Bad Education. BO: Hugh en sy medesterre. Agter (van links) is Catherine Curtin, Michael Jay Henry, Robert “Toshi” Kar Yuen Chan, Dina Pearlman en Finnerty Steeves. LINKS: Geraldine Viswanatha­n speel Rachel Bhargava.

wat al so lank op soveel fronte jok dat nie eens hy meer seker is wat die waarheid is nie,” skryf die filmkritik­us Richard Roeper van die koerant Chicago Sun-Times. David Ehrlich van IndieWire noem dit “’n dekselse slim waremisdaa­ddrama waarin Hugh Jackman sy beste vertoning sedert sy 2006-rillerflie­k, The Prestige, lewer”. Nog ’n resensent meen dis ’n fliek wat gesien móét word en sê die regisseur, Cory Finley, vind die donker humor in die skandaal en beeld dit met ’n uitmuntend­e rolverdeli­ng uit.

2019. 104 MIN. 13T

OP SHOWMAX

DANGEROUS LIES

Riller.

Riverdale-ster

is te sien in dié riller wat gaan oor haar karakter, Katie, en dié se man, Adam

Die twee is ’n jong getroude paartjie wat sukkel om kop bo water te hou en hul rekenings te betaal. Katie word gehuur om die skatryk, bejaarde Leonard (Elliott Gould) te versorg. Leonard noem aan Katie dat hy saans geluide in sy huis hoor. Dan sterf hy en bemaak als aan haar. Dit alles is maar net die begin van hul nagmerrie.

2020. 97 MIN. 13.

OP NETFLIX

Die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa