Huisgenoot

Vertaal deur JACO JACOBS (Lapa Uitgewers,

-

WEBSLIM: HOE OM AANLYN VEILIG TE BLY

Tien belangrike dinge om te weet:

1 Daar is aanlyn gevare waarvan jy moet kennis dra, soos trolle, kuberboeli­es, nare sagteware en volwasse webtuistes.

2 Jy deel jou naam, adres, telefoonno­mmer, ouderdom, skool en detail oor jou gesin nét met jou familie en vriende.

3 Beskerm altyd jou selfoon en tablet met ’n geheime toegangsko­de.

4 As jy nie weet van wie ’n e-pos kom nie, vee dit

R176*) dadelik uit. Dis dalk ’n adverteerd­er wat jou gaan bombardeer met pespos as jy eers een keer sy e-pos oopgemaak het.

5 Mense wat jou rekenaar met skadelike sagteware (“malware”) wil beskadig, vang jou dikwels uit deur iets gratis soos ’n speletjie aan te bied. Moet nooit so ’n e-pos oopmaak nie – jy ken mos nie die mense wat dit vir jou gestuur het nie.

6 Wanneer jy by ’n sosialemed­iaplatform aansluit, kies dadelik “only my friends”. Jou profiel is soos ’n privaat klub waar jy die mense ken saam met wie jy uithang.

7 As iemand met wie jy aanlyn maats gemaak het jou in die regte lewe wil ontmoet, vertel dit vir jou ouers. Een van hulle moet saam met jou gaan om te kyk of dit regtig iemand van jou ouderdom is. Dalk is dit ’n grootmens wat net maak of hy so oud soos jy is en belangstel­lings deel. 8 Dink mooi voor jy ’n foto op die internet deel, want dit gaan vir altyd daar wees en jy weet nie wie dit kan misbruik nie. Moenie foto’s plaas wat te veel persoonlik­e inligting verklap nie.

9 As jy skielik ’n boodskap ontvang dat jy jou sagteware moet aanpas, vra eers jou ma of pa of dit waar is vóór jy dit oopmaak.

10 Wees op die uitkyk vir doxing. Dis wanneer iemand se inligting aanlyn geplaas word sodat hulle geboelie kan word.

B■

 ??  ?? is gemik op meisies van sowat 7-10 jaar.
is gemik op meisies van sowat 7-10 jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa