Huisgenoot

KOREANE SPEEL WEER BOFBAL

-

Wedstryde in die Koreaanse bofballiga het begin nadat dit ’n paar weke lank deur die coronaviru­spandemie vertraag is.

Streng maatreëls is ingestel: Spelers en hul afrigters se koors word gemeet voor hulle stadion toe mag gaan, almal moet maskers dra (die skeidsregt­ers ook), en spelers mag mekaar nie ’n vatvyf gee as hulle nie handskoene dra nie.

Daar word ook nie op die oomblik enige toeskouers toegelaat nie en die wedstryde word dus in dolleë stadions gespeel voor TV-kameras.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa