Huisgenoot

LEEUAPIES, BRASILIË

-

’n Nuwe brug wat in Brasilië gebou word, is goeie nuus vir leeuapies, wat net in klein stukkies reënwoud in dié land voorkom. Daar is min van hulle oor, want ontwikkeli­ng en landbou het groot dele van hul habitat vernietig en mense het hulle as troeteldie­re verkoop. Die brug gaan stukkies woud weerskante van ’n groot pad verbind. Groepe apies wat aan verskillen­de kante bly, kan so by mekaar uitkom. Daar is dus meer paarmaats, wat hul bevolking kan laat groei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa