Huisgenoot

WAAR DIE MURE

-

KENSINGTON­PALEIS: ’n indrukwekk­ende woning in die hartjie van Londen wat al eeue lank die tuiste van konings en koninginne, prinse en prinsesse is. As hierdie rooibakste­enmure net kon praat, sou hulle geheime vertel wat selfs die krasste luisteraar sou laat bloos.

Maar aangesien mure nie kan praat nie, het die Britse joernalis Tom Quinn diep gedelf om ’n fassineren­de nuwe boek, Kensington Palace: An Intimate Memoir from Queen Mary to Meghan Markle, te skryf.

Dit het omtrént ’n beroering onder koninklike aanhangers veroorsaak – en in dié sappige uittreksel sal jy sien hoekom.

PRINSES MARGARET

’n Mens se herinnerin­gs aan prinses Margaret en haar man, Antony Armstrong-Jones, word helaas altyd gekenmerk deur die passie en pyn van hul jare saam. Nes die meeste tragiese verhouding­s het hulle s’n snaakse oomblikke gehad, byvoorbeel­d hul gewoonte om

LINKS: Prinses Margaret en haar man, Antony Armstrong-Jones, het vurige rusies in die paleis gehad. briefies in hul Kensington­woonstel te los wat lui: “Hier is 10 redes hoekom ek jou haat . . .”

Ron Wilson, wat in die 1960’s in die paleis gewerk het, onthou “venynige rusies” wat oral in die paleis gehoor kon word.

“Sy (prinses Margaret) sou die aakligste dinge skree en het nie ’n duit omgegee of die vensters en deure oop was en almal kon hoor nie. Baie van hul rusies het gegaan oor die feit dat hulle meegeding het om te kyk wie kon by die meeste mense slaap – dit was hul manier om mekaar in eie munt terug te betaal.

“Sy sou seks hê met iemand en daaroor spog, en dan sou hy dieselfde gaan doen en haar daaroor inlig. Ek dink sy het eenkeer met een van sy mansvriend­e ge

‘Sy sou die aakligste goed skree en het nie ’n duit omgegee of almal kon hoor nie’

slaap en hy het toe aspris met dieselfde man geslaap.

“Toe sy dus skree: ‘Ek het jou vriend so en so ge **** ,’ het hy teruggekap met: ‘Ek het ook.’ Ek dink hy het gewoonlik hierdie skermutsel­ings gewen omdat sy altyd sonder ’n antwoord was wanneer hy haar vertel hy het seks met ’n man gehad. Ek dink nie sy het seks met vroue gehad nie – hoewel daar fluisterin­gs onder die personeel was.”

Ná die paartjie se egskeiding in 1978 het Margaret alleen by Kensington gewoon. Sy is verskeie kere in die media uitgebeeld as óf ’n hartseer, eensame vrou óf ’n kettingrok­ende feeks – die laasgenoem­de beskrywing het haar ál meer agtervolg weens haar stralerjak­kerbestaan en haar langtermyn­verhouding met die veel jonger Roddy Llewellyn, ’n tuinkundig­e en baronet. Toe die verhouding in 1973 vlam vat, was sy 43 en hy 25.

Prinses Margaret se reusewoons­tel het die uithangple­k geword vir die kunssinnig­e of dalk eerder “ongure” mense na wie se geselskap sy sedert haar jeug gesmag het. Daar’s min twyfel dat dit Antony se leefstyl tussen Vogue-modelle, modeontwer­pers, skilders en fotograwe was wat Margaret aanvanklik bekoor het – ’n huwelik met Antony was vir haar die deur na ’n lewe vol dwelms en drank, in sterk kontras met haar eie bestaan in daardie stadium, wat sy as bekrompe en beperkend beskou het.

Wanneer sy met Roddy Llewellyn, die sanger Cleo Lane, die dramaturg Noël Coward, die aktrise Elizabeth Taylor, die modeontwer­per Mary Quant en ander uitgehang het, het sy gevoel sy is een van hulle – boheems. Dis moontlik dat sy slegs gelukkig was wanneer sy gefuif het en later ál swaarder begin drink het.

Dit kon ook tot uiters vernederen­de oomblikke lei, onthou Ron Wilson: “Ek het eenkeer drankies by een van haar partytjies in woonstel 1A voorgesit, en sy het opgestaan om te sing. Almal het

LINKS: Margaret (heel regs) het saam met talle beroemdes uitgehang, insluitend Elizabeth Taylor (tweede van links). BO: Saam met haar aansienlik jonger kêrel, Roddy Llewellyn.

ONDER: Prinses Diana se huwelik met Charles het verbrokkel terwyl hulle in Kensington­paleis gewoon het. REGS: Ná hul egskeiding het sy die paleis as ’n toevlug begin sien. INLAS: Diana het ’n ongesonde obsessie met die kunshandel­aar Oliver Hoare ontwikkel. rondom die klavier gestaan terwyl sy ’n jazz-nommertjie sing, en terwyl sy gesing het, het ek seker gemaak ek staan doodstil. Sy sou my agterna omtrént uitgetrap het as ek voortgegaa­n het om in die vertrek rond te beweeg. Sy het almal se volle aandag verwag.

“Hoe dit ook al sy, selfs ek kon agterkom sy kon nie eintlik ’n noot sing nie – sy was heel van deuntjie af en haar tydsbereke­ning was ook nie waffers nie. Die pianis, wat werklik goed was, het sy bes gedoen om vir haar te skerm, maar dit was hopeloos.

“Dit was dalk oor sy dronk was, maar selfs nugter was sy nie so ’n goeie sangeres as wat sy gedink het nie. Teen die einde het almal natuurlik met goedkeurin­g gejuig en hande geklap. Sy was verheug.”

Margaret se probleem, of dit by haar eie partytjies of elders was, was dat sy onvervuld en ongelukkig was. Sy was diep ontevrede toe sy in 2002 op 71 dood is.

PRINSES DIANA

Verskeie boeke het al vertel van die mense wat Diana ondersteun het terwyl haar huwelik verbrokkel het. Baie van dié vertelling­s fokus op Diana se ongelukkig­heid, haar bulimie en romantiese verhouding­s ná haar egskeiding. Minder is geskryf oor hoe Kensington­paleis en sy tuine ’n amper fisieke troos vir die prinses geword het.

Die ontdekking dat haar man haar verneuk en selfs voor en tydens die vroeë dae van hul huwelik ontrou was, was ’n geweldige skok, en die rusies wat gevolg het terwyl Charles gemaak het asof dit sy geboortere­g was om ’n minnares te hê en dat Diana nie werklik so ’n bohaai moet opskop nie, het afgespeel in daardie pragtige opgeknapte woonstelle by Kensington.

Volgens een voormalige bediende by Kensington­paleis het die huwelik nie eens ’n gelukkige begin gehad nie.

“Daar is ’n mite dat Charles en Diana gelukkig saam was in hierdie pragtige paleis, minstens vir hul eerste paar jaar saam, maar die waarheid is jy kon hulle hoor baklei vanaf die dag dat hulle ingetrek het.

“Ek het dikwels gehoor hoe word foto’s en borde, blompotte en enigiets anders waarop hulle hul hande kon lê, rondgegooi in hul woonstel, tesame met ’n geskree en gegil, maar ons moes altyd diskreet wees, en soms wanneer ek ’n stryery gehoor het, het ek in die gang gewag tot dit bedaar.”

Terwyl die nagmerrie ontvou het, het Kensington­paleis ’n toevlug vir Diana geword, dalk omdat dit altyd meer van ’n tuiste vir haar as vir Charles was.

’n Bediende wat in daardie jare by Kensington­paleis gewerk het, onthou: “Diana was werklik lief vir Kensington. Dis waar haar kinders grootgewor­d het en waar sy gelukkig was; dis waar sy teen Charles opgestaan het.”

Nadat Charles in 1992 permanent uit Kensington­paleis getrek het, was dit duidelik dat Diana ’n gevoel van verligting ervaar. Kensington was die plek waar sy haar grootste hoogte- en laagtepunt­e beleef het: die een oomblik uitgelate en die volgende oomblik op die randjie daarvan om haar eie lewe te neem.

In die vyf jaar van 1992 tot met haar dood in 1997 was Diana se lewe by Kensington ’n vreemde mengsel van die ernstige, die stemmige en die uiters ligsinnige – laasgenoem­de het haar soms eksentriek­e sin vir pret en haar gewoonte om ander soos ’n stout skoolmeisi­e te skok en te vermaak verklap.

Daar was ’n deel van Diana wat die absurde beperkings verpes het, en sy het dikwels weggebreek op maniere wat haar sekuriteit­spersoneel, of haar “tronkbewaa­rders” soos sy spottend na hulle verwys het, bang gemaak het.

Daar was verskeie voorvalle wat tot ’n geskinder in die paleis gelei het, vertel iemand in die binnekring. Soos die keer toe sy op die punt van ’n parkbankie by die Round Pond (in Kensington­paleis se tuine, waarvan sekere dele oop vir die publiek is) gaan sit het en skynbaar nie opgemerk het ’n boemelaar knip ’n uiltjie aan die ander kant van dieselfde bankie nie. Hy het nie ’n benul gehad wie sy was nie, maar het wakker geskrik en met haar begin gesels; en alle eer aan haar, sy was nie in die minste gepla nie en het heel vrolik met hom gesels. Hy het selfs vir haar ’n drankie aangebied uit ’n uiters verdagte bottel wat in sy sak was.

Sy het beleef geweier, maar hulle het 20 minute lank heel gelukkig gesels. Hy het nie ’n benul gehad wie sy was nie.

Benewens die park was sy versot op haar klein, privaat ommuurde tuin, asook ’n daktuin wat nie altyd so privaat was as wat sy gedink het nie. Sy het dwarsdeur die somers van die laat 1980’s en vroeë 1990’s op haar dak gesonbaai, dikwels heeltemal kaal. Sy het af en toe, lomerig van die hitte, vergeet waar sy was en opgestaan – gerus in die wete dat niemand haar kon sien nie.

Daar was egter een geleenthei­d toe ’n spesifieke versperrin­g weg was en Diana skielik deur twee bouers aangestaar is. Voor sy vir haar klere kon duik, het albei diep gebuig en weggedraai.

“Hulle was dalk net bouers,” het een van die knegte later vertel, “maar hulle was nietemin ware gentlemen.”

Kensington­paleis was ook waar talle van Diana se liefdesver­houdings afgespeel het nadat haar huweliksbo­otjie op die rotse beland het. Winnifred (’n skuilnaam) vertel hoe die atmosfeer by Kensington in daardie tyd was: “Diana het erg obsessief geraak met ’n oudleerlin­g van Eton, die kunshandel­aar Oliver Hoare – amper op ’n versteurde wyse. Sy sou in vermomming in Kensington loop op soek na telefoonho­kkies van waar sy honderde oproepe na hom gemaak het.

“Dit het later so erg geword dat Oliver se vrou voorgestel het hulle bel die polisie. Dit moes hartverske­urend vir Diana gewees het toe ’n klein pakkie by Kensington­paleis aankom – daarin was ’n pragtige paar van haar oorlede pa se mansjetkno­pe wat sy vir Hoare as geskenk gegee het.”

DIE JONG KLOMP William en Kate woon in dieselfde woonstel as wat prinses Margaret en haar man se tuiste was – hoewel “woonstel” ’n absurde woord is vir ’n vierverdie­pinghuis wat die helfte van Clock Court beslaan – ’n groot deel van die paleis wat nooit vir die publiek oop is nie.

Toe Harry en Meghan by William en Kate aansluit, het die twee paartjies aanvanklik goed oor die weg gekom, maar daar was later onvermydel­ik spanning.

Soos een persoon in die binnekring verduideli­k: “Daar was altyd die waarskynli­kheid dat William en Harry aan

Diana het maar ’n eensame bestaan gevoer in Kensington­paleis terwyl sy met Charles getroud was. getrokke sou wees tot selfversek­erde, sterk vroue omdat hulle hul ma op so ’n vroeë ouderdom verloor het. Kate is eintlik een van die gaafste koninklike­s en het nie toegelaat dat die lewe in haar uiters spoggerige woning by Kensington kop toe gaan nie. Sy is gaaf teenoor haar personeel en was baie hartlik teenoor Meghan met haar aankoms.

“Maar dit was onafwendba­ar dat die spanning sou opbou omdat Meghan moes aanvaar dat hoewel sy ’n hertogin is sy nie getroud is met die toekomstig­e koning nie.

“Ek dink dit was vir haar moeilik, en hoewel Harry mal was oor hul kothuis op die perseel van Kensington­paleis, het Meghan geweet dis piepklein in teenstelli­ng met die uitgestrek­te woonstelko­mpleks waar Kate en William woon.

“Harry het niks om te bewys nie. Meghan het alles om te bewys. Dis die probleem. Ek weet, byvoorbeel­d, die spanning het so hoog geloop dat die koningin self van Buckingham­paleis na Kensington geneem is om die gekibbel te probeer stop.”

Maar dit was dalk onregverdi­g om van William en Harry se vroue te verwag om vriendinne te word.

“Ek stem saam,” sê ’n voormalige personeell­id. “Dis onregverdi­g, veral in die gespanne atmosfeer by Kensington, waar die ouer koninklike­s die nuwelinge verkwalik omdat die nuwes glansryker is

en meer mag binne die familie het.

“Die twee paartjies – ek bedoel Harry en Meghan, William en Kate – het aanvanklik oor die weg gekom en het mekaar nie eintlik baie gesien nie ten spyte daarvan dat hulle naby mekaar gewoon het. Maar om ’n koninklike te wees gaan later na enigeen se kop toe, en William en Harry het mekaar ná ’n ruk sonder hul vroue gesien om ’n gestry en stiltes te vermy.”

Luidens ’n berig in die satiriese tydskrif Private Eye: “Die wedywering tussen Meghan en Kate is ’n werklikhei­d. Kate bly so half op ’n afstand van alles, verseker in haar posisie as toekomstig­e koningin en die vrou en moeder van konings, met niks om te bewys nie. Maar haar skoonsuste­r besef nou sy sal nooit weer die grootste ster op haar kleedkamer­deur hê nie en dat haar rol op die koninklike verhoog net kleiner sal word.”

Die paniek wat dit veroorsaak het, was tasbaar by Kensington­paleis en verklaar hoekom Harry en Meghan na Frogmoreko­thuis op die perseel van Windsorkas­teel getrek het.

Die feit dat Meghan die septer swaai, is onthul toe Harry erken het: “Meghan kry wat Meghan wil hê.” Hierdie spesifieke stelling het na die paartjie se troureëlin­gs verwys, maar dis moeilik om te glo dat Meghan slegs so gefokus en vasberade in die aanloop tot die troue sou wees, en nie ook wat die res van hul lewens betref nie.

Wat die personeel by Kensington betref: Hulle het volgens betroubare berigte uiters onvleiende byname vir Meghan binne weke van haar aankoms begin gebruik. Sy is gedoop “Me-Gain” of die “hertogin van moeilikwee­s” of selfs “Di 2” en “Di Lite” – ’n wrede verwysing na wat sommige beskou as haar begeerte om Diana, prinses van Wallis, te oorskadu.

’n Voormalige lid van die publisitei­tspan by Kensington­paleis het gesê: “Meghan benader dit als asof sy steeds ’n aktrise is. En natuurlik is om deel van die Britse koninklike familie te wees soortgelyk aan toneelspel.

“Sy gaan nie toelaat dat ander vir haar voorskryf watter soort rol sy moet speel nie – sy wil die rol interprete­er soos sy goeddink en is bekommerd mense sal neerkyk op haar of haar anders behandel omdat sy ’n geskeide Amerikaner van gemengde afkoms is.

“En daar is die meer reaksionêr­e elemente in die koninklike familie wat op haar neersien, en sy weet dit. Dit laat haar soms oorreageer – sy het nie Kate se selfversek­erde manier van met mense omgaan nie.

“Dis wydbekend dat Kate met afgryse gevul was toe Meghan op ’n lid van Kate se personeel geskree het – dit was beslis die begin van gesprekke om Kensington­paleis te verlaat. En nes baie mense wat nie gewoond is aan bediendes nie, gaan

Meghan te ver met die baasspeler­igheid; aan die een kant wil sy soos Diana ’n prinses van die mense wees, en aan die ander kant wil sy hê mense moet spring wanneer sy haar vingers klap.” ■

‘Die spanning was onafwendba­ar omdat Meghan moes aanvaar dat hoewel sy nou ’n hertogin is sy nie getroud is met die toekomstig­e koning nie’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Pres. Barack Obama ontmoet William, Kate en klein George tydens ’n besoek aan Kensington­paleis in 2016. REGS BO: Prins Harry en Meghan Markle het buite die paleis foto’s laat neem toe die nuus van hul verlowing gebreek het.
BO: Pres. Barack Obama ontmoet William, Kate en klein George tydens ’n besoek aan Kensington­paleis in 2016. REGS BO: Prins Harry en Meghan Markle het buite die paleis foto’s laat neem toe die nuus van hul verlowing gebreek het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa