Huisgenoot

INPERKING BINNE DIE INPERKING

-

Die departemen­t van korrektiew­e dienste (DKD) wil alle gevangenes beskerm; daarom is besoeke “tot verdere kennisgewi­ng opgeskort”, sê ’n DKD-woordvoerd­er, Singabakho Nxumalo. Tronkowerh­ede het nog nie die kapasiteit om alle besoekers vir simptome van COVID-19 te skandeer nie. “Ons wil dit eindelik wel doen sodat besoeke kan hervat, maar weet nie wanneer dit sal wees nie.” Dié owerhede het ook nog nie die kapasiteit om pakkies te ontsmet voor dit aan gevangenes oorhandig word nie. Hy sê die departemen­t probeer die gevangenes bystaan deur vir hulle bankrekeni­nge te open waarin hul geliefdes geld kan deponeer vir basiese aankope by tronkwinke­ls. Singabakho sê dit is “onsin” dat geen telefoonop­roepe moontlik is nie. “Gevangenes word steeds toegelaat om hul geliefdes te bel.” Die DKD stel nie die syfers bekend van die tronke waar mense positief getoets het nie, vermoedeli­k om stigmatise­ring te voorkom. Singabakho beklemtoon dat streng voorkomend­e stappe gedoen word. “Streng sosiale distansiër­ing word gehandhaaf. Gevangenes sal steeds buite toegelaat word, maar verskillen­de afdelings sal op verskillen­de tye uit hul selle gelaat word. Tronkperso­neel word ook streng gemonitor sodat hulle nie die virus in die tronk inbring nie. “Daar is gesondheid­swerkers by al die tronke. Hulle is toegerus met die nodige beskermend­e toerusting en sal enige nodige hulp verleen.” Volgens Singabakho is daar ’n lys aangewese hospitale wat gevangenes sal opneem as hulle met COVID-19 siek sou word. Die departemen­t ontsmet ook tronke waar gevalle reeds voorgekom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa