Huisgenoot

Die dag toe iets my pa prikkel om uit die bloute ’n gentleman te word

-

TYDENS die inperking ry ek maar weer die onthoupaai­e . . .

Ons gaan kuier by my ouers op hul kusdorpie. Net twee dae omdat ons troeteldie­re tuis het. En ek en Dad het eenderse persoonlik­hede. Kuier ons te lank, dan krap ons aan mekaar.

Ons vroue wil die winkels en tuisnywerh­ede invaar. Die mans wil bier en aas koop, en seun soek lekkergoed en ’n visstok. Ons stop by die winkelsent­rum, beginne uitklim.

Nou moet julle weet, die mans in die motor is nie juis van gentlemans­toffasie gemaak nie. Ons vroue het mos arms gekry om self deure oop en toe te maak.

En vandag se motors klink of hulle uitmekaarv­al as jy die deur te hard toemaak. Maar ek is old school; ek wil die deur hóór toegaan. Nou ja, toe ek daai deur per ongeluk ’n bietjie hard toemaak, toe gooi my pa al sy poppe uit die prêm en gee my net daar ’n behoorlike oorvol.

Ewenwel, ek en Ma loop toe lekker rond sonder die mans, skinder en koop als wat mooi en lekker is.

Terug by die motor sit die mans al brommend en wag, die kattebak reeds oop vir ons inkopiesak­ke. Ons laai in. Maar net toe ek die kattebak met sy groot glasruit wil toeslaan, verander my pa ewe skielik in ’n gentleman. “Nee, los maar, my kind, sodat ek dit vir jou kan toemaak,” seg hy half benoud.

Die trane van lag rol steeds wanneer ek daaraan dink. Nog nooit het ek my pa so beleefd en hulpvaardi­g gesien nie. Hy het seker al gehoor hoe breek daai glas . . .

So, dit is waar wat hulle sê: ’n Man se eerste liefde bly maar sy motor.

KAZ, WES-KAAP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa