Huisgenoot

ONS SÁL HIERDEUR KOM

-

VOOR die oë van die wêreld is hulle glansryke figure wat oënskynlik in weelde leef en met blink motors rondry. Verskyn hulle op die verhoog of TV-skerm, kan jy hulle altyd deur ’n ring trek. Hulle is immers beroemd en daarom seker ook welvarend . . .

Maar die wrede werklikhei­d is dat selfs die grootste name in die Afrikaanse musiekwêre­ld nou swaar trek te midde van die coronakris­is. Die inperking en verbod op sosiale geleenthed­e het die meeste bronne van inkomste vir sangers laat opdroog. Met albumverko­pe wat wêreldwyd jaar ná jaar daal en die nuwe onsekerhei­d oor wanneer daar weer konserte en kunstefees­te gehou kan word, lyk die toekoms duister.

Die meeste erken pynlik eerlik: Optredes voor groot skares was hul brood en botter. Nou moet hulle maniere bedink om steeds ’n inkomste te verdien.

Vir party voel dit kompleet of hul loopbaan “op slag dood” is, soos die sangeres Cordelia dit stel.

Ander, soos Jak de Priester, moes noodgedwon­ge hul hand in die spaarvarki­e steek om te sorg vir kos op die gesin se tafel.

Ja, aanlyn konserte bied ’n uitweg, en musiekstro­omdienste ook, sê die meeste. Maar dis ’n skrale oes vergeleke met die inkomste uit optredes in lewende lywe.

Tog klink hoop soos ’n refrein in onderhoude met ons voorste sangers op. “Nou is ons kaalvoet, en COVID-19 is ons Drakensber­g, maar ons sal hieroor kom,” sê die sangeres Elizma Theron vasbeslote. En die rapper Early B beaam: “’n Mens kry altyd ’n way.”

Huisgenoot het gaan aanklop by van die sangers wat swaar getref is deur die inperking.

‘Ons is kaalvoet, en COVID-19 is ons Drakensber­g’

 ??  ?? VERSLAGSPA­N
VERSLAGSPA­N

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa