Huisgenoot

MY HEL VIR ‘STOKKIES’

’n Vrou vertel van haar stryd toe ’n sigarettra­nsaksie in erge teistering ontaard het

- Deur

IE inperking was al byna twee maande oud, en die jong vrou van Bloemfonte­in het nes baie van haar landgenote die byt van die streng

begin voel. In haar geval: die kalmerende uitwerking van ’n sigaret wanneer haar gemoed donker word.

Oral in die sosiale media het rokers stoom afgeblaas oor hul misnoeë oor die verbod op sigaretver­kope, en stories het die rondte begin doen oor hoe maklik sigarette in die sluikhande­l bekombaar is.

En daar swig Jeanette Jonker (26) toe voor haar rookbehoef­te. Die aand van 9 Mei tik sy op ’n plaaslike Facebookgr­oep: Waar kan ek “stokkies” kry?

As sy maar net geweet het waaraan daardie hulpkreet haar sou blootstel . . .

Dis weke later toe sy in ’n openhartig­e videogespr­ek met Huisgenoot gesels, en dis duidelik Jeanette is deur ’n skrikwekke­nde tyd. Want ná daardie aanvanklik­e inskrywing het haar lewe byna ontspoor.

Ene Narie Bezuidenho­ut het op haar Facebookbo­odskap gereageer en aangebied om te help. Hy het homself as Nardus voorgestel, en hulle het ooreengeko­m dat haar verloofde, Charl Willemse (29), hom die volgende dag vir die transaksie ontmoet. Maar Nardus het net die geld gevat en laat spaander sonder om die “stokkies” te gee.

Jeanette het haar weer tot Facebook gewend. “Ken enigiemand hierdie ou? Ek weet sy naam is Nardus, maar dis dit. Hy’t pas R600 gesteel en daarmee weggehardl­oop. Hospitaalp­arkomgewin­g. Asseblief help my dat ons hom kry,” het sy by ’n foto van hom geskryf.

Toe kontak Nardus haar en dring daarop aan dat sy die plasing verwyder. “Nardus het vir my gesê ek moet ‘so aanhou; ek sal sien wat gaan gebeur’,” beweer sy.

Sy het geweier – en toe begin die nagmerrie. “Toe ek weer by my foon kom, sien ek daar was binne ’n halfuur seker 200 boodskappe, almal van mans. Die vieslikste boodskappe . . .”

Dié boodskappe wat na haar selfoonnom­mer gestuur is, was van ’n eksplisiet seksuele aard. Sy het vermoed Nardus het iets gedoen om haar terug te kry vir die foto van hom wat sy geplaas het. Later het dit geblyk foto’s is in daardie tyd van haar Facebookbl­ad afgelaai en op ’n aanlyn seksgroep gedeel tesame met haar selfoonnom­mer – oënskynlik deur Nardus. Dié groep het sowat 6 000 manslede.

Die boodskappe het bly instroom.

“Ek was histeries. Ek kon sedertdien nie eet of slaap nie. Ek is heeltyd huilerig, humeurig en bang,” vertel Jeanette.

Sy het op 17 Mei ’n verklaring by die Valke ingedien. En op 20 Mei, 10 dae nadat haar nagmerrie begin het, is Nardus Bezuidenho­ut (27) in Bloemfonte­in deur polisieled­e van die Parkweg-polisiekan­toor in hegtenis geneem.

Maar sy is steeds angstig, vertel Jeanette ná sy inhegtenis­neming. Sy weet haar foto’s en nommer is daar buite; wat as iemand uitvind waar sy woon?

“Nadat hy my foto’s op daardie blad geplaas het, het hy vir my gesê hy geniet dit! En dat hy klaar besig is om ’n pornovideo te maak met my gesig in; dat hy nog nie eens begín het nie.”

DIE tuisblyma van twee, wat as ’n skoonheids­produkteko­nsultant werk, sê sy het vyf jaar gelede begin rook. “Ek het angs en depressie; dus as ek nie kan rook nie,

Jeanette het Nardus op Facebook verkla nadat hy glo met haar geld verdwyn het nadat sy sigarette wou koop. Hy het glo ook ander mense ingeloop wat kruidenier­sware wou laat aflewer.

raak ek angstig. Toe ek die aand van 9 Mei vra wie stokkies verkoop, was ek eers bly toe hy my kontak.”

Nardus, wat verskeie egte en valse Facebookpr­ofiele het en op sommige homself “Narie” noem, het vir haar ’n Facebookbo­odskap gestuur: “Hi, het jy reggekom?” En die volgende oggend: “Hier is my nommer, ek kan jou help.”

“Ek het gesê ek is op soek na ’n carton

Camel Double, toe sê hy dit gaan my R1 200 kos. Toe sê ek, nee, f**, ek het nie so baie geld nie! Ek soek enige goedkoop sigarette.”

Hulle het toe ooreengeko­m dat sy R600 vir ’n karton van 10 pakkies sou betaal. “Ek was te bang om dit self te gaan haal; dus het my verloofde na die kafee in Hospitaalp­ark gery.”

Charl, ook ’n roker, vertel hy het sowat ’n uur gewag voor Nardus eindelik om die draai gestap het. Hy het gevra Charl moet in die stegie agter die kafee gaan wag. Charl het nie onraad vermoed nie en die geld vir Nardus gegee. “Hy het gesê hy gaan net gou die sigarette haal. Toe hy weer om die draai verdwyn, het ek gedink, oukei, hulle gaan seker hul deals

daar doen.”

Maar dit was die laaste sien van Nardus. “Ek was moer kwaad!” vertel Jeanette oor haar besluit om op Facebook oor die voorval te skryf. “Ek wou hê almal moes weet dis ’n scam.”

Nardus se beweerde wraak nadat Jeannette nie die boodskap wou verwyder nie, was vir haar sowel as Charl traumaties.

“Die boodskappe het aanhou instroom. Een man het my sommer kaal ge-videocall. Ander het by my foto’s geskryf wat hulle met my wil doen,” vertel sy.

Charl sê hy het magteloos gevoel oor die teistering. “Jy weet, ons is nie mense

wat sommer net die wet oortree nie. Maar as jy so lank al rook, kry jy onttrekkin­gsimptome.”

’n Week later het Jeanette gevoel sy wil ’n einde maak aan alles – veral ná Nardus se dreigement oor ’n pornovideo. “Ek het in so ’n trance ingegaan dat ek net ’n hand vol pille gedrink het. Ek wou nie meer lewe nie. Ek wou net hê dit moes stop.”

Daarna het sy besef sy moet polisie toe gaan. “Kyk, ek was eers bang, want ek het geweet as ek nou vir die polisie moet sê ek het sigarette probeer koop, gaan hulle my toesluit. Maar toe kom ek by die punt waar ek net dink: Genoeg is genoeg. Ek gee nie om wie hulle toesluit vir die sigarette nie; die teistering moet net stop.”

Nog ’n beweerde slagoffer van Nardus, wat anoniem wil bly, vertel sy het gereageer op ’n advertensi­e waarin Nardus aanbied om kruidenier­sware te koop en af te lewer. “Vir ons het hy gesê hy het ook sigarette en drank as ons sou belangstel. So ja, wie sal nou nee sê as jy ook so ’n ou ietsie kan kry om te drink in die lockdown! Ek het aangeneem die arme ou

Jeanette en haar verloofde, Charl Willemse, het twee kinders saam. sukkel, want hy het baie nice voorgekom. Glad nie soos ’n skelm nie,” vertel sy.

Volgens haar het hy toe met R2 300 spore gemaak.

Een van die mense wat op Jeanette se boodskap oor Nardus kommentaar gelewer het, is ’n familielid van hom. Dié beweer aan Huisgenoot Nardus het in 2013 by hul woonstel ingebreek. En Nardus se suster sê op Facebook: “Ons voel al so verneder, oral loop hy en k** aanjaag. Ons is al so skaam. Dit breek ons familie om dié dinge te sien.”

Huisgenoot het ook op twee afsonderli­ke Facebookwa­arskuwings oor Nardus afgekom. In albei gevalle het hy na bewering met die mense se geld padgegee.

TOE Huisgenoot ao. Lynda Steyn van die Valke oor die bewerings teen Nardus kontak, het sy bevestig die polisie is op sy spoor weens talle bewerings van diefstal. Jeanette het toe ook haar eie verklaring teenoor die Valke afgelê. Hy is drie dae later vasgetrek terwyl hy doodluiter­s langs Curielaan in Bloemfonte­in gestap het. Sigarette en drank is by hom gekry. En Jeanette?

Sy moes die moeilike besluit neem om nie haar foonnommer te verander nie. “Dis al my kollegas en kliënte; al die nuwe kliënte wat nog beloof het om bestelling­s te maak. As ek dit nou sou doen, is my hele ondernemin­g daarmee heen.” Sy besef sy moes versigtige­r gewees het. “Kyk, sigarette gaan mense aanhou koop. Een groot fout was dat my Facebook-settings nie privaat was nie; dis waar hy al my foto’s gekry het. Ek het dit nou na privaat gestel.”

Dan sidder sy. “Dis goed en wel dat Nardus nou gevang is. Maar daar is duisende mans daar buite wat weet hoe ek lyk. Ek weet nie of ek ooit weer dieselfde gaan wees nie.” ■

Ao. Lynda Steyn, ’n Valkewoord­voerder, het bevestig Nardus het op Vrydagogge­nd 22 Mei in die landdrosho­f in Bloemfonte­in verskyn. “Hy is voorlopig daarvan aangekla dat hy die inperkings­regulasies verbreek het aangesien hy in die openbaar met drank in sy besit gekry is. Die aanklagte wat uit Jeanette se verklaring spruit, sal na verwagting teen Maandag by die klagstaat gevoeg word.”

B

 ??  ?? JANA VAN DER MERWE
JANA VAN DER MERWE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa