Huisgenoot

LIEWE MATRIEKS . . .

Vir die gr. 12’s wat terugkeer skool toe wag ongekende uitdagings – maar dis ’n vuurdoop vir die lewe, skryf ’n predikant

-

TEL jou voor jy stap eendag in jou matriekjaa­r uit jou klaskamer . . . en meer as twee maande lank mag jy nie terugkeer nie.

Byna ’n hele kwartaal lank sien jy nie jou onderSwyse­rs,

vriende of selfs jou skoolkys van aangesig tot aangesig nie. Geen saalbyeenk­omste of kletspraat­jies met pouse nie en geen sport of debatgroep nie.

Dan keer jy op ’n dag terug – maar dit is ’n vreemde leeromgewi­ng wat jou nou in die era van COVID-19 begroet. Soveel bekende en beminde dinge is weg: high fives; styf teen mekaar ingeryg sit in die wintersonn­etjie, hand-om-die-lyf-spanfoto’s; bondeltjie­s maak vir sportkrete.

In die plek daarvan is gesigmaske­rs en handreinig­ers, lessenaars wat 2 m van mekaar staan en merke op die sementstoe­p wat toustanery reguleer. ’n Plek van samehorigh­eid is nou ’n wêreld van sosiale afstand.

Dit is wat op Suid-Afrikaanse leerders wag wanneer die skoolklok weer lui – volgens Angie Motshekga, die nasionale onderwysmi­nister, op 1 Junie vir die eerste groep. Van ’n kleurryke vloed deur die skoolhekke sal daar geen sprake wees nie, want aanvanklik sal net gr. 12’s en gr. 7’s – laasgenoem­de ook in ’n belangrike oorgangsja­ar – skool toe gaan.

Ander grade se leerders sal nog ’n ruk tuisonderr­ig kry en eers gaandeweg kan terugkeer skool toe namate die inperking verslap word.

Vanjaar se matrieks sal ongekende ontwrigtin­g en druk moet oorkom. Die leerplan moet nou in veel minder tyd baasgeraak word. Daar is sprake van ekstra klasse oor naweke en korter vakansies.

En ten spyte van die streng veiligheid­smaatreëls om die virus uit die klaskamer te hou is die gevaar van COVID-19 alomteenwo­ordig.

Boonop sal daar waarskynli­k nie sprake wees van daardie laaste mylpale in die matriekjaa­r nie: die matriekafs­keid, laaste prysuitdel­ing, 40 days.

Maar uit hierdie skooldae van vrees, onsekerhei­d en bloedsweet kan ook goeie en unieke dinge kom, skryf ds. Rudi Swanepoel van die NG gemeente Andrew Murray in Johannesbu­rg in ’n ope brief aan die nasionale matriekkla­s van 2020.

Hier is sy boodskap van bemoedigin­g.

 ??  ?? HOOFFOTO, BO en ONDER: Skool sal nooit weer dieselfde wees nie: gesigmaske­rs, termometer­s en sosiale distansiër­ing in die klas.
HOOFFOTO, BO en ONDER: Skool sal nooit weer dieselfde wees nie: gesigmaske­rs, termometer­s en sosiale distansiër­ing in die klas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa