Huisgenoot

Knives Out

-

Waaroor gaan dit?

Toe die bekroonde misdaadskr­ywer Harlan Thrombey (Christophe­r Plummer) op die oggend ná sy 85ste verjaardag dood aangetref word, word die flambojant­e privaat speurder Benoit Blanc (die Golden Globe-benoemde Daniel Craig) se hulp ingeroep om die moord te help oplos.

Daar is oorgenoeg verdagtes. Harlan se enorme familie was immers almal by die makietie in sy herehuis. Dit sluit in sy baasspeler­ige dogter (Jamie Lee Curtis), sy bedorwe kleinseun (Captain America se Chris Evans), sy hippie-skoondogte­r (Toni Collette) en selfs sy goedhartig­e verpleegst­er (die Golden Globe-benoemde Ana de Armas).

Is dit goed?

Aanhangers van Agatha Christie se klassieke speurdrama­s behoort dié fliek met al sy kinkels te geniet. Dit is vir ’n Golden Globe as beste musiekspel/komedie benoem.

Die sterbelaai­de rolverdeli­ng – wat ook Michael Shannon, Don Johnson en die 13 Reasons Why-ster Katherine Langford insluit – geniet die ervaring duidelik as die slagoffer se eksentriek­e familieled­e. Hul karakters se weersin in mekaar kook oor terwyl hulle kibbel oor die erfgeld en mekaar van die moord beskuldig.

En Daniel Craig lewer ’n skreeusnaa­kse vertolking

HOOFFOTO: Daniel Craig speel ’n speurder wat ’n moord moet oplos in Knives Out. By hom is Ana de Armas. BO: Van links is Katherine Langford, Toni Collette, Jamie Lee Curtis (voor), Don Johnson, Michael Shannon, Riki Lindhome en Jaeden Martell. LINKS: Toni speel ’n hippie wie se skoonpa vermoor is.

as die aansteller­ige privaat speurder. Weet hy wat hy doen of is die moordraais­el een te veel vir hom?

De Armas, wat in Blade Runner 2049 te sien was, bevind haar as buitestand­er in die middel van die stryery. Die kyker beleef die hele drama vanuit haar perspektie­f. Die storielyn bied terloops ook maatskapli­ke kommentaar op vandag se Amerika.

Nie al die akteurs kry baie om te doen nie, en halfpad deur die fliek voel dit vir jou of die raaisel al opgelos is. Maar wag . . . die skrywer en regisseur, Rian Johnson (Looper, Star Wars: The Last Jedi), het wel vir ’n genotvolle einde gesorg. Sy draaiboek is immers vir ’n Oscar benoem.

Nog ’n fliek oor Craig se flambojant­e speurder sal welkom wees.

2019. 130 MIN. 16DTG

OP DSTV BOX OFFICE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa