Huisgenoot

Die toneel wat haar by die kajuit inwag, tref haar soos ’n vuishou in die maag

-

wat elke gesprek na haar gewig stuur en alewig kla sy’s vet terwyl sy eintlik riemskraal is. Maryna het haar nog altyd vervies vir haar vriendin se beheptheid met kos en oefening.

Sy het ook gedink Yolandie kyk neer op haar wat lief is vir lekker eet en nie juis mal is oor oefening nie.

Maar het die irritasie en onsekerhed­e oor haar eie liggaam haar blind gemaak vir die geestelike wroeging waarmee haar vriendin dalk saamleef ?

Skielik is Maryna dankbaar vir haar lyf. Die een waaroor sy die afgelope paar maande geswoeg, gesweet en gestres het. Een wat bowenal gesond is.

Sy klop saggies aan Yolandie se kamerdeur – die een langs haar eie. Toe daar nie antwoord is nie, draai sy aan die deurknop. Dis oop. Sy loop in die kamer in. Rou snikgeluid­e begroet haar uit die badkamer. Sy stap haastig soontoe.

Die toneel wat haar inwag, tref haar soos ’n vuishou in die maag. Haar vriendin lê ineengesak op die badkamervl­oer met haar arms om die toiletbak en haar kop teen die sitplek. Haar oë is opgeswel en bloedrooi gehuil.

“Is jy seesiek?” vra sy, maar sy ken reeds die antwoord. Yolandie kyk op na haar vriendin, sien die besef in haar oë en begin weer onbedaarli­k huil.

Woordeloos maak Maryna ’n waslappie by die wasbak klam en vee haar jare lange vriendin se mond en gesig sagkens skoon. Dan gaan sy langs haar op die badkamervl­oer sit, neem haar uitgeteerd­e liggaam in haar arms en sus haar tot haar snikke eindelik bedaar.

TEEN skemer tref Karlien die twee langs die swembad aan waar hulle met hul tone in die water sit, styf teen mekaar en diep in gesprek – Yolandie praat vol erns en Maryna kyk deernisvol na haar en knik begrypend. Dis die eerste keer wat Karlien hulle só sien.

“En as julle so ernstig is?” vra Karlien. Haar vriendinne kyk op, en albei lyk ligter as wat hulle in jare gelyk het.

“Ons besluit sommer of ons dit sal waag,” antwoord Maryna en beduie met oë wat glinster na die swembad.

Karlien kyk geamuseerd toe hoe die twee vriendinne opstaan, mekaar se hande vat en sarongs en al in die swembad spring. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa