LIZETTE BOOYS (29), WISKUNDEONDERWYSERES
WISKUNDE het nog altyd vir my maklik gekom. Op skool was dit my favourite vak. As ek huiswerk gehad het, het ek eerder my wiskundehuiswerk gedoen as die ander vakke se huiswerk. As ek gesukkel het met ’n wiskundesom, was dit éérs vir my lekker.
Ek dink ’n mens geniet iets wat jy maklik vind en wat jy gou kan leer. Wiskunde is ’n oefenvak, en omdat ek so mal is daaroor, was dit ’n ding wat ek nie omgegee het om te oefen nie.
Mense het oor die jare altyd vir my gesê ek is slim. Dan sê ek: Nee, ek is geseënd met ’n talent. Nes ander mense met verskillende talente geseënd is. Wiskunde is die gawe wat ek gegee is.
Onderwys is in my bloed. Al my aunties en ooms is onderwysers. Daai tyd was onderwys al wat hulle kon kies. My een oom, Henry Booys, is ongelukkig oorlede, maar hy was ’n baie goeie en inspirerende onderwyser. Hy sou nou in Mei 60 jaar oud geword het. Hy het sy meestersgraad ontvang net ’n paar maande voor hy gesterf het.
Toe ek op skool was, wou ek heeltyd iets anders geword het. Ek wou forensies gedoen het, en toe wou ek ’n argitek word soos my pa, Trevor Booys.
My ma, Elizabeth, het gesê daar gaan altyd kinders wees wat moet leer en mense wat siek is, so jy moet óf ’n onderwyser óf ’n verpleegster word.
In gr. 12 het ek vir my wiskundemeneer gesê ek wil ’n onderwyser word. Hy het gesê die enigste manier hoe jy gaan leer, is om praktiese werk te doen en het my toe aangeraai om van my eerste jaar af ander te begin tutor.
Ek het onderwys aan die Universiteit