Huisgenoot

HELP, EK IS IN DIE ROOI!

Die inperking het baie mense se finansies erg geknou. Wat kan jy doen as die boeke nie meer klop nie?

-

DIE vrees en onsekerhei­d knaag aan jou en hou jou snags wakker – nie net oor die onsigbare coronaviru­s wat ál meer Suid-Afrikaners infekteer nie, maar oor die impak van die inperking op jou geldsake. Want dis ’n nagmerrie waaruit jy net nie kan wakker skrik nie: Jy is jou inkomste of ’n gedeelte daarvan kwyt, en jy het skuld wat ophoop. Magteloosh­eid, woede en wanhoop dreig om jou te oorweldig.

Die streng inperkings­reëls se doel is om lewens te red. Maar die gevolglike werklooshe­id, ’n verminderd­e of algehele verlies aan inkomste en droewige finansiële vooruitsig­te is vir miljoene SuidAfrika­ners nou die ware gesig van die pandemie en sy gevolge.

’n Onlangse peiling deur die finansiesm­aatskappy JustMoney wys driekwart van die respondent­e se huishoudel­ike inkomste is beduidend deur die pandemie benadeel.

“Baie Suid-Afrikaners moes aanvaar hul salaris word gesny en hoop dat hulle ná die inperking nog ’n werk sal hê. En die meeste klein ondernemin­gs in SuidAfrika kon skaars een maand sonder inkomste oorleef,” sê Neil Roets, hoof van die skuldberad­ingsmaatsk­appy Debt Rescue.

Die finansiële beplanner Warren Ingram se raad is om nie ver vooruit te beplan nie. “Doen die nodige om jou persoonlik­e en ondernemin­gsfinansie­s vir drie maande staande te hou. Ná drie maande beplan jy vir die volgende drie maande. Hou so aan tot die inperking verby en die pandemie onder beheer is.”

Wat is jou opsies as jy kniediep in die moeilikhei­d is?

OPLOSSINGS OP KORT TERMYN

 ??  ?? Baie mense is raadop met die erge finansiële druk wat tans talle huishoudin­gs knel.
Baie mense is raadop met die erge finansiële druk wat tans talle huishoudin­gs knel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa