Huisgenoot

Gin-en-tonic

-

Roux en Inus Smit, van die bottels wat hulle sou uitvoer plaaslik moes verkoop. “Voor die inperking begin het, het ons betreklik baie voorraad gehad, maar dis nou byna op. Ons is nou besig om produksiel­yne aan die gang te sit om nog 20 000 kiste beskikbaar te hê,” sê Johannes. “Ons het pas gehoor ons verkope het met 400% toegeneem vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar.

“Ek dink mense het van die geleenthei­d gebruik gemaak om dit op die proef te stel. Hulle hou dalk selfs so baie daarvan dat hulle ná die inperking dit sal aanhou koop,” voeg hy by.

Daar was voor die inperking al ’n toename in die verkope van produkte sonder alkohol, beaam Bonita. “Namate mense ’n gesonder leefstyl nastreef of minder drink, is daar die afgelope 12 tot 18 maande ’n groter vraag na dié soort produkte.”

Die neiging om gesonder te leef het na die drankmark oorgespoel, beaam Kirby Hendricks, ’n dieetkundi­ge van Kaapstad. “Namate mense meer bewus word van wat hulle in hul liggaam plaas, is daar ’n groter behoefte aan produkte van hoë gehalte wat alkoholvry is of ’n lae alkoholinh­oud het.”

Die oordadige inname van alkohol kan volgens Kirby verskeie gesondheid­sgevare inhou: verhoogde bloeddruk, ’n hoër risiko vir hartsiekte­s en beroertes, verhoogde inflammasi­e en lewersiekt­es.

Sy maan mense om nie sommer goedsmoeds te aanvaar ’n niealkohol­iese drankie is gesonder nie.

“Dit hang af hoeveel jy daarvan drink – sommige van dié drankies bevat weer baie suiker.”

Huisgenoot kyk na van die opsies wat jy kan oorweeg as jy wil aanhou om minder alkohol in te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa