Huisgenoot

EINDELIK TERUG – EN HÓÉ!

Ná steel Sandra Oh opnuut harte in haar nuwe rol in die trefferree­ks

-

SSaamgeste­l deur

Y WAS die een helfte van seker die beroemdste vriendskap tussen twee vroue op die kassie – dié tussen die dokters Cristina en Meredith in Grey’s Anatomy. En die dag toe Cristina die program groet, het dit gevoel asof die gewilde reeks net nooit weer dieselfde sou wees nie.

Die aktrise Sandra Oh se karakter, Cristina Yang, het so diep in kykers se harte ingekruip dat hulle die karakter gemis het nog lank nadat sy haar hospitaalj­as finaal uitgetrek het.

Sandra (48) het geweet dit sou nie maklik wees om die geliefde karakter af te skud wat sy byna ’n dekade lank gespeel het nie. Trouens, die aktrise het vir amper vier jaar van die skerm verdwyn.

Sy het ook geweet dit sal dalk ’n hele rukkie neem voor sy ’n rol kry wat kan kers vashou by die een van die begaafde chirurg met die skerp tong en sagte hart.

Daar was wel ’n hoofrol in ’n goedkoop rolprent hier en ’n ondersteun­ende rol in ’n komedie daar. Maar niks het naby Cristina, die beste vriendin en vertroueli­ng van Meredith Grey (gespeel deur Ellen Pompeo) in die hospitaalr­eeks, gekom nie.

En dit het jare geduur voor ’n betekenisv­olle aanbod weer opgeduik het. Maar toe kon sy eindelik iets aanpak wat meer om die lyf het – en haar aanhangers is gek oor haar nuwe program, wat onlangs op Fox (DStv-kanaal 125) begin het.

In Killing Eve speel Sandra die hoofkarakt­er, Eve Polastri, ’n agent in die Britse geheime diens, MI6. Die reeks gaan oor haar obsessie om die psigotiese sluipmoord­enaar Villanelle, gespeel deur die Britse aktrise Jodie Comer, vas te trek.

Dis ’n byna onmoontlik­e taak waarvoor Eve bereid is om alles op die spel te plaas, selfs haar huwelik en haar lewe.

Villanelle is net so behep met Eve, en in elke episode pak hulle mekaar in ’n epiese spel van kat en muis. “Gewoonlik word Eve en Villanelle uitmekaarg­ehou en in ’n stadium bots hulle met mekaar,” sê Sandra.

Dis dié plofbare dinamika waarvan kykers nie genoeg kan kry nie.

“Wanneer hulle in dieselfde vertrek is, is daar hopeloos te veel energie,” verduideli­k Sandra. “Hulle is soos twee vonke wat ontplof wanneer hulle bymekaar is; tog het hulle mekaar nodig.”

En nes met Grey’s se Christina en Meredith destyds, is die band tussen die twee vroue weer boeiend.

DIE riller is by tye snaaks, en die humoristie­se oomblikke gee Sandra volop geleenthed­e om haar veelsydige talent in te span. “Daar is gek, intense oomblikke van hoë drama, wat vreeslik oordadig is, maar volkome in die waarheid gegrond,” sê sy. “En te midde van al die histerie is daar dan die belaglikhe­id.”

Al is Eve aan haar werk toegewy, is sy nie naastenby so taai soos die genadelose Villanelle nie. Sy is byvoorbeel­d nie baie behendig met ’n vuurwapen nie en het ’n gewoonte om te skree wanneer sy bang is.

Die program, wat op die Villanelle­romans deur Luke Jennings gegrond is, kry goeie resensies sedert dit in 2018 die eerste keer in Amerika uitgesaai is, en ’n tweede seisoen het gou gevolg.

Al kyk Suid-Afrikaners nou seisoen een, trek dit in Amerika reeds by die derde seisoen.

Sandra sê die rol was presies waarna sy gesmag het.

Voorheen het sy nooit na haarself op die skerm gekyk nie omdat dit haar selfbewus gemaak het. Dit het beteken sy het nooit ’n enkele episode van Grey’s Anatomy gekyk nie. Sy erken wel sy verkyk haar nou aan Killing Eve.

Die enigste mense wat meer opgewonde

Pa Oh Jun-su en ma Jeon Young-nam voor ’n Hulle verstaan nou haar loopbaanke­use en is ontsettend trots op haar.

as Sandra is oor die sukses van die reeks, is haar ouers, Oh Jun-su en Jeon Young-nam.

Toe Sandra verlede jaar ’n Golden Globe vir beste aktrise in ’n televisied­rama opraap, kon haar pa nie sy vreugde verberg toe sy op die verhoog stap om haar prys te ontvang nie.

’n Videogreep waarin Oh Junsu staan en rondkyk asof hy wil seker maak almal in die vertrek is bewus van sy dogter se prestasie, het toe soos ’n veldbrand versprei.

Sandra sê haar ouers se aanvanklik­e bedenkings oor haar loopbaanke­use was haar grootste motivering om sukses te behaal.

Met ’n suster, Grace, wat ’n prokureur is, en ’n broer, Ray, wat ’n mediese genetikus is, het sy gesukkel om haar Koreaanse immigrante­ouers te laat vrede maak met haar besluit om ’n aktrise te word.

“Dit was baie, baie moeilik,” het sy in

2007 in The Ellen DeGeneres Show erken. “Want, weet jy, my ouers het destyds op die kunste neergesien. Vir hulle was dit basies net een vlak hoër as prostitusi­e.”

Daarom, sê sy, moes sy eenvoudig A-lysstatus behaal om iets aan haar sakemanpa en biochemiku­sma te bewys.

Gelukkig het Grey’s haar hiermee gehelp.

Aanhangers was verpletter toe sy die reeks in 2014 verlaat, maar Sandra het volgehou sy het Cristina Yang lank genoeg gespeel en dit was tyd om iets nuuts te doen.

Sy dink graag terug aan die dag toe sy met Killing Eve se bekendstel­ling saam met haar ma en pa deur die stad gery het. Langs die pad was ’n reuserekla­mebord vir die program, met Sandra se gesig voor in die middel.

“Koreane is ambisieus, jong,” sê sy. “Dit beteken baie vir my ouers dat ek die werk doen wat ek doen en dat baie mense dit kan sien.”

AL IS sy al soveel jare een van die kassie se geliefste karakters, kry Sandra dit reg om die grootste deel van haar privaat lewe uit die openbare oog te hou. Sedert haar huwelik van vier jaar met die regisseur Alexander Payne in 2007 geëindig het, is sy in ’n verhouding met die tromspeler Andrew Feathersto­n.

Hulle word gereeld saam gesien; nogtans weier sy om op hul verhouding van langer as 10 jaar kommentaar te lewer – sy sê net altyd sy is “baie gelukkig”.

Sy probeer om mediaberig­te oor haarself te vermy, want in Amerika word stertjies soms bygelas.

“Ek luister nie na die goed nie. Ek sien dit nie,” sê sy. “Ek sê vir my mense ek wil nie daarvan weet nie, want al weet jy dalk rasioneel dit is belaglik, kan dit jou gevoelens seermaak. Dit kan my keer om my ware self te wees.”

Die lang tydsverloo­p tussen Grey’s en Killing Eve het sake vir haar in perspektie­f geplaas, sê sy.

Dit was vier jaar van “aktief wag” op die regte oomblik, sê sy. “Om waarlik jou eie keuse te kan uitoefen kan groter geleenthed­e meebring. Ek dink dit waarvoor jy nee sê en waarvoor jy ja sê, is ewe belangrik.” ■

 ??  ?? LINKS BO: Sandra was getroud met Alexander Payne, ’n regisseur. Hulle is in 2007 geskei. BO: Die afgelope 10 jaar gaan sy uit met Andrew Feathersto­n, ’n musikant. Sy is egter baie privaat oor hul verhouding en weier om daaroor te praat.
LINKS BO: Sandra was getroud met Alexander Payne, ’n regisseur. Hulle is in 2007 geskei. BO: Die afgelope 10 jaar gaan sy uit met Andrew Feathersto­n, ’n musikant. Sy is egter baie privaat oor hul verhouding en weier om daaroor te praat.
 ??  ?? Killing Eve-reklamebor­d.
Killing Eve-reklamebor­d.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa