Huisgenoot

LESSE IN DIE LIEFDE

Al knou die inperking die vermaakbed­ryf, sit Lara en Kaz nie stil nie en raak hulle wyser oor die lewe

- Foto’s:

AS ’N mens nou by die akteurspaa­r sou gaan kuier, sal twee honde jou met die intrapslag al blaffend en stertswaai­end by die voordeur groet – behoorlik uitgehonge­r vir gaste tydens die coronaviru­s-inperking. “Hulle dink gewoonlik enige gaste kom kuier eintlik vir hulle,” vertel hul “ma” oor Twiggy, ’n kruising tussen ’n yorkie en ’n Maltese poedel, en Cash, ’n hond met spanjoelbl­oed in sy are.

Dan sou jy uit die sitkamer stap met ’n houttrap na ’n soldervert­rek waar boeke opgestapel staan. Elders in die huis is nog boekrakke – propvol boeke – en teen die mure pryk fliekplakk­ate, skilderye en geraamde foto’s van Twiggy, Cash en hul “ma en pa” – die aktrise Lara Lourens (27) en akteur Kaz McFadden (35).

Hoewel Lara tans as die assistent en deeltydse paaldanser­es Koekie de Kok in die kykNET-komedieree­ks Huis Lelieveld te sien is, is dié reeks al in Februarie klaar verfilm en bring sy en Kaz die inperking hier by hul huis in La Montagne in die ooste van Pretoria deur.

Die pandemie het die vermaakbed­ryf, die bedryf waarin die paartjie hul brood en botter verdien, soos handomkeer verander. Albei is nou aldag tuis saam met hul honde.

“Ek is selfs onseker oor die onsekerhed­e. Ek weet nie eens meer waaroor om onseker te wees nie,” erken Kaz met ’n laggie. Hy het ’n rits rolle agter die blad: onder meer in die reekse Ouboet & Wors, Erfsondes en Swartwater en die flieks ’n Pawpaw vir my darling, Strikdas en Knysna.

Lara knik. “As akteur is jy daaraan gewoond om vir jouself geleenthed­e te skep. Ja, omstandigh­ede het verander, maar nou moet jy nog op ander maniere geleenthed­e soek.”

Maar die afstel van kunstefees­te en ander gekanselle­erde projekte beteken nie dié talentvoll­e paartjie sit en tone tel nie.

Benewens hul werk vir die produksiem­aatskappy Third Law Production­s, wat hulle saam met die akteur Zack Mtombeni besit, werk hulle ook albei by die

Perfoming Arts Lifestyle Institute (PALI) in Pretoria wat tydens die inperking aanlyn toneelspel­klasse aanbied.

“Dit raak partykeer nogal mal hier bo, want ons het verskillen­de aanlyn sessies op dieselfde tyd met die studente,” verduideli­k Kaz en beduie na die solderkame­r wat hulle as kantoor gebruik.

Hulle het mekaar by PALI ontmoet en is nou al sewe jaar in ’n verhouding. Aan die begin het hulle jare lank ’n huis met ander kunstenaar­s gedeel, maar hulle bly sedert 2018 saam hier – en sê om tydens die inperking heeltyd saam tuis te wees is nie vir hulle ’n groot uitdaging nie.

“Ons bly eintlik al vandat ons mekaar ken half saam, selfs nog voor ons uitgegaan het. So ons is nou al taamlik gewoond daaraan,” sê Kaz.

Tog het hulle tydens die pandemie ’n nuwe roetine gevestig.

“Ons bring meer gehaltetyd saam deur. Ons sou gewoonlik in die aand by die huis kom en net saam TV kyk, maar nou speel ons skaak of gesels,” vertel Lara.

As “kluisenaar” is Kaz mal daaroor om tuis te bly, terwyl sy weer daarvan hou om saam met haar vriende te kuier.

“Die inperking het ons geleer om meer aandag te gee aan waar die ander mens

‘Om te hoor wat jy doen, is nie noodsaakli­k nie, was pynlik’

emosioneel is en werklik daar te wees vir mekaar,” sê Kaz. “Ons dinamika werk soos ’n bom.”

Maar dit verg moeite vir die twee selferkend­e werkslawe om nie heeltyd oor werk te praat nie, bieg hy. “Ons kry dit nooit reg nie, maar ons probeer.”

DIE twee gryp elk boeke as rekwisiete vir Huisgenoot se foto’s. “Fight Club, ’n goeie keuse,” sê Kaz toe hy sien watter boek Lara in haar hande het. Dié gedeelde liefde vir boeke het ’n groot rol gespeel in haar aanvanklik­e aangetrokk­enheid tot Kaz, vertel Lara.

“Ons het soveel gehad om oor te gesels omdat hy so baie lees. Ek het nie voorheen baie ouens geken met wie ek oor Bram Stoker se oorspronkl­ike Dracula of Charles Dickens of Wuthering Heights kon gesels nie.”

Voor hulle in ’n verhouding was, het hulle gereeld saam aan PALI-produksies gewerk en dikwels tot vieruur soggens aan ’n stel gebou.

“Ek het baie respek vir iemand wat so hard werk, en sy is baie intelligen­t. Dit het dit maklik vir my gemaak om oor haar om te gee,” onthou Kaz. “En wanneer jy al daardie dinge saamgooi, word jy een oggend wakker en besef dit is die elemente wat liefde is.”

Hy was destyds besig om die SABC2reeks Pandjieswi­nkelstorie­s te verfilm toe hulle begin uitgaan het, en hy moes vir sy rol daarin sy hare bles skeer en ’n snor kweek.

“Ek het wel nie daaraan gedink dat jy my ouers toe ook so sou moes ontmoet nie,” vertel Lara laggend. “So toe hoor my ouers ek gaan uit met hierdie ouer man en ek daag op met ’n ou met ’n bles en ’n vreemde snor.”

Kaz glimlag.

“Dis hoe jy weet dis ware liefde. Dit was eintlik ’n slim plan.”

Sewe jaar later geniet hulle dit steeds

LINKS BO: Hulle geniet dit om nou meer gehaltetyd saam deur te bring. REGS BO: Albei bied aanlyn sessies aan vir die Performing Arts Lifestyle Institute, waarvan Kaz die uitvoerend­e hoof is en Lara die bemarking en jeugafdeli­ng behartig.

om saam agter die skerms aan produksies te werk. Vir die kortfliek Hoe om ’n perd te teken, wat verlede jaar in vier afdelings by die jaarlikse kykNET Silwersker­mfees vir ’n prys benoem is, het Kaz in die regisseurs­toel gesit en Lara as produksieb­estuurder gewerk.

“As ek regie doen, werk ek saam met niemand anders as Lara as produksieb­estuurder nie,” vertel hy.

Lara skryf tans saam met hul vennoot, Zack, aan die finale weergawe van hul draaiboek vir die kortfliek Pheletso (die Sothowoord vir “nagevolge”). Third Law Production­s het finansieri­ng van die Nasionale Film- en Videostigt­ing hiervoor ontvang, en die gesoute akteur Sechaba Morojele mentor hulle in dié proses.

Tussen alles deur hou die PALI-werk hulle besig. Toe die stigter van die instituut, die aktrise Shareen Swart, in Oktober 2018 haar stryd teen kanker verloor het, het Kaz as uitvoerend­e hoof oorgeneem. Lara behartig die instituut se bemarking en jeugafdeli­ng.

Hulle kon tot dusver tydens die inperking die meeste van die klasse en werksessie­s aanlyn voortsit om seker te maak dat die studente nie agterraak nie, maar hulle hoop om binnekort weer in lewende lywe by die studente te kan uitkom.

Die uitwerking wat die inperking op die vermaakbed­ryf het, weeg swaar op hul gemoed, erken Kaz.

“Die regering in ons land en oor die wêreld het feitlik kuns as nienoodsaa­klik bestempel. Om te hoor dit wat jy doen, is nie noodsaakli­k nie,

REGS: Lara is tans in die kykNET-komedieree­ks Huis Lelieveld te sien. HEEL REGS: Kaz het die rol van Hendrikkie in die reeks vertolk. het eers ’n bietjie seergemaak en aan my geruk.”

Omdat hy al lank as vryskut in die bedryf werk, is die impak op hom nie so groot nie, voeg hy by. ’n Mens leer finansieel beplan, en boonop is hy al gevestig in die bedryf.

“Wat my wel bekommer, is die jong kunstenaar­s, soos die studente wat verlede jaar by ons klaargemaa­k het en nou sonder werk en geleenthed­e tuis sit.” Al is hulle dankbaar om steeds projekte te hê waaraan hulle werk, dink Kaz dis eintlik maar “bitter onregverdi­g”: “Daar is mense wat duisend keer talentvoll­er as ek is wat nie die kans het wat ek nou het nie; dit is een ding wat COVID-19 gedoen het, om dit vir ons te wys.” Wat hulle wel moed gee, is die optimisme waarmee hul jong studente tydens video-oproepe inskakel; gretig om nog oor toneelspel te leer. “Hulle is so passievol,” sê Lara. “Dit maak nie saak wat gebeur nie, die studente gaan aan, want vir hulle is dit ’n kwessie van: ‘The show will go on.’ En dit gee my hoop vir ’n nuwe geslag akteurs.” ■

 ??  ?? Deur FRANCO HAVENGA
HOOFFOTO: Die akteurspaa­r Lara Lourens en Kaz McFadden by hul honde, Twiggy (links) en Cash, in hul huis in Pretoria.
SHARON SERETLO
Deur FRANCO HAVENGA HOOFFOTO: Die akteurspaa­r Lara Lourens en Kaz McFadden by hul honde, Twiggy (links) en Cash, in hul huis in Pretoria. SHARON SERETLO
 ??  ?? Ouboet & Wors
Ouboet & Wors
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa