Huisgenoot

Agt enkelsnitt­e vir jou inperkings­peellys

Dié enkelsnitt­e in gospel, pop en folk is ideale vermaak tydens die inperking

- Deur JACO HOUGH- COETZEEZ

ONE PAIR OF HANDS

MATT STERN

Aanhangers van Elvis Presley se soort gospelmusi­ek sal gaande wees oor dié sielvolle enkelsnit. Dit het ’n boodskap van liefde en hoop en bring hulde aan Matt se geloof. Die koortjie lui: Put your faith into one pair of hands. TV-kykers sal Matt ook ken as ds. Dou Droel in die kykNET-komedieree­ks Huis Lelieveld.

PARTYKEER SOMTYDS

DOZI

Ná ’n paar jaar se afwesighei­d is die sanger terug met ’n nuwe enkelsnit van sy komende album. Dié radiotreff­er, geskryf deur Stef Kruger, val in die tipiese Dozi-genre van folkrock. Dit gaan oor die seisoene binne ons. Dikwels kom daar dan ’n mens in jou lewe wat liefde in oormaat bring.

RUIL JOU VIR MY

KARLIEN VAN JAARSVELD

Dis nie almal se werklikhei­d om in ’n gelukkige huwelik of verhouding te wees nie. Die boodskap aan dié wat in ’n verhouding swaarkry, is dat dit soms nodig is om die verhouding te beëindig ter wille van jouself. Jy is reg vir iemand anders; jy is net nie reg vir my, sing Karlien. ’n Polsende popliedjie met trefferpot­ensiaal.

KAAL VOOR JOU

CHRISTIA VISSER

Ná meer as 2 miljoen kyke vir haar “17 Shots”-musiekvide­o is Christia terug met ’n nuwe enkelsnit wat sy vir haar verloofde, Thomas Webb, geskryf het. Die ballade het ’n rustiger tempo as haar vorige treffers, wat op haar veelsydigh­eid wys. Die liedjie vertel van ’n verhouding waarin jy jou maat so vertrou dat jy bereid is om weerloos voor hulle te wees. 95 SKYLINE

SKETCHY BONGO & LOCNVILLE

Aanhangers van die musiekduo sal mal wees oor hul jongste uitreiking. Die liedjie herinner aan die middel 1990’s en versinnebe­eld die gevoel van werklik vry wees en om te doen net wat jy wil. En ja, die musiekvide­o, wat in Durban verfilm is, het die ware Jakob: ’n spierwit Nissan Skyline.

GEGROND

JULANIE J

Dié enkelsnit van die plaaslike sangeres se komende album deel die emosie wat jy ervaar wanneer iemand ander eerder wil afbreek as opbou. Dis ’n ballade met die boodskap dat ons bymekaar moet staan met sinvolle dade en woorde. Gepas in die coronaviru­styd. Mense praat baie, maar hulle sê niks, sing sy.

VOORWAARDE­S

VERONA

Kykers het haar verlede jaar in die uitklopron­des van The Voice SA gesien. Nou bring sy dié enkelsnit van haar debuutalbu­m. ’n Beskrywend­e liefdesbal­lade waarin sy haar voorwaarde­s aan haar geliefde stel: Vat my hart en bewaar dit, dan’s ’n stukkie van my by jou. Dit sal waarskynli­k op troues gespeel word.

RUN

ARNOLD DE WET

’n Roerende enkelsnit wat die storie vertel van ’n seun wat ná ’n lang afwesighei­d na sy pa terugkeer. Die boodskap in dié kontemporê­re liedjie is een van hoop en ’n nuwe begin wat op die horison wag. Geskik vir die dieper luisteraar en nie vir dansbane nie. Arnold se pa, die bekende gospelsang­er en musiekbedi­ener Jan de Wet, is ook in die musiekvide­o te sien. ■

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa