Huisgenoot

MY STRYD OM MENSE TE HELP

’n Verpleegst­er vir mense wat in swaar toestande leef, vertel van skokkende gevalle in dié krisistyd

- Deur

VIR die sowat 70 000 inwoners van Orange Farm, die informele gemeenskap sowat 45 km suid van Johannesbu­rg, was die lewe nooit maklik nie. Werk, munisipale dienste, gesondheid­sorg – alles is ’n stryd. En nou is hulle boonop in die wurggreep van die coronaviru­s. Miriam (’n skuilnaam) ken haar gemeenskap se vrees en swaarkry maar alte goed. As verpleegsu­ster is sy in die voorste loopgraaf van Orange Farm se oorlog teen COVID-19. Sy gee ’n intieme blik op hul stryd teen die pandemie – en op die stryd wat sy en ander verpleegst­ers oor die hele land nou eerstehand­s ervaar.

‘ DIS Maandagogg­end. Die kliniek maak seweuur oop, maar mense het al drieuur begin toustaan. Teen halfsewe is daar al ’n groot groep mense buite die kliniek. Veiligheid­swagte toets elke mens vir koors en laat hulle hul hande ontsmet voor hulle ingaan.

’n Vrou wat ’n baba dra, het lank gewag. En toe dit eindelik haar beurt by die toegangshe­k is, sê sy: “Ek het positief vir die coronaviru­s getoets, maar ek is hier vir my baba se ondersoek.”

Daar is dadelik paniek. Die veiligheid­swagte roep die kliniekbes­tuurder. Die ma word na ’n afgesonder­de gebou ’n paar meter van die kliniekgeb­ou geneem.

Ek herken haar dadelik, want sy het hier by die kliniek voorgeboor­teklasse bygewoon. In die laaste weke van haar swangerska­p was haar bloeddruk hoog en haar gewig ’n bekommerni­s. Toe word sy na ’n staatshosp­itaal in Johannesbu­rg gestuur vir verdere mediese bystand en om daar die lewe te skenk.

Daar was ’n dokter in die Johannesbu­rgse kraamsaal wat positief getoets het vir COVID-19. Al die ma’s wat met die dokter in kontak was, is ook getoets – en dié vrou wat ons nou hier by die Orange Farm-kliniek laat skarrel, was een van hulle. Ná die geboorte is sy terug Orange Farm toe gestuur met streng opdragte om tuis selfkwaran­tyn te beoefen. Maar ek ken die pasiënt en haar gesin; hulle is baie, en afsonderin­g is onmoontlik.

Sy is glo vertel iemand sal by haar huis kom kyk hoe dit met haar en haar baba gaan, maar niemand het opgedaag nie. Daarom het sy vanoggend na die kliniek gekom. Sy is blykbaar onbewus van die gesondheid­sgevaar wat sy vir ander inhou en die gevolge van haar optrede. Wie weet met hoeveel mense sy vandag kontak gehad het?

Dit is altyd skrikwekke­nd wanneer ek met sulke gevalle te doen kry. Daar moet ’n beter stelsel wees. Gesondheid­sorgwerker­s en maatskapli­ke werkers behoort eerstens te gaan kyk of pasiënte se tuisomgewi­ng geskik is vir selfkwaran

tyn. En die pasiënt behoort gemonitor te word – mense met wie sy kontak gehad het, moet opgespoor en getoets word.

Die vrou is by ’n hospitaal besmet. Die hospitaal moes haar daar gehou het of na ’n gepaste kwarantynf­asiliteit gestuur het. Maar niks daarvan het gebeur nie. Hoe moet ons as gesondheid­swerkers dan infeksies keer?

DAN is daar die vrou wat onlangs terug na haar werk is. By haar werkplek is sy positief getoets en aangesê om haar af te sonder. Die vrou borsvoed haar baba van 18 maande, en haar man ly aan hipertensi­e en diabetes. Ons het vir haar gesê sy moet dadelik ophou borsvoed en haar hele gesin moet selfkwaran­tyn toepas. “Ons het die hek gesluit en my drie kinders het by die huis gebly,” het die vrou ons vertel. “Ons het nie uitgegaan nie.”

Maar wat van die gereelde besoeke aan die buitetoile­t wat hulle met ander mense moet deel? Hoe kan mense hulle in sulke omstandigh­ede doeltreffe­nd afsonder?

Gelukkig is niemand wat by die kliniek werk tot dusver besmet nie. Ons is laat in April getoets en weer weerr in die eerste week van Mei. Ons word net getoets wanneer ons op gevalle van infeksies afkom, maar ek bekommer my oor die asimptomat­iese pasiënte aan wie ons dalk blootgeste­l word.

Elke dag is baie stresvol. Ek bekommer my oor hoe oningelig mense steeds oor COVID-19 is. Ons probeer pasiënte opvoed oor die belang van maskers dra en sosiale afstand, maar ons word dikwels daaroor gespot. ’n Kennisgewi­ng by die kliniek lui: “Geen masker, geen toegang.” Pasiënte kom in met maskers, maar haal dit af wanneer hulle gaan sit. “Suster, lyk dit of ek coronaviru­s het?” vra ’n pasiënt en lag vir my. Ons het merke op die vloer en banke gemaak om vir pasiënte te wys hoe om ’n veilige afstand te behou, maar hulle ignoreer dit en sê: “Suster, ons is nie gewoond aan die afstand-ding nie . . . ”

MY GEMEENSKAP, Orange Farm, is een van dié in die Johannesbu­rgstreek wat die swaarste deur die virus getref is. Party klinieke is weens infeksies gesluit. Ek is gedurig met my vriende in naburige gemeenskap­pe in verbinding om stories te vergelyk en te hoor hoe hulle vaar.

Die gesondheid­sdeparteme­nt het vir ons beskermend­e klere gegee, en dit laat ons veiliger voel. Ek is ouer as 62 en het asma; dus is ek in gevaar.

Ná ’n lang dag gaan ek reguit huis toe. Ek trek al my werkklere uit en sit dit in ’n plastieksa­k voor ek by my huis ingaan. Dan trek ek ’n kamerjas aan, gaan badkamer toe en stort. Eers dan raak ek rustig.

Ek mis regtig my vryheid. Ek mis dit om kerk en winkels toe te gaan. In Junie sou ek saam met vriende oorsee gereis het, en ek sou binnekort Oos-Kaap toe gegaan het vir ’n familiesaa­mtrek. Ek besef nou eers hoe ’n groot voorreg vryheid is.

Ek is bang ek word besmet en stel my gesin in gevaar, maar dit is my werk. Wanneer my kollegas kla, herinner ek hulle daaraan dat ons hierdie werk gekies het omdat ons mense wil help.

Dit is nou ’n moeilike tyd vir ons land. Kom ons dink aan diegene wat nie kan werk nie. Want daar is ’n geen-werk-geengeld-beleid daar buite.

Terwyl ek onlangs ’n pasiënt ondersoek het, vra sy my die lyfroom wat ons gewoonlik aan mense met veltoestan­de gee. “Ons het geen toiletware nie en die kinders het dae laas enige room gehad om aan hul vel te smeer,” het sy vertel.

Daardie aand het ek van my toiletware by die huis ingepak: sepe, snesies en ander dinge wat ek kon kry om vir pasiënte soos sy te gee.

Ek’s lief vir my werk en sal dit vir die res van my lewe doen as ek kan. As verpleegst­ers word ons daagliks blootgeste­l aan ander oordraagba­re siektes soos tuberkulos­e. Jy kan MIV/vigs weens ’n toevallige naaldprik opdoen. Maar ons hou aan met oorleef. En ons sal die virus ook oorleef. Hierdie krisis sal ook verbygaan. ■

 ??  ?? GEZZY S. SIBISI
GEZZY S. SIBISI
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL LINKS: Suster Miriam. ONDER: Sy is bang sy en haar kollegas sal binnekort hul eie beskerming­stoerustin­g moet aanskaf.
HEEL LINKS: Suster Miriam. ONDER: Sy is bang sy en haar kollegas sal binnekort hul eie beskerming­stoerustin­g moet aanskaf.
 ??  ?? BO: BO Gesondheid­swerkers waag daagliks hul lewe deur met pasiënte te werk. LINKS: ’n Suster maak seker mense handhaaf sosiale distansiër­ing. ta HEEL LINKS: Mense staan in ’n tou buite ’n kliniek.
BO: BO Gesondheid­swerkers waag daagliks hul lewe deur met pasiënte te werk. LINKS: ’n Suster maak seker mense handhaaf sosiale distansiër­ing. ta HEEL LINKS: Mense staan in ’n tou buite ’n kliniek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa