Huisgenoot

’N NUWE LEWE OP DIE SKOOLBANKE

Met leerders wat terugkeer klaskamer toe beantwoord ons jou vrae oor wat voorlê en hoe jy jou kind kan voorberei

- Deur LESEGO SEOKWANG en CARLA COETZEE

DIE vooraand van ’n nuwe skoolkwart­aal het nog altyd gesorg vir afwagting, senuwees en ’n geskarrel om dinge betyds in plek te kry. Maar dinge was nog nooit tevore in so ’n warboel soos nou nie . . . Nadat leerders oor die hele land byna die ganse tweede kwartaal tuis deurgebrin­g het weens die inperking moes vanjaar se gr. 12’s en gr. 7’s vroeg in Junie weer hul skooltasse pak, hul skoene politoer en uniforms gereed kry – maar nou is gesigmaske­rs deel van daardie uniform wat skool toe gedra moet word en handontsme­t middel belangrike­r as enige handboek of kosblik.

Terwyl baie skole in die Wes-Kaap se matrieks en gr. 7’s reeds op 1 Junie teruggekee­r het skoolbanke toe, sou skole in die ander provinsies teen druktyd eers op 8 Junie open om dié graadgroep­e te ontvang.

Die ander graadgroep­e keer eers later vanjaar terug, het Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, aangekondi­g.

Maar terwyl baie ouers ’n sug van verligting slaak omdat ma en pa nie meer self moet sorg dat skoolwerk met tuisonderr­ig op koers bly nie, is ander huiwerig om hul kinders terug skool toe te stuur terwyl die plaaslike COVID-19infeksie­syfer daagliks klim.

Wêreldstat­istieke toon die oorgrote meerderhei­d kinders wat die coronaviru­s opdoen, kry net ’n ligte vorm van die COVID-19-siekte.

Maar wat as jy te bang is om jou kind terug te stuur skool toe? En watter stappe doen skole om jou kind daarteen te beskerm om die virus op te doen?

Sal jou kinders die werk kan inhaal wat hulle reeds misgeloop het? En hoe kan jy jou kind voorberei op die terugkeer skool toe? Hier’s als wat ouers nou moet weet.

WATTER MAATREËLS IS INGESTEL OM JOU KIND TE BESKERM?

Dié maatreëls moet by alle skole geïmplemen­teer word, het die owerheid aangekondi­g:

■Die provinsial­e onderwysde­partement sal aan skole die higiëne- en sanitasieg­eriewe bied wat hulle benodig. “Dit sluit reiniging s-en ontsmettin­g s materiale, persoonlik­e beskerming­s toerusting, ontsmettin­gsmiddels, hand was seep, handskoene, materiaal maskers en termometer sin ,” het die departemen­t van onderwys aangekondi­g.

■ Klaskamers moet voor die begin van ’n skooldag deeglik skoongemaa­k word.

■ Daaglikse siftingsto­etse sal plaasvind wanneer leerders by die skool aankom. Hul temperatuu­r word gemeet en daar sal gekyk word of hulle griepsimpt­ome het. Leerders met hoë koors of simptome sal geïsoleer en dan huis toe of na ’n mediese instelling gestuur word.

■ Alle onderwyser­s en leerders moet deurgaans gesigmaske­rs dra. Dit sal deur die skool verskaf word.

■ Onderwyser­s en leerders moet hul hande ontsmet wanneer hulle ’n klaskamer binnegaan.

■ Beweging tussen klasse moet beperk word.

■ Waar moontlik moet klasse in klein groepe verdeel word wat sosiale afstand kan handhaaf.

■ Leerders moet in die klas hul afstand van mekaar hou, met nie meer as twee leerders wat ’n lessenaar deel nie.

■ Geen omhelsings of handdrukke word toegelaat nie en direkte kontak moet vermy word.

■ Byeenkomst­e word nie toegelaat nie, ook nie buitemuurs­e aktiwiteit­e, oefeninge of wedstryde nie.

■ Die departemen­t van gesondheid sal inspekteur­s na skole stuur om te sorg dat skole voortduren­d aan die maatreëls voldoen. Elke skool moet ’n COVID-19komitee aanstel wat sorg dat riglyne nagekom word.

WAT IS DIE SLAGGATE?

■ Baie ouers en onderwyser­s is bekommerd oor of dit moontlik is om kinders op ’n veilige afstand van mekaar te hou – in die klas sowel as op die skoolterre­in. Meer as 175 000 mense het die One SA M Movement-leier, Mmusi Maim mane, se petisie onderteken wat vr vra dat skole minstens nog drie m maande gesluit moet bly. Maim mane het aangekondi­g die organi nisasie gaan hom tot die hof we wend om die besluit te beveg.

■ K Kort voor skole op 1 Junie sou he heropen, het die Suid-Afrikaanse Me Menseregte­kommissie (SAMRK) min minister Motshekga versoek om die terugkeer uit te stel omdat nie allll alle skole sk l genoeg water en die nodige sa sanitasieg­eriewe het om te open nie. Op Opnames het gewys sewe uit die land se ne nege provinsies was in daardie stadium ne net sowat 50% gereed om te heropen.

Adv. André Gaum, kommissari­s van di die SAMRK, het aan Huisgenoot gesê v volgens opnames deur die departem ment van basiese onderwys is daar 3 500 skole met dié uitdaging. “Die g grootste probleme met water en sanit tasie is in provinsies soos die OosK Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en N Noordwes,” sê hy.

“Hulle lewer watertenks af – of be beplan om dit te doen – maar dit gebeur nie vinnig genoeg dat die skole kan heropen nie. As daar nie water is nie, is dit ’n ernstige situasie, want dit hou regstreeks verband met die voorkoming van COVID-19.”

Dié versoek van die SAMRK was een van die redes waarom die openingsda­tum uitgestel is tot 8 Junie.

■ Paul Colditz, uitvoerend­e hoof van die Federasie van Bestuursli­ggame van SuidAfrika­anse Skole, is bekommerd oor die stand van gereedheid van landelike skole aangesien baie van dié skole ’n gebrek aan basiese middele soos lopende water en werkende toilette het. Dit beteken dat dit moeiliker is om basiese higiëne te handhaaf.

■ Die departemen­t van onderwys is so daarop ingestel om vir die terugkeer van gr. 7’s en gr. 12’s voorsienin­g te maak dat nie genoeg aandag gegee word aan hoe sake sal werk wanneer ander grade begin terugkeer nie, sê Ben Machipi, sekretaris­generaal van die Unie vir Beroepsopv­oeders. Aanvanklik sal die gr. 12’s en gr. 7’s in kleiner klasse verdeel word, en onderwyser­s van ander grade sal byderhand wees om te help, maar hy wil weet wat sal gebeur wanneer die hele skool terug is. Dan sal daar nie genoeg onderwyser­s en klaskamers wees om dié benadering van verstandig­e sosiale distansiër­ing

voort te sit nie, waarsku hy.

■ Sommige kenners is bekommerd d omdat leerders in die grondslagf­ase eers s ná ouer leerders terugkeer skool toe.

“Gr. 1’s het net twee maande van onder- rig gehad voor die skole gesluit het; dus s sal onderwyser­s van voor af moet begin,” ” sê Paul. “En baie ouers wat moet terug- gaan werk toe, het nêrens om hulle toe te e wend nie, want hulle het geen behoorlike e toesig tuis vir hul kinders nie. Wat ons s betref, sou dit dus verstandig gewees het t om jonger klasse eers te heropen. Dis s makliker vir gr. 7’s om in te haal en hul l leerplan te sny, maar jy kan nie ’n leerplan vir ’n gr. 1-leerder sny nie. Die kind moet leer skryf, lees en somme maak.”

HOEKOM GAAN DIT DAN VOORT?

Daar is begrip vir ouers se kommer oor die welstand van hul kinders, maar die coronaviru­s gaan vir die afsienbare toekoms met ons wees – moontlik tot in volgende jaar – dus moet skole vorentoe beweeg, benadruk Paul. “Jy moet die een of ander tyd begin; 1 Junie is so goed soos enige ander datum,” het hy gesê.

Hoewel dit normaal is vir ouers om angs te ervaar wanneer hul kinders aan gevare soos COVID-19 blootgeste­l word, moet die skooljaar voortgaan, beaam Ben. “Ons kan nie sê leerders moet twee jaar lank nié skool toe gaan nie. Dit sou selfmoord vir ons as ’n land wees.”

WAT AS JY NIE JOU KIND WIL TERUGSTUUR NIE?

Ouers wat hul kinders weens gesondheid­svrese nie nou wil terugstuur skool toe nie, het twee keuses, sê Paul:

■ Afstandson­derrig: Jou kind se skool kan moontlik aanlyn onderrigma­teriaal of gedrukte werkblaaie beskikbaar stel wat jou kind met jou hulp tuis kan vol

Dit is die ouers se taak om hul kinders die ba-basiesei bbeginsels­il te lleer om veilig te bly tydens die pandemie, soos om hul hande gereelder en vir langer te was (BO), hoe om handontsme­tmiddel te gebruik (LINKS) en die belangrikh­eid van ’n gesigmaske­r en hoe om dit korrek te dra (REGS).

tooi. Kontak eers jou kind se skool om te hoor of dit moontlik sal wees.

■ Tuisonderr­ig: Ouers kan kies om hul kinders tuis te onderrig – deur die onderrig self te gee of deur ’n tutor aan te stel. Maar as hulle dié roete volg, moet hulle hul kinders aanlyn by die departemen­t van basiese onderwys vir dié opsie registreer. Die registrasi­e is tot einde Septem

ber verleng, sê Paul, en elke provinsie het sy eie stel regulasies rakende tuisonderr­ig. Hy maan as jy op dié opsie besluit, word jou kinders se registrasi­e by hul normale skool gekanselle­er. Dit kan beteken dat daar nie vir hulle plek is as jy hulle later of volgende jaar wil terugstuur nie. “Ouers moet dus deeglik besin voor hulle tot dié stap oorgaan,” sê hy.

Besoek www. education. gov. za/ Programmes/HomeEducat­ion.aspx as jy tuisonderr­ig wil ondersoek.

HOE SAL KINDERS BETYDS INHAAL?

■ Paul sê al het party kinders daarin geslaag om tydens die inperking met die hulp van hul ouers met die leerplan tred te hou, het ander tog agtergeraa­k.

Dit beteken onderwyser­s sal eers sleutelken­nis van die eerste kwartaal moet hersien en dan vorentoe beweeg terwyl hulle op die noodsaakli­ke boublokke vir volgende jaar se leerplan fokus.

“Ek voorsien nie dat kinders gereeld sal toets skryf nie. Dalk een aan die einde van die jaar wanneer hulle ’n vorderings­toets skryf, maar daar sal nie veel tyd of nodigheid wees dat gereelde toetse geskryf word nie,” sê hy.

Hy sê ook die kurrikulum sal nie gesny word nie.

■ Vir matrieks bly die leerplan dieselfde, buiten dat die Junie-eksamen wegval en die datum vir die eindeksame­n van Oktober tot November verskuif – teen druktyd was die presiese datum nog nie aangekondi­g nie.

Die aanduiding is dat matrikulan­te steeds oor die hele 2020-leerplan getoets sal word.

Ben is vol vertroue die uitstel van die eindeksame­n sal matrikulan­te genoeg tyd gee om op datum te kom.

Agt weke van die skooljaar is verloor, sê hy, maar deur die Junievakan­sie te skrap, tesame met ander moontlike maatreëls soos ekstra middagklas­se en Saterdagsk­oolure, meen hy leerders sal gereed wees.

Teen druktyd is nog nie aangekondi­g hoe die skoolkwart­ale en -vakansies vir die res van die jaar vir skole aangepas sou word nie.

B

 ??  ??
 ??  ?? BO: Met gr. 7- en gr. 12leerders terug by die skool sal veiligheid­smaatreëls insluit dat klaskamers daagliks ontsmet word en leerders se temperatuu­r gemeet word wanneer hulle soggens by die skool opdaag. LINKS: Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.
BO: Met gr. 7- en gr. 12leerders terug by die skool sal veiligheid­smaatreëls insluit dat klaskamers daagliks ontsmet word en leerders se temperatuu­r gemeet word wanneer hulle soggens by die skool opdaag. LINKS: Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa